LekkeSlaap blog
Kategorie: Kos & Kuier
Plaaswegbreke met pizza-oonde in die Wes-Kaap
Pragtige, kristalhelder water, sprokiesagtige berge en spierwit sand is maar net ván die beelde wat die meeste mense oproep wanneer hulle aan ’n vakansie in die Wes-Kaap dink, maar so heerlik soos wat dit klink, weet ons ook dat die koue water wat ysblokkies van jou tone maak nie almal se idee van ’n ontspannende […]
Die 7 beste ontbytplekke in en om Kaapstad
Die Moederstad spog met topklas-restaurante om elke hoek en draai en LekkeSlaap het ’n paar van ons gunsteling-ontbytplekke bymekaargemaak waar jy heerlik sal smul. Om dit nóg beter te maak, het ons ook verblyfopsies naby elke restaurant gekies om jou wegbreek in die Moederstad werklik onvergeetlik te maak. Kleinsky’s, Kaapstad Kleinsky’s is vir hulle egte […]
Kuier saam in Clarens — die juweel van die Oos-Vrystaat
Almal ken Clarens — of altans, almal weet van Clarens. Dit is die naaste wat baie van ons aan ’n Europese vakansie sal kom, maar dis beslis nie ’n minderwaardige sakpasweergawe nie! Dié juweel van die Vrystaat is slegs drie ure vanaf Johannesburg en is dus om goeie rede onder die stedelinge bekend, maar ons […]
Stellenbosch: kos, kuns en kuier
Suid-Afrika se tweede oudste dorp het ’n spesiale manier om besoekers te bekoor. Die Eikestad spog met kunsgalerye, restaurante en wynkroeë om elke hoek en draai. Hiér is iets vir elke keur en geur. Hiér in Stellenbosch kan jy jou verbeel jy sit in ’n systraatjie iewers in Europa agteroor, maar gelukkig is dit ietwat […]
Riebeek-Kasteel roep: ’n Kykie op kos, kelders, koffie en kultuur
My oupa was destyds die skoolhoof van Laerskool Riebeek-Kasteel en my ma en haar vier sibbes het natuurlik lekker amok gemaak in dié dorpie. My pa hou van ry, sommer net, en het ons op Sondae gereeld ná kerk in die kar gelaai en koers gekies binneland toe — die meeste van die tyd Riebeek-Kasteel […]
Besoek die Bo-Kaap dié Erfenismaand!
Erfenismaand is om die draai en die Bo-Kaap is net die plek waar jy kultuur en plesier op sy beste kan ervaar. Hier kan jy op ’n staptoer deur die woonbuurt gaan, die kleurvolle huisies bewonder, Kaaps-Maleise disse probeer of ’n bietjie meer oor die geskiedenis agter hierdie prentjiemooi omgewing leer. In hierdie blog wys […]
14 fantastiese wegbreekplekke vir Vrouedag
Hierdie Vrouedag kan jy maar van blomme en sjokolade vergeet, want met ’n spa en ’n restaurant op die perseel, kan jy nie anders as om die spesiale dame in jou lewe hiér te kom bederf nie. LekkeSlaap het gesorg dat julle kan kom afskakel en niemand oor kosmaak hoef te bekommer nie! Maak Vrouedag […]
Kuier om Kaapstad se kus
Wat klink lekkerder as ’n avontuur om die Kaap se kus? LekkeSlaap.co.za het ’n Kaapse draai gaan ry en vat jou saam op ons toer deur Muizenberg, St. James, Kalkbaai, Vishoek, Simonstad, Noordhoek en al die pad tot by Kaappunt. Muizenberg Muizenberg is vir die kleurvolle huisies bekend wat in rooi, groen, blou en geel […]