Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

Kom braai hiér

Suid-Afrikaners is oor die algemeen lief vir braai, maar in Septembermaand brand die vlamme ekstra hoog! Erfenisdag word al vir jare lank om lekker braaivleisvure gevier, en LekkeSlaap nooi jou om hierdie Erfenismaand saam met jou geliefdes by een van dié braaiplekke in ons ongelooflike land te kuier.  Bushwillow Private Villa Hoedspruit ’n Bosveldvuur het […]

Lambertsbaai: die kuns-, kos- kultuur- en kurio-mekka aan die Weskus

Mense is geneig om te dink dat Lambertsbaai net nóg ’n dorpie aan die Weskus is, maar as jy die pad verby Paternoster en Velddrif aandurf tot waar die snoekskuite in hulle primêre kleure op die water dobber, wag daar oorgenoeg aktiwiteite om jou en die kroos te vermaak. LekkeSlaap het eendag, nie so lank-lank […]

Letsatsi Lodge: ’n Oase op die Knersvlakte

Ná ’n lang dag op die pad, lê die lodge soos ’n oase en wag wanneer ons oor die laaste koppie ry ─ as my oë my nie misgis nie, is dit dan nou glad palmbome wat daar tussen die lodge-geboue staan? Toe Letsatsi Lodge LekkeSlaap genooi het om ’n naweek by hulle op die […]

Is jy ’n trotse Suid-Afrikaanse teedrinker? Bly dan hier!

Die 16de Januarie is Nasionale Rooibosteedag en om dit te vier, vertel LekkeSlaap jou meer van hierdie trots Suid-Afrikaanse drankie en twee ander tees, heuningbos- en boegoetee, wat ook nét in Suid-Afrika verbou word. As jy ’n regte teeliefhebber is, kan jy ook hier uitvind waar jy kan bly, toer of kuier om meer oor […]

Só bly jy besig in Stilbaai

Ná vyftien jaar keer ek terug na die kusdorp waar ek as kind menige skoolvakansie saam met my gesin deurgebring het. Ek onthou nog ons tjoepry-sessies op die reusagtige Indiese Oseaan-golwe, biblioteek-besoeke en laatmiddag-uitstappies na die hawe om te kyk hoe die bote inkom ─ ons het elke bootnaam geken! Vandag vat ek en Schalk […]

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre

Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]

Geen meer langtand op die langpad ─ LekkeSlaap se langpadwenke maak als beter!

Die langverwagte Desember-vakansie het uiteindelik aangebreek en die tyd vir luilekker somersdae is hier! Dit is ook ’n goeie tyd om ’n bietjie verder as gewoonlik te reis en of dit nou van die binneland na die kus of van die kus na die Namib-woestyn is ─ almal maak vir die groot vakansie-trek gereed.  Daar […]

Tone in die sand by dié kindervriendelike strandrestaurante

Het jy al by ’n restaurant geëet en gedink dit proe mos nou soos vakansie? Die kombinasie van ’n heerlike maaltyd en die strand is die perfekte plek om af te skakel en die geselligheid rondom jou te geniet. Daar is niks soos vars seelug, seesand en ’n tradisionele gereg om van al die kantoorkommernisse […]