Kategorie: Wittebrood

LekkeSlaap Loer in by Langkloof Roses

deur Cea Swart op 24 Oktober 2018

Dis vroeg Vrydagoggend en ons ry na Wellington in die Kaapse Wynlande. Wingerde staan op dié dag windverwaaid met die groot Groenberge in die agtergrond. Skielik verander die teerpad in ’n 2,7 kilometer lange stofpad wat jou een ding laat besef ─ jy het die rumoer van die stad vir die rustige plaaslewe agtergelaat. Langkloof … Lees “LekkeSlaap Loer in by Langkloof Roses”

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

deur Hennely Nel op 1 Augustus 2018

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, … Lees “Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof”

Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok

deur Gerriline Fouché op 11 Julie 2018

Wonderskone wingerde wat oor Simondium se dale tot teenaan die Simonsberghange strek, welige grasperke met pragtige voetpaaie wat tussen die historiese Kaap-Hollandse geboue kronkel, en die reuk van varsgebakte brood en sterk koffie wat die oggendlug vul ─ dié salige kombinasie sal jy net by Vrede en Lust kry! LekkeSlaap het by dié wêreldbekende wynlandgoed … Lees “Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok”

Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre

deur Gerriline Fouché op 2 Julie 2018

Son, sterre, see en sand ─ dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker. Kom luister na die gedruis van turkooisblou branders wat liggies die voete van die Namibwoestyn se sandduine streel en klink ’n glasie op jou en jou geliefde se toekoms onder ’n … Lees “Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre”

10 Wittebroodsuites om van te Droom

deur Jana Barnard op 6 April 2018

Het jy al mooi gaan sit en dink oor watter geriewe jou wittebrood spesiaal sal maak? Is dit dalk ’n bad met kerse, ’n uitsig oor die see of bosveld, of vonkelwyn en sjokolade saam met roosblare op ’n hemelbed gerangskik? LekkeSlaap wil graag jou wittebrood-droom bewaarheid, en daarom het ons 10 besonderse wittebroodsuites regoor … Lees “10 Wittebroodsuites om van te Droom”

Jou A-Z van Trou-Venues in Gauteng

deur Ankia Wolf op 14 Februarie 2018

Droom jy nog altyd van ’n elegante bruilofsfees in die Goudstad, ’n troumakietie in Magaliesburg of ’n sprokiestroue in Dinokeng? Dan sal dié gids tot trou-venues in Gauteng sommer gou jou beste maat in die beplanning vir die groot dag raak! Ter viering van Valentynsdag het LekkeSlaap ’n paar blyplekke met trou-venues op die perseel … Lees “Jou A-Z van Trou-Venues in Gauteng”

Perfekte Plekke om Verloof te raak

deur Adriëtte le Roux op 2 Februarie 2018

Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om … Lees “Perfekte Plekke om Verloof te raak”

20 Wittebroodbestemmings in Noordwes

deur Jana Barnard op 31 Januarie 2018

Het jy al ooit die Bosveld met sy uitgestrekte vlaktes en grootwildtroppe beleef? Het jy al werklik gaan stil staan en luister na Moeder Natuur se gefluister? Noordwes is dalk nie die eerste bestemming waaraan jy dink wanneer jy julle wittebrood beplan nie, maar die lodges wat soos oases in dié geharde landskap skuil, sal … Lees “20 Wittebroodbestemmings in Noordwes”