Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Lente

Die waar, wat en hoe van blommekyk in Suid-Afrika

Die blomseisoen is aan die kom, maar met só ’n groot area – veel groter as nét Namakwaland – waar jy sou kon blommekyk, waar moet jy begin? Begin dan jou blombeplanning by hierdie blog!

Lekke plekke vir elke seisoen

Soos die kalenderjaar ’n nuwe blaadjie omslaan, is dit tyd om jou vakansieplanne vir 2023 vas te maak. Óf jy jouself as ’n kind van die wind beskou, die gousblomme agter jou oor steek, die blare vir kompos benut óf die branders op ’n sonskyndag najaag, is LekkeSlaap hier om die hele jaar tot die […]

Hierdie blyplekke tussen die blomme is nog beskikbaar

Is jy so opgewonde soos ons oor die blommeskouspel wat vanjaar ons land ná die goeie reën gaan tref? Talle blyplekke tussen Namakwaland, die Tankwa-Karoo, Weskus en die Sederberg se blomme is reeds tjok-en-blok soos wat opgewonde Suid-Afrikaners bespreek om vars lug én ’n ongelooflike blomme-ervaring te kry. LekkeSlaap.co.za het gaan soek na nog ’n paar plekkies wat beskikbaarheid het sodat jy en jou geliefdes ook vanjaar tussen die blomme kan baljaar.

Hiér skuil Suid-Afrika se blommeprag

Soos gesien op Maroela Media. Die mooiste tyd van die jaar is hier ─ Moeder Natuur ontwaak uit haar jaarlikse sluimering en strooi oranje, geel en rooi blomblare oor veld en vallei. In Augustus en September is dié blomskildery beslis iets om te aanskou, daarom vertel LekkeSlaap graag waar jy vanjaar die vrolikste veldblomme kan […]

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

Gesinspret en Salige Weskusdae in Dwarskersbos

As jy soggens op jou stoep aan ’n koppie boeretroos teug, die vars Weskus-briesie aan jou vel voel streel en die branders in die verte hoor druis, wéét jy jy het ’n vreedsame vakansiebestemming gevind. Maar die jongspan benodig beslis meer as rus en vrede om ’n wegbreek te geniet! Daarom deel LekkeSlaap graag dié […]

Sit jou verlof in: Langnaweke en skoolvakansies in 2019

Is jy nog besig om te herstel na die dol feesseisoen? Het jy al vergeet dat jy ooit met vakansie was? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor. Hoe dit ook al sy, 2019 is propvol langnaweke vir wegbreke en jy kan vroegtydig daarvoor beplan met hierdie nuttige gids. Helder Herfs Die eerste vakansiedag […]

Bergfietsroetes: Kyk trap-trap Wild in Limpopo

Lente is om die draai en die warmer weer laat ’n mens se voete sommer jeuk om avontuurlustige doendinge in ons wonderskone land aan te pak. Bergfietsry is nét die ding om die bloed nog warmer deur jou are te laat bruis! LekkeSlaap het ’n hele rits bergfietsroetes in Limpopo opgespoor waar jy wild kan […]