Kategorie: Lente

’n Dag vol Liefde in die Jakarandastad

deur Jana Barnard op 27 Oktober 2017

Dié tyd van die jaar trek die Jakarandastad weer sy pers jassie aan. Die violetkleurige bloeisels wat in Oktober en November oral gestrooi lê en die strate in sprokiestonnels omskep, maak Pretoria ’n uitstekende naweekbestemming vir liefdesduifies. LekkeSlaap het ’n paar romantiese doendinge gaan soek waarmee paartjies ’n dag of twee in dié stad kan vul. … Lees “’n Dag vol Liefde in die Jakarandastad”

Weelde in Wellington: Val du Charron

deur Annerie Lemmer op 6 Oktober 2017

Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles … Lees “Weelde in Wellington: Val du Charron”

’n Dag of Drie in Darling

deur Ankia Wolf op 29 September 2017

As jy “Darling” hoor, dink jy waarskynlik heel eerste aan Evita se Perron, maar daar is soveel meer wat in dié dutjiesdorp aangaan! Hier kan jy net ontspan en jou in die salige plaasatmosfeer verlustig, óf ewe lekker rondrits van eetplek na drinkplek na proeplek. LekkeSlaap was vir ’n paar dae gedurende die Darling Veldblommeskou … Lees “’n Dag of Drie in Darling”

Jou bobaas-blommekykgids vir 2017

deur Ankia Wolf op 1 September 2017

Soos gesien op Maroela Media. Baie van ons se enigste herinnering aan die jaarlikse veldblomseisoen is ’n ou, verrimpelde foto van jou wat verbouereerd tussen die blomme poseer terwyl ma of pa allerhande snaakse streke uithaal om jou aandag op die kamera te hou. Of dalk het jy nog nooit eerstehands die Weskus en Namakwaland … Lees “Jou bobaas-blommekykgids vir 2017”

Jou walviskyk-gids in Suid-Afrika

deur Danielle Terblanche op 31 Augustus 2017

Soos gesien op Maroela Media Suid-Afrika is een van die beste walviskyk-bestemmings ter wêreld en ons is elke jaar van Junie tot November bevoorreg om dié majestueuse soogdiere in die water te sien baljaar. Die suidelike noordkappers migreer jaarliks vanaf Antartika se ysige waters na die warm Mosambiek-seestroom teen ons kus waar die walviskoeie dan … Lees “Jou walviskyk-gids in Suid-Afrika”

9 Luisterryke Lentebestemmings

deur Herman Botha op 24 Augustus 2017

Die tyd vir winterwegbreke is vir eers verby. Oor ’n paar dae is die lente in al haar glorie hier. LekkeSlaap het 9 van die mooiste lentebestemmings gaan uitsoek, so kom vier die nuwe seisoen by ’n prentjiemooi plek in jou provinsie! Gauteng Jakarandastad Elke jaar in September kondig duisende pers jakarandabloeisels die koms van … Lees “9 Luisterryke Lentebestemmings”

Arniston: ’n Dorpie vol skatte

deur Annerie Lemmer op 17 Augustus 2017

Ons almal wil ’n huisie by die see hê of ten minste net ’n heerlike seevakansie! As jy egter nie tussen ’n skare wil sonbaai nie, is die vreedsame Arniston in die Overberg die ideale plek. LekkeSlaap het in hierdie dorpie gaan kuier en vertel jou graag van al sy skatte, asook waar jy ’n … Lees “Arniston: ’n Dorpie vol skatte”

Ons kitsgids tot SA se SANParke

deur Annerie Lemmer op 26 Julie 2017

Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die … Lees “Ons kitsgids tot SA se SANParke”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za