Kategorie: Mpumalanga

Troeteldiervriendelike verblyf: Ontsnap uit die Goudstad

deur Nanje Lourens op 3 November 2021

Ons weet dis hartverskeurend om jou vierpootkinders by die huis te los wanneer jy met vakansie gaan. Met LekkeSlaap.co.za se handige troeteldiervriendelik-filter is daar geen rede waarom Wagter nie saam met jou kan reis nie. Ons het dit goedgedink om hierdie lys naweekwegbreke buite Johannesburg bymekaar te maak waar troeteldiere welkom is, mits dit vooraf […]

Romantiese verblyf langs ’n rivier

deur Bea Lingenfelder op 22 September 2021

’n Huweliksherdenking, ’n wittebrood, of gehaltetyd saam met ’n spesiale iemand ─ daar is altyd ’n goeie rede om ’n romantiese wegbreek te bespreek. En wat is beter as om met kabbelende water in die agtergrond tyd saam met jou geliefde deur te bring? LekkeSlaap.co.za het romantiese verblyf langs ’n paar riviere uitgesoek waar julle […]

11 romantiese wegbreke in die berge

deur Danielle Terblanche op 8 April 2020

Soos gesien op Maroela Media ’n Romantiese wegbreek in die berge omring deur vars lug en onvergeetlike natuurskoon kan wonders vir enige verhouding verrig. Waarom dan nie ’n bietjie tyd afknyp om saam met jou geliefde na die berge te ontsnap nie! LekkeSlaap het na elf afgeleë plekke in die berge reg oor die land […]

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

deur Danielle Terblanche op 16 Oktober 2019

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel […]

Eg Suid-Afrikaans: 9 Disse in 9 Provinsies

deur Jeanne Carstens op 2 Oktober 2019

Daar is baie unieke dinge waarmee Suid-Afrikaners kan spog: elf amptelike tale, unieke natuurskoon, die eerste suksesvolle hartoorplanting, Mimi Coerste, die Kreepy Krauly en nog vele meer! Maar een ding waarmee ons die meeste kan spog is beslis Suid-Afrikaanse kos! LekkeSlaap het ondersoek ingestel om uit te vind watter eetgoed uniek is tot elk van […]

Waar Chrissiesmeer haar naam gekry het en ander verhale

deur Heste Nortier op 4 September 2019

Suid-Afrikaners is miskien vertroud met die N17 wat deur Mpumalanga se Chrissiesmeer na Swaziland loop, maar die storie agter dié pad strek meer as 150 jaar terug. Chrissiesmeer is die middelpunt van die sogenaamde Reënboogroete wat vanaf Kriel, deur Bethal, Ermelo, Amsterdam, Piet Retief, Vryheid, Melmoth tot in Mtunzini strek. LekkeSlaap het in dié geweste […]

Waar in SA lê ’n witkombers dié winter?

deur Chanté van Schalkwyk op 12 Junie 2019

Soos gesien op Maroela Media Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Ons almal het al daarvan gedroom om een oggend wakker te word en dadelik met ’n warm koppie boeretroos voor die kaggel […]

9 Plekke, 3 Provinsies, 1 Paasnaweek: Waarheen gaan jy?

deur Chanté van Schalkwyk op 30 Januarie 2019

Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie is nog vars in ons geheue, maar nog voor jy jou strandhanddoek finaal kan wegpak, is Paasnaweek al weer hier! Weet jy al in watter rigting jou voertuig mik? Of sukkel julle steeds om op ’n bestemming te besluit? Rol af en loer gerus na dié handjievol bestemmings […]

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]