Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Noord-Kaap

’n Alternatiewe Somervakansie ─ Breek Weg na dié Bekoorlike Kothuise in die Binneland

Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie kruip nader en dis nóú tyd om jou volgende wegbreek te beplan om te verhoed dat jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry. Ja, ons almal smag na daardie perfekte seevakansie, maar soms raak die strand net té besig. As jy ’n slag behoorlik rustig vakansie wil […]

Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase

Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige […]

Top-Sterrekykplekke in Suid-Afrika

“Saans as die donker kom daal oor die velde; Saans as die sterre kom loer in die nag; Saans as die sterre soos duisende spelde saggies kom vonkel en glinster na dag: Dan by die kampvuur in eensame drome sit ek en dink aan die dae verby; Dae van liefde en leed, en van drome; Dae […]

4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie

Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor!   Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam […]

Kom Vier Vanjaar Fees in die Noord-Kaap

As ’n mens aan die Noord-Kaap dink is kleurvolle veldblomme, rooi duine, eindelose grasvelde en kokerbome al wat jy voor jou geestesoog sien. Iets wat jy dalk nié weet nie is dat daar sommer ook ’n hele rits feeste is wat hier en daar soos oases in die woestyn hulle verskyning maak. LekkeSlaap het ’n […]

Perfekte Plekke om Verloof te raak

Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]

8 Huisies – 8 Legendes – 8 Stories

Het jy al gewonder wat mense van jou sal onthou? Droom jy daarvan om iets standvastigs agter te laat? Iets met jou naam op. LekkeSlaap het gaan loer na agt huisies wat na unieke eienaars vernoem is en sommer op ’n klomp interessante stories afgekom. Sit ’n bietjie jou geskiedenisbril op en lees die agt […]

Die Stories Agter 8 van Suid-Afrika se Eiesoortige Dorpsname

Het jy al ooit op die langpad verby ’n aanwysingsbord gery of ’n Suid-Afrikaanse landkaart bestudeer en twee keer gekyk na ’n obskure dorpsnaam? Kyk nou maar na name soos “Lekkersing” en “Tietiesbaai”, om nie eers te praat van die verstommende “Tweebuffelsmeteensmorsdoodgeskietfontein” of “Klein Mier Nommer Een” nie! Ons land spog met fassinerende dorpsname en […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem