Kategorie: Ongekategoriseerd

10 Oulike Organiese Markte in Suid-Afrika!

deur Cea Swart op 20 Desember 2017

Is jy moeg vir die warboel wat altyd in winkelsentrums heers? Dalk moet jy eerder jou inkopies by ’n organiese mark gaan doen! LekkeSlaap het 10 oulike organiese markte in Suid-Afrika uitgesnuffel wat die plaaslike gemeenskap ondersteun, vars gehalte-produkte verkoop en ’n organiese leefstyl bevorder. Kom kuier gesellig by dié markies en leer om natuurlik … Lees “10 Oulike Organiese Markte in Suid-Afrika!”

Verken dié 5 Lekke Ry- en Blyroetes in Suid-Afrika

deur Cea Swart op 24 November 2017

Amerika spog in flieks met die bekende Route 66, Australië se Great Ocean Road is ’n nasionale erfenis, en Noorweë se Trolstigen-roete laat ’n mens se adrenalien pomp selfs al kyk ’n mens net na die foto’s. Raak jy soms moeg daarvoor om te dink die gras is altyd groener aan die anderkant van die … Lees “Verken dié 5 Lekke Ry- en Blyroetes in Suid-Afrika”

Skerpsinnig en Laf ─ Skatlike Afrikaanse Verblyfname

deur Jana Barnard op 15 September 2017

Huise het dikwels name ─ ongewone, beskrywende, pittige, komiese, of sommer net lawwe name, en as jy die dag bietjie deur LekkeSlaap se blyplekkies blaai, sal jy heelwat juweeltjies ontdek. Ons het so ’n paar eienaardiges gaan uitsnuffel en in die proses op ’n hele paar interessante staaltjies afgekom. Die eienaar van Lekke Ekke het … Lees “Skerpsinnig en Laf ─ Skatlike Afrikaanse Verblyfname”

Kosmos en Stoomtreine: Besoek die Oos-Vrystaat in Maart!

deur Mika Stanvliet op 13 Maart 2017

Psst! Het jy geweet Maart is die beste tyd om die Oos-Vrystaat te besoek? Vandag vertel ons jou ’n storie van ’n stoomtreinreis na gister deur velde vol malvalekker-blommetjies. Dís nou vir jou beslis iets anders as die gewone jaarlikse uitstappies na die Ficksburg-kersiefees of Namakwaland se blomtapyt! Gesoute plaaslike reisigers ken Namakwaland se veldblomkaart … Lees “Kosmos en Stoomtreine: Besoek die Oos-Vrystaat in Maart!”

Hier is SA se top-10 restaurante van 2016!

deur Mika Stanvliet op 30 November 2016

“Magie vol, ogies toe” is nie verniet ’n bekende Afrikaanse gesegde nie. Ná ’n behoorlike maaltyd wil almal tog ’n bietjie skuinslê. Dis dié dat LekkeSlaap gedink het dis ’n goeie idee om pragtige blyplekke naby Suid-Afrika se top-restaurante te vind. Indien jy gereeld wonder watter restaurant julle volgende Vrydagaand moet beproef, of as jy … Lees “Hier is SA se top-10 restaurante van 2016!”

Die mooi in die niks van Namakwaland

deur Mika Stanvliet op 19 Oktober 2016

Almal weet hoe mooi die veldblomme Namakwaland gedurende die lente optooi, maar wat word van dié spesiale plek as die skel somerson die kleurvolle blaartjies laat swig? Die veldblomme is ’n groot trekpleister wanneer hulle kop uitsteek in September, maar die res van die jaar vergeet die meeste van ons dat Namakwaland bestaan. Wel, die … Lees “Die mooi in die niks van Namakwaland”

Strandvakansies sonder die skares

deur Mika Stanvliet op 2 September 2016

Augustus het tot ’n einde gekom en September skitter in doudruppels op die heldergroen babablaartjies wat kop uitsteek in die wingerde, in die boorde en in die bome wat ons strate omsoom. Dis lentetyd in die suide en oral hinkepink lammertjies op onvaste beentjies al agter hul stowwerige ma’s aan, bloeisels tooi die boorde in … Lees “Strandvakansies sonder die skares”

Welkom: SA se jongste goudstad

deur Mika Stanvliet op 8 Julie 2016

Die interessante ding van Welkom, buiten die vriendelike en verwelkomende naam, is dat dit Suid-Afrika se jongste stad is. Welkom is in 1947 op ’n plaas 11 km suid van Odendaalsrus uitgelê. Dit is oorspronklik deur William Backhouse, die stad- en streeksbeplanningskonsultant vir Anglo American, as ’n tuinstad ontwerp. Hy het stopstrate en verkeersligte uitgeskakel … Lees “Welkom: SA se jongste goudstad”