Kategorie: Oos-Kaap

Sardienloop aan die Suidkus

deur Chanté van Schalkwyk op 27 Junie 2018

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou … Lees “Sardienloop aan die Suidkus”

Kenton-on-Sea: Diere, Riviere en Strand-Avonture

deur Jana Barnard op 23 Mei 2018

Jy het seker al van Kenton-on-Sea aan die Sonskynkus gehoor? Dié deel van die Oos-Kaapse kus strek van Port Elizabeth tot Oos-Londen en word só genoem weens die lang sonskyndae. Buiten sonskyn is daar egter baie meer wat Kenton spesiaal maak ─ sy ligging tussen die Boesmans- en Kariegariviermondings bied legio swem-, bootvaart- en ander … Lees “Kenton-on-Sea: Diere, Riviere en Strand-Avonture”

6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter

deur Hennely Nel op 16 Mei 2018

Dit begin al hoe vroeër donkerder word, die son begin meer en meer agter die wolke skuil, dis soggens omtrent ’n pyniging om onder jou snoesige komberse uit te klim, en dit voel asof jy jare gelede behóórlik vakansie gehou het  ─ ja, winter is sterk op pad! Sekere aspekte van dié koue seisoen voel … Lees “6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter”

4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie

deur Cea Swart op 13 April 2018

Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor!   Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam … Lees “4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie”

As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika

deur Karli Durr op 11 April 2018

Reken jy dis net spinnerakke, stowwerige hoekies en stokou meubels wat agter historiese hotelle se mure skuil? Dan het jy die kat so effens aan die stert beet! Menige ou hotel is al deur die jare spoggerig opgeknap en bied luukse geriewe. Die negentiende- en vroeë twintigste-eeuse argitektuur het egter hoofsaaklik behoue gebly en so … Lees “As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika”

6 Skouspelagtige Staproetes vir jou Emmerskoplysie

deur Daleen Venter op 23 Februarie 2018

Is jy ’n kranige stapper en ’n regte avontuurdier? Hou jy van swoeg en sweet met ’n swaar sak op jou rug terwyl jy jou verkyk aan die mooi natuur? Dan is dié blog nét vir jou! LekkeSlaap het ’n lys gemaak van 6 skouspelagtige staproetes wat op jou emmerskoplysie hoort, so lees ’n bietjie, … Lees “6 Skouspelagtige Staproetes vir jou Emmerskoplysie”

Africanos Country Estate: ’n Oase in Addo

deur Karli Durr op 16 Februarie 2018

“Africanos sal jou asem wegslaan en dis baie meer as net ’n luukse hotel in die hartjie van Addo” ─ die Venters Sitrusboorde en die beroemde Addo Olifant Nasionale Park is nie ál wat in die Sondagsriviervallei skuil nie … Africanos Country Estate is ’n hemelse hotel in die hartjie van Addo wat besoekers van regoor … Lees “Africanos Country Estate: ’n Oase in Addo”

Vier Elke Seisoen in Hogsback

deur Annerie Lemmer op 17 Januarie 2018

Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of … Lees “Vier Elke Seisoen in Hogsback”