Kategorie: OPTOG!

Ons groet die OPTOG!-kunstenaars met ’n laaste vraag

deur Heste Nortier op 6 November 2019

Ons het vir oulaas die kunstenaars gevra wat hul heel lekke’ste ding om te doen is. Hier is wat hulle te sê gehad het én ’n paar idees vir vakansie-inspirasie.  Die jaar lê byna op sy rug en die OPTOG!-kombi se wiele is voos ná sy roetereis deur Suid-Afrika en Namibië! Dié kunstige kaperjolle sluit … Lees “Ons groet die OPTOG!-kunstenaars met ’n laaste vraag”

’n Handjievol vrae vir Deon Meyer

deur Adriëtte le Roux op 10 Oktober 2019

Ai, maar die Karoo is darem maar ’n wonderlike wiegeliedjie van ’n streek. Van sy rooskleurige sonsondergange tot sy uitgestrekte horison en skaam diere ─ dis te verstane dat daar ’n hele produksie kan wees wat hierdie streek se stories, mense en natuurprag besing. En dis presies wat skrywer, Deon Meyer, en liedjieman, Coenie de … Lees “’n Handjievol vrae vir Deon Meyer”

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Drie van die Bestes

deur Johmine Croeser op 26 Augustus 2019

Dié maand reis OPTOG! se kombi’s al die pad vanaf Oudtshoorn na Pretoria en sterre soos Laurika Rauch, Sandra Prinsloo en Koos Kombuis sluit by dié toer aan om gehore te vermaak.  Drie van die Bestes vermaak al 21 jaar lank gehore reg oor die land met unieke en energieke vertonings. Mathys Roets, Kevin Leo en Danie Niehaus … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Drie van die Bestes”

OPTOG! Op Jo Black se spoor

deur Gerriline Fouché op 29 Julie 2019

Hierdie week is LekkeSlaap op een van die OPTOG!-sterre se spoor: die man met die bekende swart baard! Jo Black en sy orkes toer wyd en syd in sy roomyskleur-kombi en dit lyk nie of dié man gou gaan stilstaan nie! Op 30 Julie skop Jo Black sy Namibië-toer af en daarom doen LekkeSlaap ’n … Lees “OPTOG! Op Jo Black se spoor”

OPTOG! ‘n Handjievol vrae aan dié 3 Susters

deur Heste Nortier op 15 Julie 2019

Ja daar is drie susters, drie susters op Drie Susters. Dis lekker op Drie Susters! Dié gewilde liedjie van Pieter Koen was nog nooit méér in die kol nie! Hierdie maand reis OPTOG! na Malmesbury, Port Elizabeth, Oos-Londen en Amanzimtoti, en bekoor gehore met Lizz Meiring, Nicole Holm en Margit Meyer-Rödenbeck se nuwe verhoogstuk, 3 … Lees “OPTOG! ‘n Handjievol vrae aan dié 3 Susters”

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Jo Black

deur Mandi Zastron op 27 Mei 2019

Hierdie week reis die OPTOG!-kombi’s van Pretoria tot Vredendal en sterre soos Jo Black en Jak de Priester sluit by dié teater-troebadoer-toer aan ─ alles in die naam van vermaak! Jo Black tree op 30 Mei by die Guild-teater in Oos-Londen in die Oos-Kaap op en LekkeSlaap het aan hom ’n paar vrae gestel voor … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Jo Black”

OPTOG! ’n Handjie vol vrae aan Pietman Geldenhuys en Peter Mitchell

deur Chanté van Schalkwyk op 13 Mei 2019

Hierdie week reis die OPTOG!-kombi noord na Sasolburg, Kroonstad en Welkom, en sterre soos Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe vermaak ons weer op die verhoog tot ons mae seer gelag is! Kombi-Nasie tree 14 Mei by die Ettiene Rossouw-teater in Sasolburg in die Vrystaat op en LekkeSlaap het aan Pietman Geldenhuys en sy … Lees “OPTOG! ’n Handjie vol vrae aan Pietman Geldenhuys en Peter Mitchell”

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Coenie de Villiers

deur Danielle Terblanche op 6 Mei 2019

Min dinge is so mooi soos ’n Karoo-sonsondergang of -vlakte en Coenie de Villiers en Deon Meyer bekoor OPTOG!-gehore reg oor Suid-Afrika met pragtige musiek en stories oor die Karoo! Dié twee manne het elkeen ’n sagte plekkie vir die Karoo, en ek kan nie aan iets beter dink as om hulle unieke uitbeeldings van … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Coenie de Villiers”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za