Kategorie: Pret In Elke Provinsie

Dut in die Dinokeng Wildreservaat

deur Karli Durr op 18 Julie 2018

Dis laatmiddag en die winterson gooi soel strale oor Moeder Aarde. ’n Trop olifante trompetter uitbundig terwyl hulle mekaar by die watergat natspuit en ’n buffel staan nader om vreedsaam te suip. Daar is ’n geritsel in die vaal ruigte en twee geel oë staar stip na ’n wildsbokkie wat niksvermoedend wei … Nee, jy … Lees “Dut in die Dinokeng Wildreservaat”

Spaar jou Sente by dié Sakpas-lodges in Limpopo

deur Ankia Wolf op 20 April 2018

Sit jy ook soms met verlangende oë en kyk na foto’s van die luukse en dikwels peperduur lodges wat veral in ons mooiste bosveldprovinsie skuil? LekkeSlaap wil jou vandag wys dat “lodge” en belaglike pryse nie noodwendig hand aan hand gaan nie ─ ons het vir jou sakpas-alternatiewe gaan uitsoek sodat jy nie jou volgende … Lees “Spaar jou Sente by dié Sakpas-lodges in Limpopo”

4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie

deur Cea Swart op 13 April 2018

Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor!   Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam … Lees “4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie”

As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika

deur Karli Durr op 11 April 2018

Reken jy dis net spinnerakke, stowwerige hoekies en stokou meubels wat agter historiese hotelle se mure skuil? Dan het jy die kat so effens aan die stert beet! Menige ou hotel is al deur die jare spoggerig opgeknap en bied luukse geriewe. Die negentiende- en vroeë twintigste-eeuse argitektuur het egter hoofsaaklik behoue gebly en so … Lees “As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika”

Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng

deur Karli Durr op 20 Maart 2018

Lowergroen grasperke, gesellige samesyn, goeie oefening en luukse verblyf ─ dís onder andere wat jy op ’n gholflandgoed kan verwag! Kranige gholfspelers kan natuurlik na hartelus wedywer, maar selfs al is jou voorgee nie wat wonders nie en jou dryfhou effe verroes, is só ’n praglandgoed steeds ’n luilekker ontspanplek. LekkeSlaap het ’n handjie vol … Lees “Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng”

Malmesbury in Engeland!?

deur Karli Durr op 9 Maart 2018

Buiten Tafelberg, legio wynplase en ’n kuslyn wat die Atlantiese en Indiese Oseaan insluit, het die Wes-Kaap ook ’n rits dorpe met naamgenote in Brittanje, die Verenigde State van Amerika en selfs in Nieu-Seeland. Daarom het LekkeSlaap 10 Wes-Kaapse dorpe uitgesoek wat eweknieë in die buiteland het en ons deel graag ’n handjie vol ooreenkomste … Lees “Malmesbury in Engeland!?”

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps

deur Ankia Wolf op 7 Maart 2018

Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan … Lees “8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps”

Oorweeg ’n Besoek aan Underberg

deur Jana Barnard op 21 Februarie 2018

In die ooste van ons land lê ’n draak uitgestrek van noord na suid, en net voor jy sy stert se punt bereik, is daar ’n dorpie wat in sy skadu pryk. Underberg is die poort tot die Drakensberge en sy naam is te danke aan daar waar hy lê: onder die berg, of meer … Lees “Oorweeg ’n Besoek aan Underberg”