Die maklikste manier om akkommodasie in Suid-Afrika te vind en te bespreek!
Bespreek blyplek lekke maklik en lekke vinnig!
Sit jy ook soms met verlangende oë en kyk na foto’s van die luukse en dikwels peperduur lodges wat veral in ons mooiste bosveldprovinsie skuil? LekkeSlaap wil jou vandag wys dat “lodge” en belaglike pryse nie noodwendig hand aan hand gaan nie ─ ons het vir jou sakpas-alternatiewe gaan uitsoek sodat jy nie jou volgende … Lees “Spaar jou Sente by dié Sakpas-lodges in Limpopo”
Dié klein dorpie skuil aan die voet van die Langeberge in die hartjie van die Tradouwvallei en as jy eers hiér afsaal, sal jy nie sommer weer die pad wil vat nie. Dis altyd ’n goeie idee om in Barrydale te kom kuier ─ reg deur die jaar ─ want in die somer spog dit … Lees “Breek ’n Bietjie Weg na Bekoorlike Barrydale”
Kry jy óók ’n koue rilling as jy aan winter dink? Om die ysige koue uit jou are te verdryf, stel LekkeSlaap ’n waaghalsige 4×4-roete en verblyf met ’n knus kaggel en braai-area in elke provinsie voor! Wes-Kaap Biedouwvallei 4×4-roete, Clanwilliam Roete-afstand: 30 km Dié vallei is in die Sederberge op die Pakhuispad tussen Clanwilliam … Lees “4×4-Roetes en Verblyf in elke Provinsie”
Reken jy dis net spinnerakke, stowwerige hoekies en stokou meubels wat agter historiese hotelle se mure skuil? Dan het jy die kat so effens aan die stert beet! Menige ou hotel is al deur die jare spoggerig opgeknap en bied luukse geriewe. Die negentiende- en vroeë twintigste-eeuse argitektuur het egter hoofsaaklik behoue gebly en so … Lees “As dié Mure kon Praat: Historiese Hotelle in Suid-Afrika”
Is jy ’n Kapenaar of beplan jy ’n uitstappie na die Moederstad, maar jy’s bietjie platsak na ’n besige Paasnaweek? Jan Tuisbly se karretjie klink maar vaal vir die res van April, of hoe? Daar is lig aan die einde van die donker tonnel ─ nie alles wat opwindend en die moeite werd is om … Lees “Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!”
Ja, jy het reg gehoor ─ jy kan nou LekkeSlaap in Namibië! Dié buurland met sy rooi duine, wild, yskoue see vol vis, en witwarm vlaktes is nou oop vir Suid-Afrikaners wat hul vlerke met behulp van LekkeSlaap wil sprei. In dié blog vertel ons jou van skilderagtige blyplekke en opwindende doendinge as jy Namibië wil … Lees “Namibië Roep: ’n Handjievol Doendinge en Blyplekke!”
Is jy ’n kranige voetslaner wat ons land se vernaamste staproetes een vir een afmerk? Het jy al Suid-Afrika se hoogste pieke aangedruf, of meer spesifiek, dié wat meer as 2000 meter bo seespieël pronk? LekkeSlaap het 9 bergpieke opgespoor wat jy móét uitklim, en ons kombineer dit graag met ’n versameling bobaas-lêplekke waar moeë … Lees “9 Hoë Bergpieke vir Vasbyters”
Lowergroen grasperke, gesellige samesyn, goeie oefening en luukse verblyf ─ dís onder andere wat jy op ’n gholflandgoed kan verwag! Kranige gholfspelers kan natuurlik na hartelus wedywer, maar selfs al is jou voorgee nie wat wonders nie en jou dryfhou effe verroes, is só ’n praglandgoed steeds ’n luilekker ontspanplek. LekkeSlaap het ’n handjie vol … Lees “Geniet ’n Gholfwegbreek naby Gauteng”