Kategorie: Raad & Daad

Mandela-dag: Meer as net Museums, Monumente en 67 Minute

deur Cea Swart op 27 Junie 2018

Internasionale Mandela-dag is om die draai en LekkeSlaap nooi jou om op 18 Julie nét 67 minute van jou tyd af te staan ter herdenking van Nelson Mandela se 67 jaar lange stryd om geregtigheid. Dié 67 minute fokus veral daarop om armoede te verlig (#actionagainstpoverty) en om wêreldwye verandering te bewerkstellig. Vanjaar se Mandela-dag … Lees “Mandela-dag: Meer as net Museums, Monumente en 67 Minute”

10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers

deur Ankia Wolf op 20 Junie 2018

Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met … Lees “10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers”

Top-Sterrekykplekke in Suid-Afrika

deur Cea Swart op 2 Mei 2018

“Saans as die donker kom daal oor die velde; Saans as die sterre kom loer in die nag; Saans as die sterre soos duisende spelde saggies kom vonkel en glinster na dag: Dan by die kampvuur in eensame drome sit ek en dink aan die dae verby; Dae van liefde en leed, en van drome; Dae … Lees “Top-Sterrekykplekke in Suid-Afrika”

Spaar jou Sente by dié Sakpas-lodges in Limpopo

deur Ankia Wolf op 20 April 2018

Sit jy ook soms met verlangende oë en kyk na foto’s van die luukse en dikwels peperduur lodges wat veral in ons mooiste bosveldprovinsie skuil? LekkeSlaap wil jou vandag wys dat “lodge” en belaglike pryse nie noodwendig hand aan hand gaan nie ─ ons het vir jou sakpas-alternatiewe gaan uitsoek sodat jy nie jou volgende … Lees “Spaar jou Sente by dié Sakpas-lodges in Limpopo”

Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!

deur Hennely Nel op 4 April 2018

Is jy ’n Kapenaar of beplan jy ’n uitstappie na die Moederstad, maar jy’s bietjie platsak na ’n besige Paasnaweek? Jan Tuisbly se karretjie klink maar vaal vir die res van April, of hoe? Daar is lig aan die einde van die donker tonnel ─ nie alles wat opwindend en die moeite werd is om … Lees “Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!”

9 Hoë Bergpieke vir Vasbyters

deur Jana Barnard op 23 Maart 2018

Is jy ’n kranige voetslaner wat ons land se vernaamste staproetes een vir een afmerk? Het jy al Suid-Afrika se hoogste pieke aangedruf, of meer spesifiek, dié wat meer as 2000 meter bo seespieël pronk? LekkeSlaap het 9 bergpieke opgespoor wat jy móét uitklim, en ons kombineer dit graag met ’n versameling bobaas-lêplekke waar moeë … Lees “9 Hoë Bergpieke vir Vasbyters”

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps

deur Ankia Wolf op 7 Maart 2018

Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan … Lees “8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps”

Wees waterwys!

deur Herman Botha op 28 Februarie 2018

Die Kaap was al baie dinge: Hollands, Engels, selfs Bataafs, maar deesdae is die Kaap net een ding ─ dors! Na ’n paar besonder droë winters het Slaapstad uiteindelik wakkergeskrik en besef dis nou Day Zero-sake as sy nie vinnig begin water spaar nie. Groen en bruin JoJo-tenks verrys soos paddastoele in agterplase, gryswaterpraatjies word … Lees “Wees waterwys!”