Kategorie: Roetereis

Dorpie vir dorpie: ’n Roete 62-roadtrip roep

deur Nanje Lourens op 19 Junie 2020

Ek is nie eers seker dag hoeveel dit van die inperking is nie en ek wil nie meer weet nie. Al lig aan die einde van dié donker Covid-tonnel is die feit dat ek, sodra ek mag, vir my ’n Roete 62-roadtrip gaan bespreek. My siel smag na die kaal vlaktes, vaal Karoo-bossies en vriendelike … Lees “Dorpie vir dorpie: ’n Roete 62-roadtrip roep”

20 jaar van die Kgalagadi Oorgrenspark

deur Danielle Terblanche op 27 Mei 2020

Die wêreldbekende Kgalagadi Oorgrenspark is ’n trotse deel van Suid-Afrika se erfenis en dié park het op 12 Mei 2020 sy twintigste bestaansjaar gevier! Die Kgalagadi Oorgrenspark, soos dit vandag aan ons bekendstaan, strek oor die boonste deel van die Noord-Kaap in Suid-Afrika en ’n groot deel van Botswana, en bestaan uit twee parke wat … Lees “20 jaar van die Kgalagadi Oorgrenspark”

Só bly jy besig in Stilbaai

deur Karli Durr op 18 Maart 2020

Ná vyftien jaar keer ek terug na die kusdorp waar ek as kind menige skoolvakansie saam met my gesin deurgebring het. Ek onthou nog ons tjoepry-sessies op die reusagtige Indiese Oseaan-golwe, biblioteek-besoeke en laatmiddag-uitstappies na die hawe om te kyk hoe die bote inkom ─ ons het elke bootnaam geken! Vandag vat ek en Schalk … Lees “Só bly jy besig in Stilbaai”

’n A tot Z-fotogids tot die Suidelike Skiereiland

deur Karli Durr op 11 September 2019

“Nee, dis te ver!” ─ dié woorde het menige besoek aan die Suidelike Skiereiland al in die wiele gery. Ek moet bieg: Voor ek ’n paar jaar gelede Muizenberg toe getrek het, was ek self nog nooit hier nie. Maar as ek soggens die vars seelug inasem wanneer ek my woonstel verlaat en die sonsopkoms … Lees “’n A tot Z-fotogids tot die Suidelike Skiereiland”

Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm

deur Danielle Terblanche op 10 Julie 2019

Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat … Lees “Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm”

Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis

deur Hennely Nel op 19 Junie 2019

Suid-Afrika bied soveel asemrowende natuurtonele in verskillende dele van die land dat ’n roetereis beslis op elke Suid-Afrikaner se emmerskoplysie moet wees. Van die mooie Moederstad, lowergroen Tuinroete, die Karoo se vergete vlaktes, tot die manjifieke Drakensberge ─ daar is ’n bestemming wat diep in elkeen van ons se hart sal kruip. Om jou te inspireer, … Lees “Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis”

In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad

deur Altus Booysen op 15 Mei 2019

“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van … Lees “In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad”

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

deur Karli Durr op 3 Mei 2019

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat … Lees “Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za