Kategorie: Romanse

’n Spa-wegbreek in elke provinsie

deur Danielle Terblanche op 16 Oktober 2019

Hetsy jy na ’n bederfnaweek saam met jou geliefde smag of na ’n pamperlangsessie saam met jou vriendinne uitsien ─ daar is ’n spa-wegbreek in elke provinsie nét vir jou! LekkeSlaap het by ’n paar van ons land se beste spa’s gaan inloer, sodat jy net agteroor kan sit en die bederf geniet!  Lanzerac Hotel … Lees “’n Spa-wegbreek in elke provinsie”

Waar Chrissiesmeer haar naam gekry het en ander verhale

deur Heste Nortier op 4 September 2019

Suid-Afrikaners is miskien vertroud met die N17 wat deur Mpumalanga se Chrissiesmeer na Swaziland loop, maar die storie agter dié pad strek meer as 150 jaar terug. Chrissiesmeer is die middelpunt van die sogenaamde Reënboogroete wat vanaf Kriel, deur Bethal, Ermelo, Amsterdam, Piet Retief, Vryheid, Melmoth tot in Mtunzini strek. LekkeSlaap het in dié geweste … Lees “Waar Chrissiesmeer haar naam gekry het en ander verhale”

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium

deur Karli Durr op 5 Junie 2019

Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en … Lees “Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium”

In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad

deur Altus Booysen op 15 Mei 2019

“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van … Lees “In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad”

12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek

deur Adriëtte le Roux op 27 Maart 2019

By die Twelve Apostles Hotel and Spa in die mooie Moederstad kan jy uitstekende diens, vyfster-geriewe én ’n wêreldklas uitsig te wagte wees. Maar al kyk hierdie indrukwekkende hotel oor Suid-Afrika se duurste kuslyn uit, hoef jy nie ’n bank te beroof om ook dié luukshede te ervaar nie. LekkeSlaap gee twaalf redes waarom hierdie … Lees “12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek”

8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur

deur Karli Durr op 26 Maart 2019

Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en … Lees “8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur”

’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties

deur Karli Durr op 13 Februarie 2019

Op ’n bewolkte someroggend in Pretoria, vat ek en my gesin die pad in die rigting van Hartbeespoort. Dié vakansiedorpie is sowat 40 kilometer wes van die Jakarandastad in Noordwes en, as Kapenaars wat nog nooit in dié geweste was nie, is ons kinderlik opgewonde oor wat voorlê. Ons bereik die Hartbeespoortdam aan die voet … Lees “’n Dag Propvol Pret(ville) in Harties”

8 Heerlike Houtvuur-warmbaddens in die Wes-Kaap

deur Nanje Lourens op 7 September 2018

Verbeel jou ’n vuur word in jou plonspoel aangesteek ─ ja, jy het reg gehoor! Vergeet van gewone borrelbaddens, houtvuur-warmbaddens is vinnig besig om een van die mees gewilde en unieke geriewe by wegbreekplekke te word. Wie sou ooit kon droom dat water en vuur so goed saamwerk? LekkeSlaap het die Wes-Kaap deursoek vir ons … Lees “8 Heerlike Houtvuur-warmbaddens in die Wes-Kaap”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za