Kategorie: Seisoenaal

Vier Elke Seisoen in Hogsback

deur Annerie Lemmer op 17 Januarie 2018

Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of … Lees “Vier Elke Seisoen in Hogsback”

Ons Besing Suid-Afrika se Unieke Streke

deur Karli Durr op 5 Januarie 2018

Dis ’n splinternuwe jaar propvol hoop en avontuur! Al is jy tans platsak, is dit nooit té vroeg om jou volgende vakansie te beplan of ’n nuwe emmerskoplysie op te stel nie. Maar waar sal jy gaan kerjakker? Om jou weer aan ons land se droombestemmings te herinner, het LekkeSlaap ’n handjievol tydlose treffers opgespoor … Lees “Ons Besing Suid-Afrika se Unieke Streke”

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

deur Annerie Lemmer op 15 Desember 2017

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig … Lees “Kom rus ’n bietjie in Rosendal”

Cape Nature: Verlustig jou in SA se Inheemse Natuurskoon

deur Annerie Lemmer op 30 November 2017

Beplan jy ’n vakansie in die Wes-Kaap? Wil jy dié provinsie se natuurskoon in sy volle glorie ervaar? LekkeSlaap wys jou waar al Cape Nature se reservate te vinde is, watter doendinge elke reservaat bied, en natuurlik ook waar jy sag kan slaap na ’n bedrywige dag van voetslaan, voëlkyk en verkenning. 1. Matjiesrivier Natuurreservaat … Lees “Cape Nature: Verlustig jou in SA se Inheemse Natuurskoon”

Langpadwenke vir die Desembervakansie

deur Karli Durr op 28 November 2017

Soos gesien op Maroela Media. Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad! Duisende Suid-Afrikaners pak jaarliks ons land se paaie aan onderweg na verskeie vakansiebestemmings. Wanneer die pad egter eindeloos voor jou … Lees “Langpadwenke vir die Desembervakansie”

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

deur Annerie Lemmer op 3 November 2017

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van … Lees “Die Vallei van ’n Duisend Heuwels”

Weelde in Wellington: Val du Charron

deur Annerie Lemmer op 6 Oktober 2017

Val du Charron is ’n weelderige wyn- en olyfplaas net buite Wellington in die Bovlei-vallei. In 2015 het Drinks International Magazine dié boetiekwynplaas se Theatre of Wine aangewys as die mees innoverende toerisme-ervaring, en sedertdien behaal hierdié spoggeleentheid jaarliks groot sukses. LekkeSlaap het ’n draai by Val du Charron gaan maak en vertel jou graag wat alles … Lees “Weelde in Wellington: Val du Charron”

Jou bobaas-blommekykgids vir 2017

deur Ankia Wolf op 1 September 2017

Soos gesien op Maroela Media. Baie van ons se enigste herinnering aan die jaarlikse veldblomseisoen is ’n ou, verrimpelde foto van jou wat verbouereerd tussen die blomme poseer terwyl ma of pa allerhande snaakse streke uithaal om jou aandag op die kamera te hou. Of dalk het jy nog nooit eerstehands die Weskus en Namakwaland … Lees “Jou bobaas-blommekykgids vir 2017”