Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Somer

Someraktiwiteite in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaap spog met lewendige landskappe, ’n ikoniese kuslyn en verkwikkende somerervarings. Soos die son die lug met sy goue warmte inkleur, word die Wes-Kaap ’n toevlugsoord vir diegene wat op soek is na ’n mengsel van natuurskoon en ontspanningsaktiwiteite vir die hele gesin. Van die goue strande van Kaapstad tot die welige wynlande van […]

Lekke plekke vir elke seisoen

Soos die kalenderjaar ’n nuwe blaadjie omslaan, is dit tyd om jou vakansieplanne vir 2023 vas te maak. Óf jy jouself as ’n kind van die wind beskou, die gousblomme agter jou oor steek, die blare vir kompos benut óf die branders op ’n sonskyndag najaag, is LekkeSlaap hier om die hele jaar tot die […]

Blouvlagstrande 2022: Waar jy hierdie somervakansie veilig kan swem

Dit was ’n goeie jaar vir Suid-Afrikaanse strande, ondanks die groot uitdagings wat munisipaliteite die hoof moes bied. Só kan ’n mens aflei uit die Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) se nuwe lys Blouvlagstrande wat aandui dat daar meer blou vlae as verlede jaar tydens die 2022/2023-seisoen langs die Suid-Afrikaanse kus sal […]

Bespreek dié strandhuise vir die somer

Ná ’n lang winter kan ’n mens mos nie wág om weer jou sonhoed uit die kas te haal en kaalvoet op die strand te gaan stap nie. Dis beslis hoe ons die somer gaan vier! Bespreek een van dié mooi strandhuise vir jou en jou gesin voor dit opgeraap is, sodat julle ook die […]

Lekke huisies aan die kus vir Desember

Na ’n lang jaar is daar niks so lekker soos om jou kar te pak, jou gesin in te laai en net die pad te vat nie. Desember se gees, die sonskyn en vakansietyd beteken net een ding: Dis tyd om see toe te gaan! Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lysie met ’n paar […]

My gewone vakansiedorp is vol vir die somervakansie. Hoe nou?

Hoe gemaak as die vakansiedroom wat jy al sedert Vlak 5 koester nie lyk asof dit ’n realiteit gaan word nie? LekkeSlaap.co.za het ’n paar wenke wat kan help.

Só bly jy besig in Stilbaai

Ná vyftien jaar keer ek terug na die kusdorp waar ek as kind menige skoolvakansie saam met my gesin deurgebring het. Ek onthou nog ons tjoepry-sessies op die reusagtige Indiese Oseaan-golwe, biblioteek-besoeke en laatmiddag-uitstappies na die hawe om te kyk hoe die bote inkom ─ ons het elke bootnaam geken! Vandag vat ek en Schalk […]

Só lyk vet pret in Plett

Soos gesien op Maroela Media. Dis die tweede week van die nuwe dekade en op my kalender is die woord “Plettenbergbaai” in groot letters neergepen. LekkeSlaap het ’n bietjie gaan loer waarin die gewildheid van dié kusdorp steek.  Daar is min dinge so opwindend soos die afwagting op ’n vakansie by die see, veral as […]