Kategorie: Troeteldiervriendelik

Ontdek die Mooi van Matjiesvlei

deur Willemien Engelbrecht op 4 Julie 2018

As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom … Lees “Ontdek die Mooi van Matjiesvlei”

10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers

deur Ankia Wolf op 20 Junie 2018

Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met … Lees “10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers”

Woeker met jou Huisie op Wiele: 20 Kampeerplekke vir jou Karavaan

deur Nanje Lourens op 9 Februarie 2018

Het jy ’n huisie op wiele maar is raadop oor waar om kamp op te slaan? LekkeSlaap het by ’n paar van ons gunsteling-kampeerplekke gaan inloer sodat jy nie verder hoef te soek nie! Of jy nou die seebriesie wil voel, in die bosveld wil skuil, of oor die Karoo-vlaktes wil tuur ─ ons wys … Lees “Woeker met jou Huisie op Wiele: 20 Kampeerplekke vir jou Karavaan”

Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie

deur Danielle Terblanche op 1 Desember 2017

Die somer is in volle swang en daar is nie ’n beter plek om dit te vier as langs die water nie. Suid-Afrika se wonderskone landskap spog met talle riviere wat van die mooiste vakansiebestemmings bied waar jy vir ure lank kan tjoepry, visvang, roei, swem en die rustigheid langs die water geniet! LekkeSlaap het … Lees “Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie”

10 Troeteldiervriendelike Restaurante in Durban

deur Ankia Wolf op 30 Junie 2017

Selfs in die winter is sonskyndae volop aan KwaZulu-Natal se kus! Daarom is dit g’n wonder dat Durban soveel troeteldiervriendelike eetplekke het wat met lekker sitplek in die buitelug spog nie. LekkeSlaap het 10 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in dié sonnige stad met Wagter aan jou sy! Afro’s … Lees “10 Troeteldiervriendelike Restaurante in Durban”

13 Troeteldiervriendelike Restaurante in Pretoria

deur Ankia Wolf op 2 Junie 2017

Pretorianers is lief vir uiteet saam met vriende en familie ─ hondekinders inkluis! Daarom is dit g’n wonder dat daar om elke hoek en draai ’n troeteldiervriendelike eetplek in die Jakarandastad verskyn nie. LekkeSlaap het 13 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in Pretoria met Wagter aan jou sy! Afro-boer, … Lees “13 Troeteldiervriendelike Restaurante in Pretoria”

15 Troeteldiervriendelike Restaurante in Johannesburg

deur Ankia Wolf op 5 Mei 2017

Daar is twee dinge wat Jo’burgers veral hoog op prys stel ─ goeie restaurante en hul honde! Daarom is dit g’n wonder dat daar só baie troeteldiervriendelike eetplekke in dié stad skuil nie. LekkeSlaap het 15 gaan uitsnuffel om jou voor te berei vir jou volgende vakansie in die Goudstad met Wagter aan jou sy! Arbour … Lees “15 Troeteldiervriendelike Restaurante in Johannesburg”

Reis met Troeteldiere: Voordele en Raad

deur Mika Stanvliet op 24 April 2017

Soos gesien op Maroela Media. Moes jy dié Paasvakansie weereens koebaai waai vir Wagter wat jou met verlangende oë agter die hondeherberg se tralies dophou soos jy op die horison verdwyn? As troeteldier-eienaar is dié besluit wanneer jy ’n vakansie beplan waarskynlik keer op keer ’n taamlike tameletjie. Die gesin gaan met vakansie, maar hoe … Lees “Reis met Troeteldiere: Voordele en Raad”