Kategorie: VingerlekLEKKE

Kom kry Vis-en-Tjips aan die Kaap se Kus

deur Cea Swart op 12 September 2018

“Snoek lekker ou ─ snoek Kaap se snoek Uit die Kaap se waters …” ─ Allen Brodell Dis nie ’n Kaapse vakansie sonder ’n besoek aan ’n smullekker vis-en-tjips-restaurant nie! Só knus aan die kus lok dié Kaapse vis-en-tjips-winkels besoekers van heinde en verre om sout-van-die-aarde mense te kom ontmoet en aan hulle heerlike disse … Lees “Kom kry Vis-en-Tjips aan die Kaap se Kus”

Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede

deur Hennely Nel op 22 Augustus 2018

Min dinge is so lekker soos ’n sterk koppie boeretroos! Jy teug graag daaraan terwyl jy jou gunstelingboek lees, saam met vriende of familie kuier, of as jy in ’n oulike koffiewinkel sit en kyk hoe vreemdelinge verby stap. Dikwels is dit ook nét wat jy nodig het om daardie besige dag op kantoor mee … Lees “Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede”

Winter-Wynproe met Peuselhappies in die Stellenboschvallei

deur Chanté van Schalkwyk op 30 Mei 2018

Die winter is hier en die dae van op die strand lê moet ons ongelukkig eers uitstel. So, wat kan ’n mens in die Kaap doen wanneer die broodnodige reën op ons neersak? Al is boetiekbier en gin nou lekker gewild, stel ons ’n ou gunsteling voor ─ wynproe in die Stellenboschvallei! Wat dié ervaring … Lees “Winter-Wynproe met Peuselhappies in die Stellenboschvallei”

Oorweeg ’n Besoek aan Underberg

deur Jana Barnard op 21 Februarie 2018

In die ooste van ons land lê ’n draak uitgestrek van noord na suid, en net voor jy sy stert se punt bereik, is daar ’n dorpie wat in sy skadu pryk. Underberg is die poort tot die Drakensberge en sy naam is te danke aan daar waar hy lê: onder die berg, of meer … Lees “Oorweeg ’n Besoek aan Underberg”

10 Oulike Organiese Markte in Suid-Afrika!

deur Cea Swart op 20 Desember 2017

Is jy moeg vir die warboel wat altyd in winkelsentrums heers? Dalk moet jy eerder jou inkopies by ’n organiese mark gaan doen! LekkeSlaap het 10 oulike organiese markte in Suid-Afrika uitgesnuffel wat die plaaslike gemeenskap ondersteun, vars gehalte-produkte verkoop en ’n organiese leefstyl bevorder. Kom kuier gesellig by dié markies en leer om natuurlik … Lees “10 Oulike Organiese Markte in Suid-Afrika!”

’n Dag of Drie in Darling

deur Ankia Wolf op 29 September 2017

As jy “Darling” hoor, dink jy waarskynlik heel eerste aan Evita se Perron, maar daar is soveel meer wat in dié dutjiesdorp aangaan! Hier kan jy net ontspan en jou in die salige plaasatmosfeer verlustig, óf ewe lekker rondrits van eetplek na drinkplek na proeplek. LekkeSlaap was vir ’n paar dae gedurende die Darling Veldblommeskou … Lees “’n Dag of Drie in Darling”

Fantastiese Fynproewersrestaurante Vir Smulpape

deur Remona Voges op 22 Junie 2017

Is jy ’n fynproewer van formaat? Of net iemand wat lief is vir smullekker kos in stylvolle restaurante? LekkeSlaap wys jou dié week ’n rits restaurante regoor die land waar jy kan aansit vir ’n smaak-ervaring wat jy nie sommer sal vergeet nie en waar jy óók in styl kan oornag! Dié restaurant is in … Lees “Fantastiese Fynproewersrestaurante Vir Smulpape”

13 Troeteldiervriendelike Restaurante in Pretoria

deur Ankia Wolf op 2 Junie 2017

Pretorianers is lief vir uiteet saam met vriende en familie ─ hondekinders inkluis! Daarom is dit g’n wonder dat daar om elke hoek en draai ’n troeteldiervriendelike eetplek in die Jakarandastad verskyn nie. LekkeSlaap het 13 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in Pretoria met Wagter aan jou sy! Afro-boer, … Lees “13 Troeteldiervriendelike Restaurante in Pretoria”