Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Vrystaat

Blyplekke vir ’n naweekwegbreek buite Bloemfontein

Ontsnap uit die stadsgedruis en sit voet in die hoek vir ’n naweekwegbreek net buite Bloemfontein se stadsgrense. In hierdie blog is ons op soek na wegbreekplekke wat in die rustige landskappe rondom die “stad van rose” geleë is. Of jy nou na ’n knus kothuis in die dorp, ’n ongekunstelde gasteplaas-ervaring, ’n gesinsvriendelike oord […]

Kuier saam in Clarens — die juweel van die Oos-Vrystaat

Almal ken Clarens — of altans, almal weet van Clarens. Dit is die naaste wat baie van ons aan ’n Europese vakansie sal kom, maar dis beslis nie ’n minderwaardige sakpasweergawe nie! Dié juweel van die Vrystaat is slegs drie ure vanaf Johannesburg en is dus om goeie rede onder die stedelinge bekend, maar ons […]

Vakansie in die Vrystaat? Maak ’n draai by dié dorpe!

As ’n mens aan die Vrystaat dink, dink jy miskien aan mooi meisies, mooi mielies en Bloemfontein, maar min van ons dink aan vakansie. Dit is tog te jammer, want wat die Vrystaat tekort skiet deur nie ’n grens met die see te deel nie, maak hy voor op met sy oulike dorpe, gasvrye mense, […]

Troeteldiervriendelike verblyf naby Johannesburg

Ons weet dis hartverskeurend om jou vierpootkinders by die huis te los wanneer jy met vakansie gaan. Met LekkeSlaap.co.za se handige troeteldiervriendelik-filter is daar geen rede waarom Wagter nie saam met jou kan reis nie. Ons het dit goedgedink om hierdie lys naweekwegbreke buite Johannesburg bymekaar te maak waar troeteldiere welkom is, mits dit vooraf […]

Rivier- en damwegbreke buite Johannesburg en Pretoria

Daar is niks wat jou só lekker laat ontspan soos om langs die water te sit nie. Die kalmerende effek van ’n rivier wat kabbel of ’n dam met al sy voëlgeluide laat jou vinnig van die stad se geraas vergeet, en daarom het LekkeSlaap ’n lys van tien waterwegbreke naby Johannesburg en Pretoria opgestel […]

10 dorpe om in 2022 te besoek

Met ’n nuwe jaar is daar hope nuwe geleenthede vir wegbreke en opwindende plekke om te verken. Ons land spog met ’n diverse landskap en bekoorlike dorpies wat iets vir elkeen bied. LekkeSlaap het na van die gewildste bestemmings vir 2021 gaan kyk en ’n lys van dorpe wat julle in 2022 móét besoek saamgestel.  […]

’n Wittebrood wat elke sak sal pas

Die idee van ’n wittebrood laat die meeste mense se begrotings sommer sug, maar elkeen droom tog van daardie romantiese wegbreek om jou en jou geliefde se nuwe lewenspad te vier. ’n Wittebrood is ’n persoonlike ervaring wat by die paartjie se belangstellings én sak moet pas en daarom het LekkeSlaap.co.za ’n lys met ’n […]

Die sneeu val: Waar jy hierdie winter kan sneeukyk

Het jy al ooit in die sneeu baljaar of ’n sneeuman met ’n wortelneus gebou? As Suid-Afrikaners is ons met hanteerbare en matige weersomstandighede geseënd wat beteken dat sneeu nie vir ons ’n alledaagse verskynsel is nie. Maar dit sneeu tóg gedurende die winter in sekere dele van ons wonderskone land en LekkeSlaap wys vir […]