Kategorie: Wes-Kaap

Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm

deur Danielle Terblanche op 10 Julie 2019

Doer in die Klein-Karoo skuil ’n dorp met baie hart, gawe mense, interessante diere, die allermooiste natuurtonele en ’n ryk geskiedenis. Oudtshoorn is bekend vir verskeie redes en LekkeSlaap het op ’n koue wintersnaweek ’n draai in dié Karoodorp gemaak om uit te vind waaroor die bohaai gaan. Ons het omtrent soos Karoo-royalty gevoel vandat … Lees “Voel soos Karoo-royalty by De Zeekoe Guest Farm”

Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis

deur Hennely Nel op 19 Junie 2019

Suid-Afrika bied soveel asemrowende natuurtonele in verskillende dele van die land dat ’n roetereis beslis op elke Suid-Afrikaner se emmerskoplysie moet wees. Van die mooie Moederstad, lowergroen Tuinroete, die Karoo se vergete vlaktes, tot die manjifieke Drakensberge ─ daar is ’n bestemming wat diep in elkeen van ons se hart sal kruip. Om jou te inspireer, … Lees “Kuier-kuier vanaf die Kaap tot die Drakensberg: ’n Roetereis”

Simonstad: Ontdek SA se Griekeland

deur Lisa Slippers op 12 Junie 2019

Is jy moeg vir bedrywige kusdorpe? Lus vir ’n uitstappie na ’n Suid-Afrikaanse Griekeland? Maak dan seker jy loop nie ’n betowerende vakansie in Simonstad mis nie. Simonstad is die ideale vakansiebestemming waar jy jou skoene kan uitskop en sorgeloos kan ontspan. Dié dorp lê rustig aan Valsbaai en spog met die Suid-Afrikaanse Vloot, vriendelike … Lees “Simonstad: Ontdek SA se Griekeland”

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium

deur Karli Durr op 5 Junie 2019

Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en … Lees “Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium”

Durf dié 5 Kort Staproetes aan

deur Chanté van Schalkwyk op 22 Mei 2019

Jeuk jou voete vir ’n avontuur in die buitelug? Was jy té lanklaas op ’n staproete of dalk nog nooit? Moenie kommer nie, LekkeSlaap het vyf kort staproetes reg oor Suid-Afrika vir jou emmerskoplysie gaan uitsoek wat jy beslis moet aandurf. Ons gee ook lekker wenke oor wat jy vir jou staproete moet saamneem! Krugerwildtuin … Lees “Durf dié 5 Kort Staproetes aan”

In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad

deur Altus Booysen op 15 Mei 2019

“Ek bring vir jou blomme, ek gee jou genot, ek leen jou my bicycle sonder ’n slot,” sing Koos Kombuis op sy album Elke boemelaar se droom. Dié lirieke spreek van tipiese Koos-romanse en ek het lank oor dié bekende liedjie getob. Toe tref dit my: In ’n hedendaagse Suid-Afrika is die volmaakte vorm van … Lees “In Dorpe sonder Slotte: ’n Fietsrit vanaf Vishoek na Simonstad”

’n Aand in die Eikestad

deur Willemien Engelbrecht op 29 April 2019

Of jy nou ’n student of ’n sakeman is, die Eikestad is vir jou beskore. Dié dorpie se faam mag dalk in die akademie gewortel wees, maar daar is ’n ander kant aan Stellenbosch wat enige oud-student in ’n toeris sal verander. Daar is winkeltjies om elke hoek en draai, straatjies wat onderdeur die eikebome … Lees “’n Aand in die Eikestad”

My voete loop na Wellington …

deur Karli Durr op 23 April 2019

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die … Lees “My voete loop na Wellington …”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]