Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Someraktiwiteite in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaap spog met lewendige landskappe, ’n ikoniese kuslyn en verkwikkende somerervarings. Soos die son die lug met sy goue warmte inkleur, word die Wes-Kaap ’n toevlugsoord vir diegene wat op soek is na ’n mengsel van natuurskoon en ontspanningsaktiwiteite vir die hele gesin. Van die goue strande van Kaapstad tot die welige wynlande van […]

8 Wonderlike wegbreke vir jou wittebrood

Dis alweer dáái tyd van die jaar – ja, trouseisoen het aangebreek. Dis amptelik tyd om maanskyn, rose en die liefde te vier en daarom het ons ’n rits verblyfopsies gekies waar dit beslis liefde met die eerste oogopslag sal wees! Of julle nou julle wittebrood in die berge, by die see of in die […]

Die Robertson-wynroete

Nie een nie, nie twee nie, maar 20 wynroetes in die Wes-Kaap! Dis reg, die Wes-Kaap is ’n wêreldbekende wynstreek wat met 20 unieke wynroetes spog en in hierdie blog vertel ons jou ’n bietjie meer oor die Robertson-wynroete in die Breederiviervallei. Hierdie streek, wat ook as die Vallei van Wyn en Rose bekendstaan, is […]

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad

Gee werk, wekkers en roetine jou ook ’n pyn? Dan is dit tyd dat jy uit die stad ontsnap! LekkeSlaap het ’n lys pragtige plaasverblyf buite Kaapstad saamgestel wat elke sak sal pas. As jy aan kantoorkoors lei, is hierdie die vakansieplekke wat jy verdien, want by hierdie prentjiemooi plaasverblyf wag ’n lekker rustige vakansie […]

Stellenbosch: kos, kuns en kuier

Suid-Afrika se tweede oudste dorp het ’n spesiale manier om besoekers te bekoor. Die Eikestad spog met kunsgalerye, restaurante en wynkroeë om elke hoek en draai. Hiér is iets vir elke keur en geur. Hiér in Stellenbosch kan jy jou verbeel jy sit in ’n systraatjie iewers in Europa agteroor, maar gelukkig is dit ietwat […]

Weskus-strandhuise vir groepe

’n Groepswegbreek aan die Weskus is altyd ’n goeie idee aangesien hierdie kuslyn die tuiste van beeldskone natuur, hope avontuur-aktiwiteite en ’n string besienswaardighede is. En wie kan ooit nee sê vir ’n lekker strandhuis waar jy soggens met ’n vars seebriesie kan wakker word? LekkeSlaap het ’n paar pragtige strandhuise gaan uitsnuffel waarheen jy, […]

Riebeek-Kasteel roep: ’n Kykie op kos, kelders, koffie en kultuur

My oupa was destyds die skoolhoof van Laerskool Riebeek-Kasteel en my ma en haar vier sibbes het natuurlik lekker amok gemaak in dié dorpie. My pa hou van ry, sommer net, en het ons op Sondae gereeld ná kerk in die kar gelaai en koers gekies binneland toe — die meeste van die tyd Riebeek-Kasteel […]

The Red Caboose: Kom slaap in ’n treinwa

Verlang jy terug na die dae van prentjiemooi treinritte tussen dorpe en stede? Hoe jy en jou gesin vir ’n paar dae tyd in ’n piepklein kamertjie deurgebring het op pad na jul bestemming? Dit mag dalk iets van die verlede wees, maar The Red Caboose net buite McGregor bied jou die geleentheid om ietwat […]