Soos gesien op Maroela Media.

Die meeste van ons trek die oomblik wanneer iemand iets van ’n plaasnaweek noem dadelik ’n kruisie op ons kalenders. Hetsy dit die nostalgie van eenvoud, die reuk van ’n Dover-stoof in die winter of die stil, oop vlaktes is, daar is iets omtrent die plaaslewe waarna almal smag.

So, as jy weer so van broodbak en bloekombome dagdroom, kyk gerus na dié lysie van ses selfsorg-plaashuise in die Karoo wat LekkeSlaap saamgestel het om jou plattelandse verlange te sus.

The Kliphuis

Twaalf kilometer buite Vanwyksdorp

The Kliphuis is in die Moose Valley Natuurreservaat sowat twaalf kilometer buite Vanwyksdorp. Dié plaashuis bied ’n pragtige uitsig vanaf die stoep oor die ongerepte vlaktes van die natuurreservaat en Grootrivier wat na die Gourits kronkel. Die huis word as ’n geheel bespreek en is dus die ideale wegbreekplek vir ’n groot gesin of ’n groep vriende! 

Slaapplek: 8
Braai: Binne- én buitebraaigeriewe
Doendinge op die perseel: Kunsvlieghengel, visvang, voëlkyk, fietsry, wildkyk, bergfietsry en swem

Uitsig Cottages 

Tussen Ladismith en Calitzdorp in die Hoeko-vallei

By Uitsig Cottages kan gaste tussen twee kothuise kies: Hemelrand en Gelukstroom. Elke kothuis het twee slaapkamers en ’n badkamer met ’n bad en ’n stort, en bied ’n lieflike uitsig op die Swartberge en oor die plaasdamme. Dis die ideale bestemming vir ’n paartjie wat na ’n romantiese wegbreek smag! 

Slaapplek: 9
Braai: Binnebraaigeriewe
Doendinge op die perseel: Visvang, voëlkyk, fietsry, begeleide wandelpaaie, bergfietsroetes en swem

Sangwe Touwsberg Private Game and Nature Reserve

Tussen Barrydale en Ladismith

Dié toevlugsoord is in die Touwsberg Privaat Natuur- en Wildreservaat geleë, sowat drie uur se ry vanaf Kaapstad. Die huis beskik oor drie slaapkamers en spog met ’n lekker kaggel in die ruim sitkamer. Daar is ook ’n plonspoel vir daardie warm dae in die Klein-Karoo! Buiten die verskeie doendinge, spog dit ook met asemrowende uitsigte oor die Klein-Karoo se vlaktes en op die berge.

Slaapplek: 7
Braai: Buitebraaigeriewe
Doendinge op die perseel: Voëlkyk, fietsry, wildkyk, bergfietsroetes en swem

The Place

Tussen Ladismith en Riversdal

Jy sal The Place in ’n afgesonderde vallei in die ongerepte Klein-Karoo vind. Verblyf word in twee losstaande eenhede, The Studio en Red Rock Cottage, gebied, en is ver van die hoofhuis en mekaar af. Elke eenheid het ’n privaat plonspoel op die stoep. The Studio het ’n snoesige houtvuur-stofie en bied ’n pragtige uitsig oor die Touwsriviervallei en op die omliggende berge. Die Red Rock Cottage skuil aan die voet van ’n pragtige rooisandsteenrif en die eerste kamer het ’n kaggel. 

Slaapplek: 8
Braai: Buitebraaigeriewe
Doendinge op die perseel: Voëlkyk, fietsry, bergfietsroetes en swem

Jakhalsdans Karoo Guest House, Farmstay and Safaris

Naby Loxton

Jakhalsdans Karoo Guest House and Safaris is op ’n plaas wat 13 000 hektaar beslaan en ’n groot verskeidenheid wild het wat gaste gerus te voet, te perd, per fiets of per wildrit kan besigtig. Daar is vier eenhede om van die kies, waarvan elk vir selfsorg toegerus is. Dit is die ideale wegbreekplek vir ’n gesin, met verskeie doendinge op die plaas soos voetslaan, bergfietsry, visvang, selfry-safari’s, watersporte én voëlkyk om te geniet.

Slaapplek: 21
Braai: Buitebraaigeriewe
Doendinge op die perseel: Perdry, visvang, voëlkyk, wildritte, wildkyk, bergfietsroetes en swem

Olive Stone Farm and Cottages 

Montagu

Praat van ’n unieke plaas-ervaring! Die klip waarvan dié drie kothuise gebou is, kom van die plase rondom Montagu en die huisies is sorgvuldig deur die eienaars self ontwerp en gebou. Elke kothuis het ’n lekker groot kaggel, en Daisy, die koei, se plaasmelk, suiwer olyfolie van die plaas se olyfbome, tee, koffie en suiker vir die eerste dag, en eiers, wanneer dit beskikbaar is, word voorsien. 

Slaapplek: 2 per kothuis
Braai: Buitebraaigeriewe
Doendinge daar naby: Perdry, wynproe, fietsry en swem

Word die rookmis, verkeer en verlange na eenvoud net te veel? Bespreek ’n heerlike plaas-wegbreek by een van dié luilekker plaashuise deur LekkeSlaap. Waarvoor wag jy? Die Karoo wag op jou!

Hooffoto: The Place (LekkeSlaap)