Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte en blink ogies langs die Kersboom, stel LekkeSlaap voor dat jy jou Kersinkopies by ’n nabygeleë Kersmark doen. By dié markies sal jy nie net oulike Kersgeskenke kan aanskaf nie, maar sommer ook gehaltetyd saam met die spesiaalste mense in jou lewe kan deurbring.

Wes-Kaap

Porterville Farmer’s Market, Porterville

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Porterville Farmer’s Market (@portervillemkt) on


Buiten al die plaaslike produkte en vriendelike gesigte, kan jy ook  aan ’n vinnige stap of draf op die plaas deelneem.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

Elke Saterdag van 09:00 tot 14:00
Houdconstant Plaas, Bassonstraat, Porterville
📞 084 049 5757

Gabriëlskloof Our Favourite Things Market, Botrivier

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Su Wolf (@sutroywolf) on


Daar is hierdie jaar 45 stalletjies ─ kom snuffel deur stylvolle, handgemaakte en tuisgemaakte geskenke vir die mense naaste aan jou.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

14 Desember van 17:00 tot 21:00, 15 Desember van 10:00 tot 18:00, 16 Desember van 10:00 tot 15:00
Gabriëlskloof Wynlandgoed, R43, Botrivier
📞 028 284 9865

Ek Lief Krismis-mark, George

 

View this post on Instagram

 

A post shared by ekliefkrismis market (@ekliefkrismis_market) on


Ons lief ook Krismis, en by die mark is daar geen tekort aan stalletjies nie. Juweliersware, klere, geskenke, speelgoed, dekor, smullekker eetgoed en deli-produkte is hier te koop.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

12 tot 22 Desember van 09:00 tot 18:00
Eden Place, Tuiste van Eden Gemeente, Knysnaweg, Kraaibosch, George
📞 072 331 4335

Langsdiebos Mark, Malmesbury

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Malmesbury Langsdiebos Mark (@malmesburylangsdiebos) on


Kom maak jou elke Saterdag by die plattelandse markie tuis en skaf gerus ’n paar eetgoed vir jou Kerstafel aan.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

Elke Saterdag van 08:30  tot 13:00
Baroccastraat, Malmesbury
📞 083 761 0422

Vir meer inligting oor markies in die Kaapse omgewing, kliek hier.

Gauteng

Bryanston Organic Market, Bryanston

 

View this post on Instagram

 

A post shared by BryanstonOrganic&NaturalMarket (@bryanstonorganicmarket_) on


Skitterende liggies en propvol stalletjies wag om die hele gesin by die feestelike Maanlig-markies te verwelkom. Daar is elke aand van 17:00 tot 19:00 ’n kinderteater, asook ander interessante doendinge om die jongspan besig te hou. Kaartjies is by die deur of op Quicket beskikbaar.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

Elke Donderdag en Saterdag van 09:00 tot 15:00
Maanlig-markies elke Dinsdagaand van 17:00 tot 21:00 tot 18 Desember
40 Culross-straat (langs die Hoofstraat), Bryanston, Johannesburg
📞 011 706 3671

Irene Village Market, Irene

View this post on Instagram

A post shared by Irenevillagemarket (@irenemarket) on


Hierdie bekroonde markie is bekend vir die Suid-Afrikaanse kuns en kunsvlyt wat daar te vinde is en bied vermaak vir die hele gesin. Kinders kan hulself by Acrobranch of op die Segway besig hou. As Ma en Pa bietjie murg in hulle pype het, kan hulle die bergfietsroetes aandurf. Woef is ook welkom, so niemand hoef tuis te bly om die Kersboom op te pas nie.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

Elke Saterdag gedurende November en Desember
The Big Red Barn, Nelsonstraat 7, Olifantsfontein
📞 060 9654894

Nickel Xmas Market, Pretoria

View this post on Instagram

A post shared by Kungwini Welfare Organisation (@kwo_org) on


Die Nickel Kersmark vier vanjaar sy agtiende bestaansjaar en elke jaar skep dit ’n magdom werskgeleenthede en fondse namens die Kungwini Welsynsorganisasie waar die mark gehou word. So, kom kuier hierdie jaar in die Jakarandastad en maak meer as net jou gesin se Kerskouse vol.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

24 tot 9 Desember van 09:00 tot 18:00
Plot 214, Graham Road, Silverlakes, Pretoria
📞 012 940 0221

KwaZulu-Natal

Shongweni Farmers Market, Hillcrest

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Shongweni Farmers Market (@shongweni_farmers_market) on


Local is beslis lekke, en dit is presies wat die span agter die Shongweni-mark probeer beklemtoon. Jy kan sommer jou weeklikse inkopies hier kom doen, met Wagter aan jou sy ─ maak net seker jy pak sy leiband en plastieksakkies in.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

06:30 tot 13:00 elke Saterdag in Desember en ook 16 en 17 Desember van 08:00 tot 13:00
Lot 457, MR551, Shongweni
📞 031 777 4686

The Litchi Orchard, Salt Rock

View this post on Instagram

A post shared by The Litchi Orchard (@thelitchiorchard) on


The Litchi Orchard maak staat op ’n baie eenvoudige formule: Handgemaakte produkte, lipleklekker kos en drankies, Moeder Natuur, hope spasie en lewendige musiek. Gaan loer self hoekom hulle een van die gewildste markies in die omgewing is.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

Makers Market 8 Desember van 09:00 tot 13:00
Nagkersmark 21 Desember van 17:00 tot 21:00
Seaforth Avenue, Salt Rock
📞 032 5255 118

I Heart Market,  Durban

View this post on Instagram

A post shared by I Heart Market (@iheartmarket) on


Topgehalte plaaslike produkte, geselsies met ou vriende, smullekker happies en ’n ontspanne atmosfeer wag by dié interessante markie.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

8, 15 en 22 Desember van 09:00 tot 14:00
Moses Mabhida-stadion, Durban
✉️ info@iheartmkt.com

Piggly Wiggly Christmas Market, Howick

View this post on Instagram

A post shared by Piggly Wiggly (@pigglywigglymidlands) on


Smul aan die heerlike verskeidenheid kosse en produkte, snuffel in die winkels rond, laat Boet en Sus op die miniatuur-stoomtrein ry of kyk of varke regtig kan vlieg by die Piggly Zip ─ daar is werklik iets vir almal.

Klier hiér vir verblyf naby die markie.

8 Desember van 09:00 tot 17:00
1 Darglestraat, Howick
📞 033 234 2911

Oos-Kaap

The Valley Market, Port Elizabeth

 

View this post on Instagram

 

A post shared by The Valley Market – PE (@valleymarketpe) on


’n Ingangsfooi van R20 moet betaal word en gaan aan Love Story – Go And Do The Same ’n organisasie wat hierdie feesseisoen honderde mense gaan voer. Vat ’n blikkie kos saam wanneer jy die markie besoek, en los dit in die boks by die ingang ─ dan vul jy jou Kerskous met ’n goeie daad of twee.

Kliek hiér vir verblyf naby die markie.

8 Desember van 16:00 tot 21:00
Chicky’s Yard, Alabasterstraat, Port Elizabeth
📞 079 444 5666

 

Het jy ’n gunsteling-markie? Laat weet ons gerus sodat ons dit op die lysie kan sit en dalk nog self ’n draai daar kan maak.

Hooffoto: Gabrielskloof Wines