Het jy al ooit oor ’n vakansiebestemming gedroom wat net ’n bietjie té ver is om heen te ry? Of beplan jy al jare lank aan ’n opwindende wegbreek oorsee? Dan het ons baie goeie nuus: LekkeSlaap stel met trots LekkeVlieg bekend — ’n splinternuwe vlugbesprekingswebtuiste waarop jy nou ook vlugte kan bespreek! Dié webtuiste is deel van ’n maatskappy wat meer as tien jaar se ondervinding in die reisbedryf het en ’n veilige en betroubare reismaat vir duisende Suid-Afrikaners is.

Hierdie nuwe webtuiste laat jou toe om vlugte volgens jou begroting en voorkeure te soek, te vergelyk en te bespreek, en dit alles in Afrikaans! Ons werk saam met die onderskeie lugrederye om die regte vlug vir jóú te vind. Die uitslae word volgens die goedkoopste opsies rangskik en jy kan die vroegste of laatste vertrektyd, bepaalde lugredery én lughawens kies.

Sodra jy die ideale vlug gevind het kan jy die maklike stappe volg om te bespreek en te betaal. Jy kan via EFT of kredietkaart betaal en albei betaalopsies is veilig en betroubaar. Die beste van alles is dat daar geen versteekte kostes betrokke is nie ─ dit wat jy sien is wat jy betaal. LekkeSlaap bied ook vriendelike vlugagente wat jou deur die proses sal help.

Jy kan ook nou met daardie langverwagte oorsese vakansie gaan! LekkeVlieg laat jou toe om plaaslike én internasionale vlugte te bespreek. Van Durban tot Dubai, Kaapstad tot Kanada, of Port Elizabeth tot Portugal ─ LekkeSlaap Vlugte sal jou daar kry!

En moenie van ons meer as 24 000 instansies regoor Suid-Afrika en Namibië vergeet nie — jy kan nou jou verblyf én vlugte op een plek bespreek!

Dink jy al aan die volgende bestemming waarheen jy kan vlieg? Dan moet jy nie gras onder jou voete laat groei nie ─ besoek LekkeVlieg dadelik om jou volgende vlug na enige plek in die wêreld te bespreek! Om ’n vlug te bespreek was nog nooit só maklik nie.

Hooffoto: Bigstock