Die wintervakansie is die perfekte tyd om ’n paar boeke op jou lang leeslys af te merk. Ons alledaagse lewe is só besig met kinders en skool, werk en na-uurse verpligtinge dat ons eenvoudig nie by al die lekker leesboeke uitkom nie … En so word jou lysie al hoe langer.

Hoekom maak jy nie dié wintervakansie ’n leesvakansie nie? LekkeSlaap het ’n lekker verskeidenheid blyplekke waar jy sommer heerlik kan ontspan met ’n boek uit hul eie biblioteek.

1.1copperhouse manor1

Ontsnap uit die winter se kloue by dié beeldskone instansie in die Wesrand. Dis ’n lieflike ou herehuis naby Lanseria Lughawe waar jy jou aandete voor die knetterende kaggelvuur in hul groot biblioteek met sy houtpaneel-afwerkings kan geniet. Dié biblioteek spog met ’n lekker verskeidenheid boeke wat dit ideaal maak vir ’n leesvakansie!

Copy of 700px x 465px – Untitled Design

2.1shady creek1

Shady Creek Cottage se rustige en pragtige ligging, net vyf minute buite Bonnievale, maak dit ideaal vir ’n winterwegbreek. Dié kothuis is teenaan die river geleë en bied asemrowende uitsigte oor die Breederivier. Die ruim leefarea het ’n groot eetkamer waar jy saam met jou gesin kuier en ’n biblioteek vol boeke, tydskrifte en speletjies met iets vir elke lid van die gesin. Verder is daar ’n gesellige sitkamer met ’n Jetmaster, ’n slaapbank en ’n TV met ’n DStv-hotelpakket.

4.1 kliprand2

Kliprand Guesthouse is in die pragtige dorpie Springbok in die Noord-Kaap geleë. Maar dis nie net die perfekte oornagplek op die N7-hoofroete tussen Kaapstad en Namibië nie ─ dié gastehuis het ook ’n gerieflike gemeenskaplike leefarea met ’n biblioteek. Hiér kan jy sit en ontspan met ’n lekker boek in die hand. Kies uit hul reeks storieboeke, atlasse en leer meer oor die omgewing, óf jy kan saam met jou gesin ’n bordspeletjie aanpak.

kliprand1 5.1wild horses2

Wild Horses Lodge is in die Sterkfontein Natuurreservaat teen die voorheuwels van die Drakensberg-platorand geleë en bied ’n beeldskone en romantiese wegbreekplek met panoramiese uitsigte oor die majestueuse Platberge. Dié luukse lodge het ’n sitkamer met ’n privaat biblioteek en boonop ook ’n volledige wynkelder! Kom verlustig jou in dié gesellige atmosfeer.

wild horses13.1valley rainbow1

Is jy ’n natuurliefhebber? Dan is Valley of the Rainbow Estate nét die plek om te besoek, hetsy in die winter of die somer. Dié pragtige herehuis het ’n ruim sitkamer met ’n kaggel vir koue winteraande, ’n kroeg, ’n eetkamer en ’n TV. Kies ’n boek uit hul biblioteek en ontspan voor die kaggel in die eetkamer terwyl jy ’n heerlike glas wyn geniet. Hul biblioteek bevat lekker boeke met inligting oor die voëls, wild en geskiedenis van die area. 

valley rainbow26.1 kloppenheim2

Dié lieflike wegbreekplek is in die hartjie van die Highlands Meander geleë en is naby Machadodorp en Dullstroom op pad na die Krugerwildtuin. Kom ontspan dié vakansie in die hoof-lodge se lieflike biblioteek en groot, gemeubileerde sitkamer met ’n TV waar jy gesellig voor die kaggel kan kuier. Daar is ook ’n spa as jy jouself ’n bietjie wil bederf! Die biblioteek bied ’n paar lekkerlees storieboeke en tydskrifte waar jy meer kan leer oor doendinge in die omgewing, soos kunsvlieghengel.

kloppenheim17.1raptor retreat2

Ontsnap dié winter na Raptor Retreat Game Lodge met sy lieflike sitkamer en kaggel waar jy heerlik kan sit en ontspan op hul gemaklike leer-rusbanke en ’n boek uit hul biblioteek kan lees. Dié instansie spog met ’n volgepakte biblioteek met meer as 200 boeke, van speurverhale tot romans, wetenskapsfiksie en boeke oor die voëls, slange en diere in die omgewing. Jy sal ure hier kan deurbring met  ’n hele rits boeke en hope bordspeletjies.

Copy of 700px x 465px – Untitled Design

Daar is ook volledige DStv en ’n groot verskeidenheid DVD’s vir minder leesgieriges. Die lodge se dek bied beeldskone uitsigte oor die oop vlaktes waar troppe wild rustig wei of hul dors by die watergat les.

raptor retreat18.1baviaanshoek1

Jy kan ook jou wintervakansie in dié privaat selfsorghuis in Keurboomstrand, Plettenbergbaai, deurbring. Die huis word omring deur fynbos en pragtige, ongerepte natuurskoon. Gedurende die kouer wintermaande kan jy luilekker op die gemaklike rusbanke voor die kaggel uitspan of net lekker in die biblioteek sit en lees. Die sitarea het ’n TV met DStv en ’n DVD-speler en gratis WiFi is ook beskikbaar.

baviaanshoek39.1tenahead1

Dié beeldskone lodge word omring deur die bergreservaat met die hoogste ligging in Suid-Afrika. Die lodge is in ’n afgesonderde omgewing versteek waar drie bergreekse ontmoet – die Drakensberge, die Witteberge en die Malutiberge.

tenahead2

Buiten hul sewe luukse en suite-slaapkamers met kaggelvure wat dwarsdeur die winter brand, bied dié 5-ster-lodge ’n lieflike, uitgebreide biblioteek met sowat 2000 boeke oor die geskiedenis van Suid-Afrika, reis en inheemse wild. Verder is daar ook drie woonkamers, ’n ontbytkamer en ’n eetsaal.

tenahead310.1bib2

Dié 4-ster-lodge lê in die buitewyke van Paarl tussen wingerde met ’n pragtige uitsig op Paarlberg. Hul eie biblioteek bied ’n lekker verskeidenheid boeke wat storieboeke, reisjoernale, voëlboeke en tot boeke vir inspirerende boeke. Daar is ook speletjies soos Pictionary, speelkaarte, woordspeletjies en Monopoly.

Library

Elk van hul ses pragtige slaapkamers het ’n keur tydskrifte en selfs nóg meer om van te kies in die biblioteek self. En vir die ekstra-koue aande het elke kamer ’n platskerm-TV met DStv, lugversorging, koffiemaakgeriewe en gratis WiFi. ’n Volledige ontbyt is ook by die tarief ingesluit.

nuwerus2 11.1

As ’n spesiale ekstra het ons ook die Kimberley Anne Small Luxury Hotel gekies wat spog met ’n kussing-biblioteek vir ’n snoesige winterwegbreek!

kimberley ann2

Dié hotel spog met ‘n unieke ontwerp en 16 suites wat elk ingerig is met eiesoortige meubels en dekor. Verder het elke kamer ook vinnige internet, ’n slim-TV en ’n snoesige bed waarin jy in die wintermaande lekker warm kan opkrul.

kimberley ann1

Die beste deel van jou kuier by dié hotel is natuurlik dat jy jou eie kussing uit die groot versameling in hul kussing-biblioteek kan kies! Dit is spesiaal ontwerp sodat jy heerlik sal slaap en lekker kan droom.

kimberley ann3

Het jy nog nie planne vir dié wintervakansie nie? LekkeSlaap bied allerhande opsies vir ’n lekker leesvakansie, hetsy vir ’n paartjie, gesin of groep wat saam wil wegbreek. Kliek gerus hier vir nog lekker blyplekke!

– Foto’s: Alle foto’s is vanaf die instansies se LekkeSlaap-profiele tensy anders aangedui.
– Hooffoto:  Nuwerus Lodge