Internasionale Mandela-dag is om die draai en LekkeSlaap nooi jou om op 18 Julie nét 67 minute van jou tyd af te staan ter herdenking van Nelson Mandela se 67 jaar lange stryd om geregtigheid. Dié 67 minute fokus veral daarop om armoede te verlig (#actionagainstpoverty) en om wêreldwye verandering te bewerkstellig. Vanjaar se Mandela-dag is ietwat meer besonders omdat 18 Julie 2018 Mandela se honderdste verjaarsdag (#BeTheLegacy) sou wees. Ons is egter nie nét van hom afhanklik om ’n verskil te maak nie, want nes hy het jy óók die mag om ons land te inspireer! LekkeSlaap het gaan loer na talle museums en monumente wat na Mandela vernoem is en help jou ook tjoef-tjaf met 10 idees hoe jy jóú 67 minute kan bestee om Mandela-dag (#Mandeladay) te bevorder.

What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead Nelson Mandela

Nelson Mandela-gedenksentrum

Die Nelson Mandela-gedenksentrum op die Houghton-landgoed in Johannesburg, is deur Mandela gestig en hy het ná sy presidentskap daar gewerk. Dis waar die nieregeringsorganisasie, die Nelson Mandela-stigting, help om geleenthede, beurse en hulpbronne aan gemeenskappe te bied. Dié fonds bewaar vandag Mandela se nalatenskap en sy lewenslange visie van vryheid en gelykheid vir almal. Mandela-dag is deur die Nelson Mandela-stigting begin en donasies aan die fonds kan op hulle webtuiste gemaak word.

Alexandra

A post shared by Sara Boutin (@swat1227) on

Alexandra is die township waar Mandela gewoon het toe hy van die Oos-Kaap af na Johannesburg getrek het. Die Nelson Mandela Yard Interpretation Centre, rég oorkant die woning, het ’n toeriste-inligtingskantoor, restaurant en kleinhandelwinkels. Vandag is dit ’n Erfenisgebied en bied talle werksgeleenthede aan die plaaslike inwoners.

Liliesleaf-plaas

A post shared by goberholzer (@goberholzer) on


Liliesleaf-plaas in Rivonia, die noorde van Johannesburg, was in die geheim deur ANC-aktiviste gebruik. Dis ook waar sommige van dié party se prominente leiers in hegtenis geneem is, en het daarna tot die Rivonia-verhoor gelei. Dié plaas is vandag ’n museum en wêreldbekende Erfenisgebied ter nagedagtenis aan diegene wat vir Suid-Afrikaners se vryheid geveg het.

Nelson Mandela-plein

A post shared by Avi Sehmi (@avisehmi) on

Die voormalige Sandton-plein grens aan die Sandton City Mall in Sandton, Johannesburg. Dis in 2004, ná die eerste dekade van ’n demokratiese Suid-Afrika, opgerig om die hoop vir ’n beter Suid-Afrika te vier. Die naam is verander na die Nelson Mandela-plein en is die eerste openbare standbeeld van Mandela.

Nelson Mandela-brug

Die Nelson Mandela-brug, wes van Johannesburg-parkstasie, verbind Braamfontein en Newtown, en simboliseer hoe Nelson Mandela Suid-Afrikaners verenig het. Dis in die hartjie van Johannesburg en verbind ook belangrike kulturele instellings, soos die Konstitusionele Hof, Johannesburg Teater-kompleks met ’n teater vernoem na Mandela, Wits Universiteit, Mary Fitzgerald-plein, en die Markteater!

Kanseliershuis

Die Kanseliershuis is in Ferreirasdorp in Johannesburg se sakekern geleë. Die regsfirma waar Nelson Mandela en Oliver Tambo gewerk het was in dié gebou. Die firma was die eerste regsfirma met swart prokureurs en het ook die ANC befonds. Die gebou se onderste verdieping dien nou as ’n vryheidstrydmuseum. Baie van die uitstallings is deur die vensters van die museum sigbaar, sodat almal wat verby die gebou stap meer oor Mandela en Tambo kan leer. Mandela, as jong bokser, staan groot en sterk buite dié gebou.

Kliptown

Kliptown is ’n Erfenisgebied in Soweto, Suidwes-Johannesburg. Dit was die Kongres van die Mense se vergaderplek waar 3 000 Suid-Afrikaners saam die Vryheidsmanifes ontwikkel het. Afgevaardigdes, ongeag ras, ouderdom of sosiale status, het hiér ’n kans gekry om die manifes te bespreek. Dit sluit aktiviste soos Nelson Mandela in ─ hy was na bewering as ’n melkman vermom om die polisie te vermy. Die Grondwet is op dié manifes gebaseer. Dis vandag ’n markplein, Walter Sisulu-plein, en bied winkels, ’n hotel, kantore en ’n museum met inligting oor die Vryheidsmanifes.

Nobel-plein

Nobel-plein in die V&A Waterfront in Kaapstad is ’n huldeblyk aan Suid-Afrika se vier Nobelvredesprys-wenners wat Nelson Mandela insluit. Dié standbeelde weerspieël die vrede, vryheid en nuwe identiteit van Suid-Afrika as ’n demokrasie.

Mandela-huis

Die Nelson Mandela Nasionale Museum, wat in die volksmond as Mandela-huis bekendstaan, is in Orlando-Wes, Soweto, geleë. Mandela het lank hiér gewoon en het nadat hy uit die tronk vrygelaat is weer vir elf dae na dié huis teruggekeer en geskryf “That night I returned with Winnie to No. 8115 in Orlando West. It was only then that I knew in my heart I had left prison. For me No. 8115 was the centre point of my world, the place marked with an X in my mental geography”Mandela het die huis aan die Soweto Erfenistrust geskenk om in ’n herinneringsmuseum te omskep en dis vandag ’n Nasionale Erfenisgebied.

Robbeneiland

A post shared by Laekin Travels (@laekintravels) on

Robbeneiland is ’n eiland in Tafelbaai naby die Kaapse kus. Mandela was agtien van sy sewe-en-twintig jaar hiér in die tronk. Vandag is dit ’n Erfenisgebied wat deur middel van ’n veerboot besoek kan word. Die museum op die eiland sluit Mandela se tronkkamer in en is ter herinnering aan die eiland se hartseer geskiedenis, maar ook Mandela se geesdrif in sy strewe om onderdrukking te oorwin en ’n demokrasie te bevorder!

Mandela Museum

A post shared by Vuyelwa Mvandaba (@vuyelwa_vm) on

Die Mandela Museum is waar Mandela sy kinderjare in Qunu in die Oos-Kaap deurgebring het. Die sentrum is op die laerskool waarin Mandela was se gewese gronde opgerig. Dis ook baie na aan die huis wat hy gebou het nadat hy uit die tronk vrygelaat is. Vandag is daar gemeenskapsale, geboue vir handwerkwinkels, ’n administrasiesentrum, eetsaal, die museum, ’n hulpbronsentrum, restaurant en sportsale op die perseel.

Plek van Gevangeneming

A post shared by Hello Durban (@hello_durban) on

Mandela is in Howick in die KwaZulu-Natalse Middelande in hegtenis geneem en ’n monument is op dié plek (Capture Site) opgerig ter ere aan hom en sy enorme invloed op Suid-Afrika. Daar is ook ’n museum, Truth-kafee, opvoedkundige- en konferensiesentrum, en handwerkwinkels op die perseel wat talle werksgeleenthede aan die gemeenskap bied.

Naval Hill

’n Groot standbeeld van Mandela staan hoog op Naval Hill in Bloemfontein. Dié koppie is die enigste wildreservaat in die wêreld wat in die middel van ’n stad geleë is. Die heuwel is gekies ter herinnering aan Mandela se woorde: I have walked that long road to freedom. I have tried not to falter; I have made missteps along the way. But I have discovered the secret that after climbing a great hill, one only finds that there are many more hills to climb”. Daar is ook ’n planetarium op Navel Hill en ’n restaurant sal binnekort oopmaak.

Uniegebou

A post shared by Steven Cheng (@hungyu84) on

By die Uniegebou in Pretoria staan nóg ’n standbeeld van Mandela ─ die hoogste een! Sy hande is uitgestrek om die nasie te omhels en sy een voet gee ’n tree om te simboliseer dat die nasie vorentoe beweeg. Die standbeeld was onthul op Versoeningsdag, ’n openbare vakansiedag, ter herdenking aan die einde van apartheid. Die onthulling was tien dae ná Mandela se dood op 5 Desember 2013, dieselfde hoeveelheid dae wat tradisioneel vir rou gebruik word.

Parlement

A post shared by Jeff (@jaqbequick) on

Die Parlementsgebou in Kaapstad se Kompanjiestuin is waar Mandela as president talle toesprake, insluitend sy 100 dae-toespraak, gelewer het. Tussen dié mure was die Grondwet opgelewer, en die teenwoordigheid van vroue het drasties toegeneem. Vandag het die publiek ook toegang tot die gebou.

Kaapstad Stadsaal

A post shared by Inospace (@inospaceza) on

In Februarie 1990, net ure na Mandela se vrylating uit die tronk, het hy sy heel eerste openbare toespraak vanaf die stadsaal se balkon op die Grand Parade in Kaapstad gelewer. Sy woordeI stand here before you not as a prophet but as a humble servant of you, the people” herinner ons almal om nederig te bly en om ook in diens tot die bevordering van ons land en mense te wees.

67 Minute

Nelson Mandela het homself in diens van elke Suid-Afrikaner gestel, en Mandela-dag plaas dié positiewe taak nou in jou hande! Klere-, kos-, geld- en tyddonasies kan ’n groot verskil maak. LekkeSlaap het 10 idees vir waar en hoe jy jou 67 minute kan deurbring:

Die pad na vryheid hoef nie lank te wees nie ─ as almal saamwerk kan 67 minute ’n groot verskil maak!

 “You have a limited time to stay on earth. You must try and use that period for the purpose of transforming your country into what you desire it to be”Nelson Mandela

Vind ’n saak wat na aan jou hart lê, een wat jy graag sal wil ondersteun en bespreek deur LekkeSlaap verblyf naby die gebeurtenis.

 Hooffoto: Nelson Mandela deur Gareth Milner (Flickr)