Dié tyd van die jaar trek die Jakarandastad weer sy pers jassie aan. Die violetkleurige bloeisels wat in Oktober en November oral gestrooi lê en die strate in sprokiestonnels omskep, maak Pretoria ’n uitstekende naweekbestemming vir liefdesduifies. LekkeSlaap het ’n paar romantiese doendinge gaan soek waarmee paartjies ’n dag of twee in dié stad kan vul.

Vroeg uit die vere ─ Boeremark!

 

View this post on Instagram

 

A post shared by RoxanneThorley (@roxannethorley) on

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Lethabo masinga (@lenalee3) on

Die oggendstond het goud in die mond, so klok sommer al na 5:00 by dié feestelikheid in. Wat is dan nou meer romanties as om met ’n koppie koffie en pannekoek in die hand die son saam te sien opkom? Vars groente, vleis, boerebederfies, soos koeksisters en kaiings, en knetterende vuurtjies sal net die regte bui aanwakker om die dag in mekaar se geselskap belowend te maak!

Snuffel rond vir tierlantyntjies by Duncan Yard

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Katrina Krotoa Arends (@katzykit) on

Wanneer die son al effe hoër sit, is dit tyd om dié inkopie-arkade se stegies te verken. Dis veral aan te bevole vir paartjies wat inspirasie vir die groot dag soek! Loer gerus in by die juwelier, eklektiese trourokboetiek en fotografie-ateljee. Sit daarna by die sonderlinge deli aan vir ’n laatoggend-versnapering om oor die oggend se gebeure te besin voordat julle julle romantiese avontuur voortsit.

Blue Crane Restaurant

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Lebold Lifestyle (@leboldlifestylecreations) on

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Ruschka Becker (@ruschkabecker) on

Dié gesellige eetplek is op ’n dam in ’n voëlreservaat waar gaste saam met ’n smaaklike ete ’n menigte voëlspesies se doen en late kan dophou. Spyseniering kan hier gedoen word vir enige geleentheid waaraan jy kan dink, van boma-spitbraaie tot teepartytjies. Daar is ook ’n afgesonderde “voëlskuiling” wat eksklusief vir intieme groepfunksies of ’n romantiese ete bespreek kan word ─ iets om in gedagte te hou!

Namiddag-wandel by die Uniegeboue

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Hirofumi Mizuta (@kuroihito1978) on

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Willie Malherbe (@crazyherb) on

Hierna is dit tyd om koers te kies na Pretoria se beroemdste baken met sy ruim terras-tuine waaroor ’n reusestandbeeld van Mandela met uitgestrekte arms waak. Tuur saam oor die Jakarandastad se pers strate en die Voortrekkermonument in die verte.

Musiek en wyn by Die Blou Hond

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Gigbook ZA (@gigbook.za) on

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Nolan Govender (@nomadic_nolan12) on

Teen dié tyd trek die son al water, so maak seker julle is betyds wanneer Die Blou Hond om 18:00 sy deure vir die aand open. Die elegante Casa Toscana Lodge dien al sedert 2014 as venue vir dié restaurant-teater met sy lewendige atmosfeer. Na ’n dag in mekaar se geselskap kan julle nou net agteroor sit met ’n heerlike aandete en glasie wyn en ’n bietjie plaaslike talent geniet.

Hier is ons top-keuses vir romantiese verblyf in die Jakarandastad:

Kleinkaap Boutique Hotel ─ Centurion

Dié luukse hotel met sy houtvloere spog met ’n ouwêreldse flair, ideaal vir ’n romantiese geleentheid!

Kleinkaap Boutique Hotel Kleinkaap Boutique Hotel

Monte De Dios ─ Pretoria-Oos

Dié Spaanse villa teen die hange van ’n berg bied ’n pragtige uitsig oor ’n perdelandgoed!

Monte De Dios Monte De Dios

French Manor ─ Moreletapark

Beleef ’n stukkie Franse bekoring in dié herehuis met sy deftige sitkamers!

French Manor French Manor

Moroccan House ─ Menlopark

Die Marokkaanse disse, lanterns en kleurskakerings bied die geleentheid om net so ’n ietsie anders te ervaar.

Moroccan House Moroccan House

Osborne House ─ Brooklyn

Pretoria is ’n statige stad, so verblyf in ’n statige Edwardiaanse huis uit 1904 is gepas!

Osborne House Osborne House

Hier is nog ’n paar romantiese verblyf-opsies in die Jakarandastad:

Hotel 224 | The Woodpecker Inn | Waterhouse Guest Lodge

Spring gou voor die jakarandabloeisels verdwyn en bespreek nóú jou romantiese wegbreek in Pretoria!

Hooffoto: Beatrice Murch (Flickr)