Soos gesien op Maroela Media.

Daar is niks so lekker soos om die gesin met ’n wegbreek by die see, in die berge of op die plaas te bederf nie, maar dit is nie altyd maklik om die kroos besig te hou wanneer julle met vakansie is nie! Daarom het LekkeSlaap dié lys van die lekke’ste kindervriendelike wegbreke reg oor die land opgestel. Loer in by dié plekkies waar daar oorgenoeg is om te doen vir elke lid van die gesin.

Oppi Plaas by die See, Wes-Kaap

As julle op soek is na ’n plaaswegbreek, maar tog naby die strand wil wees, is Oppi Plaas by die See nét die plek! Dié eenhede is op ’n plaas in Stilbaai geleë en geskik vir twee tot vyf gaste. Steek ’n braaivleisvuurtjie aan terwyl die kinders besig is om een van die talle doendinge op die plaas geniet. Die eenhede is vir selfsorg geskik, so ná ’n lang dag vol plaasdoendinge kan julle heerlike etes saam voorberei.

Doendinge vir die kinders: perdry, donkies en perdjies borsel, perdekoetsritte, fietsry en perdryritte in die veld vergesel deur ’n gids
Geriewe en ander doendinge: troeteldiervriendelik, gratis WiFi, braaiplek en ’n skoonmaakdiens op versoek

Kliek hiér om in te loer. 

Dinokeng Resort, Gauteng

Dinokeng Resort is in die buitewyke van die Dinokeng Wildreservaat, net 45 kilometer noord van Pretoria op die N1 geleë. Hiér kan julle tussen B&B- en selfsorg-eenhede, asook 90 kampstaanplekke kies! Kom raak weer rustig langs die kampvuur, vertel ’n paar kampstories vir die jongspan of bring gehaltetyd saam in die pragtige kombuise van die selfsorg-eenhede deur.

Doendinge vir die kinders: swem, waterwurms, trampoliens, pieknieks en ’n klimraam
Geriewe en ander doendinge: ’n spa, braaiplek, kroeg, voëlkyk, bergfietsry, gratis WiFi en ’n daaglikse skoonmaakdiens

Kliek hiér om in te loer.

Areena Riverside Resort, Oos-Kaap

Areena Riverside Resort is aan die oewer van die Kwelera-getyrivier aan die begin van die Wildekus geleë en is ideaal vir diegene wat gehalte-gesinstyd saam in die natuur wil deurbring. Kom span uit in ten volle toegeruste selfsorg-eenhede of kies een van die hout-chalets op die rivieroewer.

Doendinge vir die kinders: swem, bootvaarte na die riviermond en strand, speletjieskamer, kanovaarte, Zipline en verfbal by die avontuursentrum
Geriewe en ander doendinge: braaiplek, kroeg, vierwielsafari’s en ’n daaglikse skoonmaakdiens

Kliek hiér om in te loer.

Bushman’s Nek, Kwa-Zulu Natal 

Om ná ’n kuier by Bushman’s Nek op te pak, is nie maklik nie. Dié oord voer gaste weg na ’n wêreld van rus en vrede in die skilderagtige Drakensberge. Hier kan julle tussen ’n verskeidenheid luukse hotelkamers en selfsorg-chalets en -houthuisies kies. Van heerlike etes by die Bush Pot Restaurant (die kerrie is veral lekker) tot heeldag besig wees met al die sportgeriewe ─ dié oord is ’n plek waar jy weer gehaltetyd saam met jou gesin kan deurbring.

Doendinge vir die kinders: swem, perdry, fietsry, tafeltennis, TV-speletjies, speelkamer en mini-gholf
Geriewe en ander doendinge: Jacuzzi, rolstoelvriendelik, braaiplek, restaurant, gratis WiFi, tennisbaan en muurbalbaan

Kliek hiér om in te loer.

ATKV Klein Kariba, Limpopo

ATKV Klein Kariba is in een van die Waterberg se mooiste klowe net buite Bela-Bela geleë. Of jou gesin mal is oor kamp of eerder ’n luukse woonstel verkies ─ hiér is daar oorgenoeg opsies om van te kies. Dit is ook die ideale vertrekpunt vir dagtoere om die omgewing se besienswaardighede te verken.

Doendinge vir die kinders: swem, speletjieskamer, perdry en fietsry
Geriewe en ander doendinge: restaurant, DStv, wildkyk en visvang

Kliek hiér om in te loer. 

First Group Magalies Park, Noordwes

First Group Magalies Park in Hartbeespoort bied aan jou en jou gesin ’n ontspanne wegbreek uit die stad. Kuier en braai op jou eenheid se stoep terwyl die jongspan op die groen gras voor jou eenheid baljaar. Sluit ’n lang dag af deur ’n behandeling by die spa te geniet of bederf jouself met ’n smaaklike ete by die restaurant.

Doendinge vir die kinders: swem, vierwielmotorfietsry, mini-gholfspeel, perdry en roei
Geriewe en ander doendinge: kinderoppasser, wasgoeddiens, Jacuzzi, gratis WiFi, braaiplek, skoonheidskliniek en kombuisgeriewe

Kliek hiér om in te loer.

Misty Mountain, Mpumalanga 

Misty Mountain is ’n Suid-Afrikaanse Natuurerfenisgebied en nét waar jy wil wees as jy mal is oor natuurskoon en uitsigte oor die Laeveld. Elke eenheid het ’n privaat stoep, braai-area en word daagliks skoongemaak. Hier is eenhede vir vier, ses of sommer tien gaste! Die tariewe sluit ontbyt in, behalwe as julle in die plaashuis wil bly ─ dan kan julle kos na hartelus in die kombuis kook. Pak julle tasse en kom rus ’n slag!

Doendinge vir die kinders: Long Tom Toboggan, begeleide vierwielmotorfietsroetes en swem
Geriewe en ander doendinge: staproetes, visvang, voëlkyk, braaiplek, kroeg, speletjieskamer, restaurant en kinderoppasser

Kliek hiér om in te loer. 

Wyndford Holiday Farm, Vrystaat

By Wyndford Holiday Farm sal die ouers nét soveel, indien nie meer, pret as die kinders hê. Dit is in Caledonspoort geleë en die tariewe sluit drie etes per dag in. Hiér kan jy weer aan jou verhouding met jouself, die mense in jou lewe en die natuur te bou.

Doendinge vir die kinders: swem, tennis, perdry, Zipline, sewe grotte om te verken en boomhuise
Geriewe en ander doendinge: rolbal, bergfietsry, staproetes en begeleide staptogte

Kliek hiér om in te loer.

Khamkirri, Noord-Kaap

Khamkirri is prettig, pragtig en die ideale plek vir jou om te stop op die bekoorlike Noord-Kaap te verken. Hiér wag skoon en gerieflike verblyf in selfsorg-eenhede of kampstaanplekke met asemrowende rivier-uitsigte op jou. 

Doendinge vir die kinders: swem, roei, fietsry en wildkyk
Geriewe en ander doendinge: braaiplek, rolstoelvriendelik, troeteldiervriendelik, kroeg, WiFi, wasgoeddiens, restaurant, ’n daaglikse skoonmaakdoens, riviervlotvaart en visvang

Kliek hiér om in te loer.

Moenie op jou laat wag nie! Bespreek sommer nou een van hierdie lekke plekke wat vir pret en plesier vir die hele gesin sal sorg! 

Hooffoto: First Group Magalies Park op LekkeSlaap