Suid-Afrikaners is besonder trots op hulle land se fauna, flora, kulturele erfenis en  beeldskone natuur ─ en met goeie rede! Daarom is SANParke gestig om te verseker dat dít behoue sal bly. LekkeSlaap wil jou graag wys waar en hoe jy jou volgende vakansie in of naby een of meer van dié parke regoor die land kan deurbring.

1. Addo-Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap

Hierdie park is in 1931 gestig om die oorblywende 11 olifante te beskerm. Alhoewel dit ’n olifantpark genoem word, is dit nie ál dier wat jy hier gaan sien nie. Dié park is vol ander soogdiere, reptiele, amfibieë, voëls, plantegroei en ’n rits doendinge ─ die ideale wildwegbreek vir die hele gesin!

Ingangsfooi: Volwassenes: R62 p.p.p.d. | Kinders: R31 p.p.p.d.
Kantoorure: 07:00 tot 18:00
Doendinge: Voetslaan, perdry, wildritte, 4×4-avonture en voëlkyk
Geriewe: Restaurant, kunsvlytwinkel, piekniek, braai en swembad.
Verblyf: Addo Nasionale Park; Groter Addo; Colchester
Kontaknommer: 042 233 8600

2. Agulhas, Wes-Kaap

As jy lief is vir die see, dan is dié bestemming ’n puik idee! Kaap Agulhas neem jou op ’n reis na die mees suidelike punt van ons land waar jy die gedruis van die see, heerlike vis en tjips, en die pragtige fauna en flora opnuut kan waardeer.

Ingangsfooi: Volwassenes: R37 p.p.p.d. | Kinders: R18 p.p.p.d.
Kantoorure:
Weeksdae: 07:30 tot 18:00
Naweke en openbare vakansiedae: 09:00 tot 17:00
Doendinge: Voëlkyk, visvang, voetslaan, skeepswrakke, Kaap Agulhas-wynroete, 4×4-avonture, walviskyk en haaihokduik in Gansbaai.
Besienswaardighede: Die mees suidelike punt van Suid-Afrika, Kaap Agulhas Vuurtoring en Museum en die Waenhuiskrans-grot.
Verblyf: Agulhas-omgewing
Kontaknommer: 028 435 6078

3. Augrabies Nasionale Park, Noord-Kaap

Die Khoisan het destyds na hierdie valle verwys as “die plek van groot geraas” en as jy eers daar is, sal jy hoor hoekom. Die Augrabies-waterval vloei vanuit die Oranjerivier en is 56 m hoog. Die park bied ook genoeg doendinge en drie wandelroetes (Arrow Point, Potholes en Moonrock) om ’n lekker vakansie daarvan te maak.

Ingangsfooi: Volwassenes: R44 p.p.p.d. | Kinders: R22 p.p.p.d.
Kantoorure: 07:00 tot 18:00
Doendinge: Wildkyk, voetslaan (Klipspringer-roete), bergfietsry, 4×4-avonture en voëlkyk.
Besienswaardighede: Waterval-uitkykpunte.
Geriewe: Swembad en piekniekareas.
Verblyf: Augrabies-omgewing
Kontaknommer: 054 452 9200

4. Bontebok Nasionale Park, Wes-Kaap

Dié park is ’n skat in die hartjie van Swellendam en as jy met wilde diere, fynbos en berge omsoom wil word, dan bied dié park en sy ligging vir jou ’n onverbeterlike vakansie.

Ingangsfooi: Volwassenes: R37 p.p.p.d. | Kinders: R18 p.p.p.d.
Kantoorure: 07:00 tot 18:00
Doendinge: Wildkyk, voëlkyk en voetslaan.
Besienswaardighede: Breederivier
Geriewe: Braai
Verblyf: Swellendam, Suurbraak, Buffeljagsrivier, Barrydale, Heidelberg
Kontaknommer: 028 514 2735

5. Camdeboo Nasionale Park, Oos-Kaap

As jy lief is vir die Karoo beveel ons ’n vakansie in dié geweste aan. Dié park strek van die Sneeuberge tot so ver as Murraysburg, en bied egte Karoo-ervarings wat erfenis, mondelinge geskiedenis, paleontologie, ekotoersime, doendinge vir die kinders, kunstenaars en kookkuns insluit!

Ingangsfooi: Volwassenes: R35 p.p.p.d. | Kinders: R17 p.p.p.d.
Kantoorure: 06:00 tot 20:00
Doendinge: Wildkyk, voëlkyk, voetslaan, 4×4-avonute, bootry, kanovaart, visvang en seilplankry.
Besienswaardighede: Vallei van Verlatenheid
Geriewe: Braai en piekniek
Verblyf: Cambedoo Nasionale Park
Kontaknommer: 049 892 3453

6. Tuinroete Nasionale Park, Wes-Kaap

Is jy lus vir ’n rondrits-vakansie? Dan is ’n besoek aan die Tuinroete vir jou beskore. Die N2-roete loop verby van Suid-Afrika se topbestemmings en bied ’n legio ervarings wat see en seekos, wild en wildsvleis, feeste en markies en skilderagtige natuurtonele betref. Dié park sluit ook Wildernis- en Tsitsikamma Nasionale Parke in.

Ingangsfooi: Volwassenes: R49 p.p.p.d. | Kinders: R24 p.p.p.d.
Doendinge: Wouduitstappies, voetslaan, bergfiets, voëlkyk, piekniek, 4×4-avonture, kanovaart, kajakvaart, tjoepry, snorkel, skubaduik en bootritte.
Verblyf op die Tuinroete: Knysna,  SedgefieldWildernisOudtshoornMosselbaai
Kontaknommer: 044 877 0046

7. Golden Gate Hoogland Nasionale Park, Vrystaat

Die Malutiberge is beslis iets om te aanskou en hiér kan jy jou vakansie vol prop met ’n rits doendinge, besienswaardighede, lekker koffiehuise en kuns.

Ingangsfooi: Volwassenes: R44 p.p.p.d. | Kinders: R22 p.p.p.d.
Kantoorure: 07:00 tot 17:30
Doendinge: Abseil, kanovaart, wildritte, perdry, natuuruitstappies en perdry
Besienswaardighede: Basotho Kultuurdorp
Geriewe: Swembad
Verblyf: Golden Gate-omgewing
Kontaknommer: 058 255 1000

8. Karoo Nasionale Park, Wes-Kaap

Wanneer jy van die noorde af Kaap toe reis, is die Karoo onmisbaar. Dit is die grootste ekosisteem in ons land. Dié park bied ongelooflike landskappe, fassinerende plantegroei, talle voëlspesies en verskeie bokke, sebras en ander kleinwild.

Ingangsfooi: Volwassenes: R44 p.p.p.d. | Kinders: R22 p.p.p.d.
Kantoorure: 07:00 tot 19:00
Doendinge: 4×4-avonture, voëlkyk, begeleide wildritte en staproetes.
Geriewe: Piekniek en braaigeriewe
Verblyf: Karoo Nasionale Park-omgewing
Kontaknommer: 023 415 2828/9

9. Kruger Nasionale Park, Mpumalanga

Droom jy nog altyd van ’n vakansie in die Krugerwildtuin? Nie mal oor die koue nie? Nou ja toe, dan is dit hoogtyd dat jy vir ’n paar dae hier kom vertoef.

Ingangsfooi: Volwassenes: R76 p.p.p.d. | Kinders: R38 p.p.p.d.
Kantoorure: 06:00 tot 17:30
Doendinge: Piekniek, voetslaanroetes, 4×4-avonture, gholf en voëlkyk.
Verblyf: Kruger Nasionale Park-omgewing
Kontaknommer: 013 735 4000

10. Kgalagadi Oorgrenspark, Noord-Kaap

Dié park is in die hartjie van die Kalahariwoestyn en grens aan Namibië en Botswana. Hierdie omgewing is wel bekend vir rooi duine en droë rivierlope, maar dit bied óók uitstekende wildkykgeleenthede en is ook die enigste plek in die land waar jy ’n egte Kalahari-leeu kan gewaar.

Ingangsfooi: Volwassenes: R76 | Kinders: R35 p.p.p.d.
Kantoorure: 07:30 tot sononder
Doendinge: 4×4-avonture, wildritte, voetslaan en voëlkyk.
Geriewe: Swembad, braaigeriewe, restaurant en piekniekareas.
Verblyf: Kgalagadi Oorgrenspark
Kontaknommer: 054 561 2000

11. Mapungubwe Nasionale Park, Limpopo

Dié park is ’n wêrelderfenisgebied en spog met hope geskiedenis, wild en natuurskoon. Van die mooiste landmerke is die kremetartbome en die “Route of the Lost Kingdoms”.

Ingangsfooi: Volwassenes: R44 p.p.p.d. | Kinders: R22 p.p.p.d.
Kantoorure:
1 September tot 31 Maart: 06:00 tot 18:30
1 April tot 31 Augustus: 06:30 tot 18:00
Doendinge: Museum- en erfenistoere, wildritte en boomtoptoere.
Besienswaardighede: Uitkykpunte met uitsigte oor die samevloeiing van die Shashe- en die Limpoporiviere en die Interpretatiewe Sentrum.
Geriewe: Restaurant, kunsvlytwinkel, museum, piekniekareas en ouditorium.
Verblyf: Mapungubwe Nasionale Park
Kontaknommer: 015 534 7923/24

12. Marakele Nasionale Park, Limpopo

Dié park is die gewildste bestemming om verskillende voëlsoorte te bestudeer en met jou verkyker op te spoor. Dit beskik ook oor die wêreld se grootste kransaasvoël-kolonie. Daar is wel ook baie ander wild te sien, asook ’n rits doendinge vir ’n lekker vakansie-avontuur.

Ingangsfooi: Volwassenes: R44 p.p.p.d. | Kinders: R22 p.p.p.d.
Kantoorure:
1 September tot 30 April: 07:00 tot 18:00
1 Mei tot 31 Augustus: 
07:00 tot 17:30

Doendinge: Voël- en wildkyk, 4×4-ekoritte en bosuitstappies.
Geriewe:
Winkel en restaurant in Thabazimbi.
Verblyf: Marakele Nasionale Park-omgewing
Kontaknommer: 014 777 6928/29/30/31

13. Mokala Nasionale Park, Noord-Kaap

Dié park is sowat ’n uur en ’n half se ry suid vanaf Kimberley en 40 minute suid vanaf Plooysburg. In 2007 is dit as ’n Nasionale Park verklaar, en vandag kan jy ’n wye verskeidenheid bokke, asook volstruise, kameelperde en verskeie voëlsoorte hier gewaar.  

Ingangsfooi: Volwassenes: R37 p.p.p.d. | Kinders: R18 p.p.p.d.
Doendinge: Voëlkyk, kunsvlieghengel, begeleide wildritte, rotstekening-uitstappies en bosbraais.
Geriewe:
Mosu Restaurant, Matopi- en Kameeldoring-piekniekareas en ’n swembad.
Verblyf: Mokala Nasionale Park
Kontaknommer: 053 204 8000

14. Mountain Zebra Nasionale Park, Oos-Kaap

By Mountain Zebra Nasionale Park sal jy hoogs waarskynlik buffels en swartrenosters te siene kry, asook die bergkwagga waaraan dié park sy bestaan te danke het.

Ingangsfooi: Volwassenes: R44 p.p.p.d. | Kinders: R22 p.p.p.d.
Kantoorure:
1 Oktober tot 31 Maart: 07:00 tot 19:00
1 April tot 30 September: 07:00 tot 18:00
Doendinge: Wildritte, rotstekeninge, wandelpaadjies en voetslaanroetes, jagluiperd-naspeuring, 4×4-avonture, tjoepry, riviervlotvaart, kanovaart en abseil.
Besienswaardighede: Schreiner-huis Museum, Olive Schreiner se graf (Buffelskop), Groot Visrivier Museum en Lingelighle-township.
Geriewe: Piekniekareas en konferensiegeriewe
Verblyf: Mountain Zebra Nasionale Park-omgewing
Kontaknommer: 048 801 5700/5701

15. Namakwa Nasionale Park, Noord-Kaap

Baie van ons sien die oranje madeliefies as ons aan Namakwaland dink, maar hierdie park bevat oor die duisend van die geraamde 3500 plantspesies, wat nêrens anders in die wêreld gevind kan word nie. Hierdie blommeprag lyk die mooiste na die reënval (vanaf die begin van Augustus tot einde September).

Ingangsfooi: Volwassenes: R37 p.p.p.d. | Kinders: R18 p.p.p.d.
Doendinge: Voetslaan- en bergfietsroetes, 4×4-ekoroete, voëlkyk en natuurlik blommekyk.
Geriewe: Piekniekareas
Verblyf: Namakwaland
Kontaknommer: 027 672 1948

16. Tafelberg Nasionale Park, Wes-Kaap

Tafelberg self is nie verniet een van die Sewe Wonders van die Wêreld nie. Wat baie mense wel nie weet nie is dat, die Tafelberg Nasionale Park met baie meer as net dié wêreldbekende berg spog. Jy het beslis ’n behoorlike wegbreek hierheen nodig om al sy skatte te verken. Van dié skatte sluit Seinheuwel, Leeukop, Duiwelspiek, Boulders Beach-strand, Kaappunt, Oudekraal, Perdekloof, Newlands-woud, Silvermine en Tokaiwoud in.

Ingangsfooi:
Tafelberg-kabelkar: Volwassenes: R255 p.p. (retoer); R135 p.p. (enkelrit) | Kinders: R125 p.p. (retoer); R65 p.p (enkelrit)
Boulders Beach: Volwassenes: R70 p.p.p.d. | Kinders: R35 p.p.p.d.
Kaappunt: Volwassenes: R135 | Kinders: R70
Oudekraal: Volwassenes: R40 | Kinders: R25

Perdekloof: Volwassenes: R15 | Kinders: R7
Newlands-piekniekarea: Volwassenes: R25 | Kinders: R15 | Voertuig: R25
Silvermine: Volwassenes: R50 | Kinders: R25
Tokai: Volwassenes: R25 | Kinders: R15 | Voertuig: R25
Doendinge: Voetslaan, piekniek en braai.
Verblyf: Kaapstad-omgewing
Kontaknommer: 086 132 2223

17. Tankwa Karoo Nasionale Park, Wes-Kaap

Dié park lê tussen die Sederberge en die Groot Karoo-platorand en bestaan uit drie ekosisteme: woestyn, oop grasvelde en berge. Hier is oorgenoeg ruimte en rustigheid om ’n egte Karoo-wegbreek te geniet!

Ingangsfooi: Volwassenes: R37 p.p.p.d. | Kinders: R18 p.p.p.d.
Kantoorure:
Maandae tot Donderdae: 07:30 tot 17:00
Vrydae: 07:30 tot 21:00
Saterdag: 07:30 tot 17:00
Sondag / Openbare vakansiedag: 10:00 – 16:00
Doendinge: Wildkyk, voëlkyk, 4×4-ritte, sterrekyk en fotografie.

Verblyf: Tankwa Karooomgewing
Kontaknommer: 027 341 1927

18. Weskus Nasionale Park, Wes-Kaap

Weskus Nasionale Park strek vanaf Yzerfontein tot by die Langebaanstrandmeer en is veral bekend vir die voëlspesies en pragtige lenteblomme. Die Postberg Reservaat bevat die meeste van dié park se soogdiere wat slegs tydens die blommeseisoen besoek kan word, maar daar is verskeie bokke en ander klein diertjies wat in die res van die park gesien kan word.

Ingangsfooi: Volwassenes: R50 p.p.p.d. | Kinders: R25 p.p.p.d.
Kantoorure:
April tot Augustus: 07:00 tot 18:00
September tot Maart: 
07:00 tot 19:00
Doendinge: Voetslaanroetes, bergfietsry, kajakvaart, voëlkyk, piekniek en braai, walviskyk vanaf Tsaarbank (Augustus tot September) en wildkyk.
Geriewe: Geelbek Restaurant

Verblyf: Weskus
Kontaknommer: 022 772 2144/5

19. Ai-Ais/Richtersveld Oorgrenspark, Noord-Kaap

Die Richtersveld Oorgrenspark is ’n wêrelderfenisgebied wat strek van die Noord-Kaap tot in Namibië. Hier kan jy onder meer die Visriviercanyon besoek wat die tweede grootste poort in die wêreld is.

Ingangsfooi: Volwassenes: R70 p.p.p.d. | Kinders: R35 p.p.p.d.
Kantoorure:
Maandae tot Vrydae: 07:30 tot 18:00

Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae: 08:00 tot 18:00
Doendinge: Voëlkyk, blommekyk, begeleide voetslaanroetes, kunsvlieghengel en Ai-Ais Warmwaterbronne.
Verblyf: Richtersveld-omgewing
Kontaknommer: 027 831 1506

Wild cards: Moet beslis nie uitmis om so ’n kaart aan te skaf nie! Hiermee kan jy onbeperkte toegang tot wildbewaringsparke, reservate en oorde vir een jaar verkry. Besoek gerus SANParke se webtuiste vir meer inligting.

Nou ja toe, bespreek nou deur ons jou SANPark-avontuur vir ’n onvergeetlike vakansie in die natuur!

Hooffoto:
Links bo: Addo Elephant Park deur Pe_Wu (Flickr)
Regs bo: Bonteboks (Damaliscus pygargus pygargus) female and young … deur Bernard DUPONT (Flickr)
Links onder: Fynbos deur Dayzeelar (Flickr)
Middel onder: Tip of Africa deur OneRandomMonkey (Flickr)
Regs onder: Lente in die lug deur Jolette Roodt (Flickr)