Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

deur Karli Durr op 3 Mei 2019

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat … Lees “Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete”

’n Aand in die Eikestad

deur Willemien Engelbrecht op 29 April 2019

Of jy nou ’n student of ’n sakeman is, die Eikestad is vir jou beskore. Dié dorpie se faam mag dalk in die akademie gewortel wees, maar daar is ’n ander kant aan Stellenbosch wat enige oud-student in ’n toeris sal verander. Daar is winkeltjies om elke hoek en draai, straatjies wat onderdeur die eikebome … Lees “’n Aand in die Eikestad”

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Refentse

deur Lisa Slippers op 29 April 2019

Die koue kruip nou nader en reg oor die land begin mense kaggelvure aansteek en sop kook dat die biesies bewe. OPTOG! reis egter wyd en syd met witwarm vermaak om jou knus en gekultiveerd te hou hierdie winter, en dié week is Refentse in Parys. Refentse tree op 2 Mei op die Vaal de … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Refentse”

My voete loop na Wellington …

deur Karli Durr op 23 April 2019

In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die … Lees “My voete loop na Wellington …”

Gaan wéés by Cederkloof Botanical Retreat

deur Willemien Engelbrecht op 17 April 2019

Droom jy van ’n naweek weg van alles en almal? Wil jy net so bietjie wees? Wel, LekkeSlaap het onlangs die voorreg gehad om by Cederkloof Botanical Retreat net buite Citrusdal te gaan kuier en kan met alle eerlikheid sê dat dit vir ieder en elk aanbeveel word. Van die oomblik wat ons uit die … Lees “Gaan wéés by Cederkloof Botanical Retreat”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe

deur Heste Nortier op 15 April 2019

Dokters meen dat lag en goeie musiek ’n mens se lewe drasties kan verleng, daarom skryf ons Wicus Van Der Merwe en Pietman Geldenhuys se Kombi-nasie-vertoning voor om die naderende wintergriep hok te slaan! Dit raak hoeka nou tyd vir Walviskyk in Hermanus, en Hartenbos aan die Tuinroete is ook mooi hierdie tyd van die … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe”

’n Bangbroek en ’n Twyfelaar: ’n Spooknag in Hotel Glencairn

deur Heste Nortier op 10 April 2019

Dié is ’n storie sonder presiese datums wat op hoor-sê-feite en ware ervarings gebaseer is. Daar waar feite in die geskiedenisboeke ontbreek, kan jy dikwels op die fluisteringe in die omgewing staatmaak, want in skinderstories steek dikwels ’n groot skoot waarheid. Dis ’n yskoue handskut en ’n briesie wat raas. Dis alles wat ek verwag … Lees “’n Bangbroek en ’n Twyfelaar: ’n Spooknag in Hotel Glencairn”

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo

deur Gerriline Fouché op 8 April 2019

Die jaar is ryp met April se amberblaarkomberse wat die strate bedek en OPTOG! se kombi-vloot staan slaggereed om die landspaaie tot in Bloemfontein met roomyskleure te verf! Nataniël se fluweelmantels en blink rokke hang reg om jou in swierige styl te laat skaterlag en Sandra Prinsloo se verhoogpolvye staan blink gepoets om jou met … Lees “OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za