Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Die Robertson-wynroete

Nie een nie, nie twee nie, maar 20 wynroetes in die Wes-Kaap! Dis reg, die Wes-Kaap is ’n wêreldbekende wynstreek wat met 20 unieke wynroetes spog en in hierdie blog vertel ons jou ’n bietjie meer oor die Robertson-wynroete in die Breederiviervallei. Hierdie streek, wat ook as die Vallei van Wyn en Rose bekendstaan, is […]

Naweekwegbreke buite Gqeberha

Ontsnap uit die stadsgedruis en kies koers na ’n onvergeetlike avontuur in die skilderagtige Oos-Kaap. Minder as drie uur se ry vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) sal jy ’n skatkis vol naweekwegbreke vind wat voorsiening maak vir paartjies wat ’n romantiese bederfblyplek soek en vriende of familie wat ’n prettige groepswegbreek beplan. Of jy nou smag […]

Sakpas-plaasverblyf buite Kaapstad

Gee werk, wekkers en roetine jou ook ’n pyn? Dan is dit tyd dat jy uit die stad ontsnap! LekkeSlaap het ’n lys pragtige plaasverblyf buite Kaapstad saamgestel wat elke sak sal pas. As jy aan kantoorkoors lei, is hierdie die vakansieplekke wat jy verdien, want by hierdie prentjiemooi plaasverblyf wag ’n lekker rustige vakansie […]

Reis na gister: 5 geskiedkundige blyplekke

As die gedagte aan geskiedkundige verblyf jou dadelik aan die spook van Uniondale laat dink, is dit waarskynlik tyd dat iemand vir jou die prentjie ’n bietjie anders skets! LekkeSlaap bied werklik iets vir almal en hierdie keer het ons ’n paar blyplekke met onvergelykbare karakter gaan soek, wat jou sal terugneem in tyd sodat […]

Stellenbosch: kos, kuns en kuier

Suid-Afrika se tweede oudste dorp het ’n spesiale manier om besoekers te bekoor. Die Eikestad spog met kunsgalerye, restaurante en wynkroeë om elke hoek en draai. Hiér is iets vir elke keur en geur. Hiér in Stellenbosch kan jy jou verbeel jy sit in ’n systraatjie iewers in Europa agteroor, maar gelukkig is dit ietwat […]

Weskus-strandhuise vir groepe

’n Groepswegbreek aan die Weskus is altyd ’n goeie idee aangesien hierdie kuslyn die tuiste van beeldskone natuur, hope avontuur-aktiwiteite en ’n string besienswaardighede is. En wie kan ooit nee sê vir ’n lekker strandhuis waar jy soggens met ’n vars seebriesie kan wakker word? LekkeSlaap het ’n paar pragtige strandhuise gaan uitsnuffel waarheen jy, […]

Riebeek-Kasteel roep: ’n Kykie op kos, kelders, koffie en kultuur

My oupa was destyds die skoolhoof van Laerskool Riebeek-Kasteel en my ma en haar vier sibbes het natuurlik lekker amok gemaak in dié dorpie. My pa hou van ry, sommer net, en het ons op Sondae gereeld ná kerk in die kar gelaai en koers gekies binneland toe — die meeste van die tyd Riebeek-Kasteel […]

The Red Caboose: Kom slaap in ’n treinwa

Verlang jy terug na die dae van prentjiemooi treinritte tussen dorpe en stede? Hoe jy en jou gesin vir ’n paar dae tyd in ’n piepklein kamertjie deurgebring het op pad na jul bestemming? Dit mag dalk iets van die verlede wees, maar The Red Caboose net buite McGregor bied jou die geleentheid om ietwat […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem