Skrywer: Adriëtte le Roux

Adriëtte het in 2013 haar BA in Taal en Kultuur aan die Universiteit Stellenbosch met lof voltooi met Afrikaans, Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Die jaar daarop het sy haar Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi terwyl sy as tutor vir die Afrikaanse Taalverwerwingsdepartement by Stellenbosch gewerk het. Na 'n paar jaar as hoërskoolonderwyseres in Afrikaans en Geskiedenis is sy nou deel van die LekkeSlaap-span en werk as taalpraktisyn, vertaler en reisblogger.

Seesand en sjampanje: 11 knus kushotelle

deur Adriëtte le Roux op 1 Julie 2020

Lus vir die loslit-luukse atmosfeer van ’n kushotel? Dink net, binne word jy op die hande gedra deur personeel wat wéét hoe, daar is sjokoladetjies op jou kussing en ’n hotelkroeg met ’n knetterende kaggelvuur, en buite lei ’n houthekkie jou tot op die strand en is daar ’n plekkie om die seesand van jou … Lees “Seesand en sjampanje: 11 knus kushotelle”

“Wanneer kan ek weer ’n bietjie wegbreek?”

deur Adriëtte le Roux op 26 Junie 2020

Die wag is verby en jy kan ná ’n deurmekaar paar maande weer jou vakansieplannetjies, met ’n paar beperkings*, in ’n ry kry! So, wat is jou vakansievooruitsigte vir 2020? Kyk na ons wegbreekwenke vir hierdie malle jaar en na ons lekke-kalender wat die nuutste skoolkwartale en langnaweke aandui en bespreek nóú daai wegbreek waarvoor … Lees ““Wanneer kan ek weer ’n bietjie wegbreek?””

Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers

deur Adriëtte le Roux op 10 Junie 2020

Uniondale het ’n diep waardering vir grassnyers by my aangewakker. Jy het reg gelees, nie vir spoke nie maar vir grassnyers, alhoewel Rico Claassen, toerismebeampte van dié dorpie op die N9 waar Roete 62 en die Tuinroete in ’n pragtige dans van vrugteplase en berge bymekaarkom, my en Hestè meedeel dat 99% van mense wat … Lees “Uniondale: Dorp van grassnyers en spookryers”

SA se skouspelagtige watervalle

deur Adriëtte le Roux op 12 Mei 2020

Asof Suid-Afrika nie reeds tot oorlopens toe vol natuurskatte is nie, wys ons land ook graag hóé ‘oorlopend’ dit is in die vorm van pragtige watervalle wat oor verskeie van ons kranse druis en bruis. Laat LekkeSlaap jou van hierdie valle vertel en leer hoe jy by elkeen uitkom.

Die storie van die Uilhuis op Nieu-Bethesda

deur Adriëtte le Roux op 24 April 2020

Die Uilhuis is sekerlik die Karoo se bekendste tuismuseum, maar dit is ook ’n eienaardige kunswerk ─ ’n hele huis en werf as uitdrukking van een vrou se binnewêreld, soos ’n hart met al sy lig en donker oopgevlek vir reisigers om deur te loop. Dít maak ’n besoek aan Helen Martins se huis op … Lees “Die storie van die Uilhuis op Nieu-Bethesda”

As die stilte roep: Afgeleë Karoo-blyplekke

deur Adriëtte le Roux op 21 April 2020

“Die Karoo is nie vir almal nie.” Só sê my swaer wat hier boer op ’n plaas so groot soos ’n dorp, maar so stil en heilig soos ’n gebed vir reën. En hy is reg ─ die Karoo se groot ooptes is gestroop tot net die basiese. Dit gee egter vir jou en jou … Lees “As die stilte roep: Afgeleë Karoo-blyplekke”

100 redes om mal te wees oor Suid-Afrika

deur Adriëtte le Roux op 14 April 2020

Hoe benouend ook al die tyd van inperking is, Suid-Afrika en haar skatte is die wag werd! Om dit te vier het LekkeSlaap ’n lys met ’n honderd redes waarom ons mal is oor ons land opgestel. Wat is alles op jou lysie? Laat weet ons in die kommentaar hieronder.   1. Aangesien hierdie ’n lang … Lees “100 redes om mal te wees oor Suid-Afrika”

Sterrekyk vir beginners: Jurg van Sterland leer ons hóé

deur Adriëtte le Roux op 6 April 2020

Nie eens Jan Tuisbly mag tans sy karretjie ry nie, maar pleks van jou lot betreur oor die oop vlaktes en langpad waarna jy verlang, kan jy ’n bietjie jou perspektief verskuif en ópkyk! Dis reg, maak nie saak hoe groot of klein jou isolasie-spasie is nie, buite jou venster roep die hemelruim se uitgestrekte … Lees “Sterrekyk vir beginners: Jurg van Sterland leer ons hóé”

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za