Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Andrea Kruger

Andrea was born in Cape Town. She likes to watch Netflix and spend time with her family. She loves nature and the countryside, and is very friendly — she likes to tell a joke here and there.

Kuier soos ’n koninklike in Prins Albert

“The nothingness, the wide open spaces and the deafening stillness … this is the magic of Prince Albert, Jewel of the Great Karoo.” ─ Anonymous   Prins Albert is een van Suid-Afrika se mooiste versteekte bestemmings aan die voet van die Swartbergpas. Hierdie lieflike, geskiedkundige dorpie is op die drumpel van die Groot Karoo in […]

Reuben’s en Muratie is ’n wenkombinasie

One&Only Cape Town is bekend vir luukse verblyf in die hartjie van die Moederstad, maar buiten die weelderige akkommodasie spog hulle ook met wêreldklas-restaurante. Een van dié restaurante is Reuben’s, met die gewilde sjef Reuben Riffel aan die stuur. Elke maand span Reuben’s en ’n vooraanstaande wynplaas kragte saam om ’n eksklusiewe fynproewersaand by One&Only […]

Die Wêreld is jou Woning in SA

Mense reis om verskillende redes. Dalk reis jy om ’n sekere land se kos, kultuur of natuurskoon te ervaar. Sekere lande besoek ’n mens egter om die interessante argitektuur en die spesifieke blyplekke te beleef, maar ons het goeie nuus. As jy in Suid-Afrika woon, kan jy sommer ’n hele klompie wêreldwonings wat eie is […]

10 SA stede wat vir hulself (by)naam gemaak het

In die weermag of in die koshuis het omtrent niemand mekaar se regte name geken nie ─ jy’s op jou van of op jou bynaam aangespreek. En as jy eers ’n bynaam het, kry jy hom nie sommer afgeskud nie. Vra maar vir Baksteen Labuschagne, Brieke van Tonder of Bakkies Botha … Nét so het […]

10 seldsame spesies in Suid-Afrika

Het jy geweet daar is 299 soogdierspesies en 829 voëlspesies in Suid-Afrika? Die meeste toeriste besoek Suid-Afrika vir die Groot 5, maar ons land spog met soveel meer as net dié 5 ongelooflike soogdiere. In hierdie blog werp ons die kollig op 10 spesies wat jy nie aldag sien nie! PRETBROKKIE: Die mees kenmerkende eienskap van […]

Pure pino-plesier

Dié treffende aanhaling begroet ’n mens wanneer jy by Kanonkop Wynlandgoed se proelokaal instap. Vinnig besef ’n mens dat dit nie sommer net ’n tong-in-die-kies-stelling is nie ─ in Suid-Afrika is die wynmakers doodernstig oor hul pinotage-passie! Dit is immers Suid-Afrika se enigste inheemse variëteit en wyn wat uniek is aan ons pragtige land. Alles begin […]

Kom skitter in Sutherland

Sutherland, die uiters bekoorlike dorpie in die westelike deel van die Roggeveldberge in die Karoo, spog met heelwat merkwaardige eienskappe. Al lyk hierdie dorpie en sy inwoners nederig, het hulle verskeie redes om besonder trots te wees. Sutherlanders is bekend vir hul hartlike gasvryheid, en die sneeuwinters en dramatiese landskappe is absoluut asemrowend. Maar dié Karoodorpie se […]