Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Ankia Wolf

10 Troeteldiervriendelike Blyplekke Beproef deur LekkeSlapers

Sukkel jy alewig om ’n blyplek te kry waar jou vierpotige kind óók welkom is? Het jy al ’n blyplek vir jou en jou troeteldier bespreek wat toe nie heeltemal troeteldiervriendelik was nie? LekkeSlaap weet hoe belangrik ons gaste se troeteldiere vir hulle is en ons help hulle graag om die beste troeteldiervriendelike blyplekke met […]

Spaar jou Sente by dié Sakpas-lodges in Limpopo

Sit jy ook soms met verlangende oë en kyk na foto’s van die luukse en dikwels peperduur lodges wat veral in ons mooiste bosveldprovinsie skuil? LekkeSlaap wil jou vandag wys dat “lodge” en belaglike pryse nie noodwendig hand aan hand gaan nie ─ ons het vir jou sakpas-alternatiewe gaan uitsoek sodat jy nie jou volgende […]

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps

Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan […]

Jou A-Z van Trou-Venues in Gauteng

Droom jy nog altyd van ’n elegante bruilofsfees in die Goudstad, ’n troumakietie in Magaliesburg of ’n sprokiestroue in Dinokeng? Dan sal dié gids tot trou-venues in Gauteng sommer gou jou beste maat in die beplanning vir die groot dag raak! Ter viering van Valentynsdag het LekkeSlaap ’n paar blyplekke met trou-venues op die perseel […]

Oes en Oornag op dié Vrugteplase

Die somer en oestyd is amper hier en ons het besluit om dit behoorlik te vier! Terwyl baie van ons elke Desember lekker op die strand gaan lê, is veral vrugteboere besig om te swoeg en te sweet terwyl hulle vir ’n vale vrugte oes. As jy dié jaar lus is vir ’n ander tipe somerwegbreek, […]

’n Dag of Drie in Darling

As jy “Darling” hoor, dink jy waarskynlik heel eerste aan Evita se Perron, maar daar is soveel meer wat in dié dutjiesdorp aangaan! Hier kan jy net ontspan en jou in die salige plaasatmosfeer verlustig, óf ewe lekker rondrits van eetplek na drinkplek na proeplek. LekkeSlaap was vir ’n paar dae gedurende die Darling Veldblommeskou […]

Jou bobaas-blommekykgids vir 2017

Soos gesien op Maroela Media. Baie van ons se enigste herinnering aan die jaarlikse veldblomseisoen is ’n ou, verrimpelde foto van jou wat verbouereerd tussen die blomme poseer terwyl ma of pa allerhande snaakse streke uithaal om jou aandag op die kamera te hou. Of dalk het jy nog nooit eerstehands die Weskus en Namakwaland […]

15 Betowerende Woudwegbreke in Limpopo

Rooikappie, Sneeuwitjie en die Slapende Skoonheid ─ wat het dié sprokies in gemeen? Woude, natuurlik! As jy al ooit gewonder het waarom soveel sprokies in woude afspeel, is dit hoogtyd dat jy jou eie feëverhaal met ’n woudwegbreek bewaarheid. Die goeie nuus is dat jy nie noodwendig al die pad Tuinroete toe hoef te piekel […]