Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Bea Lingenfelder

Na hoërskool, waar Bea se passie vir kreatiewe skryfwerk begin blom het, het sy haar Honneursgraad in Joernalistiek by Stellenbosch voltooi en sedertdien het haar liefde vir tale, fotografie en goeie koffie aanhou groei. Sy moet elke hond wat sy raakloop 'n kopvryfie gee en droom om eendag 'n sonhuisie by die see te hê.

Troeteldiervriendelike verblyf in Gauteng

Smag jy na ’n wegbreek om uit die stad se gedruis te ontsnap, maar jy wil nie jou viervoetkinders agterlaat nie? Met LekkeSlaap.co.za se handige troeteldiervriendelik-filter is daar geen rede waarom Wagter nie saam met jou kan reis nie! Ons het ’n paar voorstelle versamel waar jy, jou geliefdes en troeteldier lekker kan rus! So, […]

Wegbreke wat op jou emmerskoplysie hoort

Het jy ook ’n paar droomwegbreke wat iewers in jou agterkop gestoor is? Elkeen se emmerskoplysie lyk anders, maar LekkeSlaap het ’n paar gaan uitsoek wat beslis op daardie lysie hoort, of dit nou iets unieks, vreemds, luuks of knus is wat vir jou wink, dié twaalf voorstelle sal beslis jou oë laat blink! The […]

Kry met 2024 se langnaweke tot 42 dae af

Is jy nog besig om na die dol feesseisoen te herstel? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor! Hoe dit ook al sy, 2024 se vakansiedae skep talle geleenthede om jou langnaweke nóg langer uit te strek deur jou verlofdae slim te beplan. Ons wys jou hoe met hierdie nuttige gids en ’n lekke […]

By hiérdie plekke wil LekkeSlapers die graagste bespreek!

Met meer as 27 000 eiendomme wat op LekkeSlaap.co.za pronk, wemel ons sosialemedia-platforms met spoggerige plekke reg oor die land! Maar daar is elke jaar ’n paar sosialemedia-lieflinge wat lesers se “like”-knoppie harder laat werk. Of dit ’n Weskus-huis of ’n berg-chalet teen Mpumalanga se heuwels is, hierdie besonderse plekkies sal jou oog keer-op-keer vang.  […]

Rotsklim: Jou beginners-handleiding tot dié avontuur

Een van Suid-Afrika se gewildste trekpleisters is beslis die ongelooflike natuurskoon en berge. Rotsklim, oftewel mountain rock climbing, is dus ’n perfekte en opwindende aktiwiteit om hierdie natuurbakens te verken! Dit bied ’n unieke perspektief en waardering vir die natuur en daar is by die meeste bestemmings ’n verskeidenheid roetes van verskillende moeilikheidsgrade wat dit […]

Weskus-strandhuise vir groepe

’n Groepswegbreek aan die Weskus is altyd ’n goeie idee aangesien hierdie kuslyn die tuiste van beeldskone natuur, hope avontuur-aktiwiteite en ’n string besienswaardighede is. En wie kan ooit nee sê vir ’n lekker strandhuis waar jy soggens met ’n vars seebriesie kan wakker word? LekkeSlaap het ’n paar pragtige strandhuise gaan uitsnuffel waarheen jy, […]

Wagter gaan Weskus toe: Troeteldiervriendelike Blyplekke

Dis net sand wat spat en ’n stert wat swaai,want Wagter hardloop na hartelus.Hy sny ’n lyn reguit na die baai.O, dis lekke vir ’n hond aan die Weskus! Sien jy altyd op na die hartseer afskeid wanneer jy met vakansie gaan en jou hondekinders by die huis moet los? Dis glad nie nodig nie! […]

6 unieke buitelugaktiwiteite vir die winter

Wanneer die koue aan jou voordeur kom klop en die sneeu soos ’n winterkombers ons land bedek, wag ’n hele nuwe wêreld van avontuur en opwinding tydens winter. Aktiwiteite soos voetslaan, bergfietsry en ander avontuurroetes bly gewild reg deur die jaar, maar daar is sommige buitelugaktiwiteite wat die bloed ’n bietjie warmer deur jou are […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem