Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Chanté van Schalkwyk

Chanté het 'n vriendelike geaardheid en geniet dit om 'n helpende hand te wees. Sy spandeer haar vrye tyd in die geselskap van haar geliefdes en het 'n passie vir sport en fisieke aktiwiteite, soos om daagliks tyd in die gimnasium te spandeer en parkruns te doen.

Durf dié 5 kort staproetes aan

Ons weet jou voete jeuk nou al vir ’n avontuur in die buitelug. Miskien was sy lanklaas op ’n staproete of dalk nog nooit? Moenie bekommer nie! LekkeSlaap het vyf kort staproetes reg oor Suid-Afrika vir jou emmerskoplysie gaan uitsoek wat jy beslis moet aandurf. Ons gee ook lekker wenke oor wat jy vir jou […]

Wat weet jy van die Marine Groot 5?

Ons almal kan die beroemde Groot 5 in ons slaap opnoem, maar weet jy watter diere vorm deel van die Marine Groot 5? Ja, ons wonderskone Suid-Afrika het nie nét die Groot 5 op land nie, maar onder die water ook! LekkeSlaap het gaan loer waar langs die kuslyn jy dié seediere kan vind. 1. […]

Waar in SA lê ’n witkombers dié winter?

Soos gesien op Maroela Media Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Ons almal het al daarvan gedroom om een oggend wakker te word en dadelik met ’n warm koppie boeretroos voor die kaggel […]

OPTOG! ’n Handjie vol vrae aan Pietman Geldenhuys en Peter Mitchell

Hierdie week reis die OPTOG!-kombi noord na Sasolburg, Kroonstad en Welkom, en sterre soos Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe vermaak ons weer op die verhoog tot ons mae seer gelag is! Kombi-Nasie tree 14 Mei by die Ettiene Rossouw-teater in Sasolburg in die Vrystaat op en LekkeSlaap het aan Pietman Geldenhuys en sy […]

9 Plekke, 3 Provinsies, 1 Paasnaweek: Waarheen gaan jy?

Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie is nog vars in ons geheue, maar nog voor jy jou strandhanddoek finaal kan wegpak, is Paasnaweek al weer hier! Weet jy al in watter rigting jou voertuig mik? Of sukkel julle steeds om op ’n bestemming te besluit? Rol af en loer gerus na dié handjievol bestemmings […]

5 Bekoorlike Houerhuise Vir ’n Buite-Die-Boks-Wegbreek

Ons kuier altyd lekker in ons huisie-by-die-see, span rustig in die Bosveld uit, of geniet die stilte van die Karoo, maar somtyds is dit goed om ’n bietjie uit jou gemaksone te klim en nuwe avonture aan te pak. LekkeSlaap is altyd op soek na nuwe wegbreekmodes, en hier is ’n nuwe gier wat begin […]

Bergfietsroetes: Kyk trap-trap Wild in Limpopo

Lente is om die draai en die warmer weer laat ’n mens se voete sommer jeuk om avontuurlustige doendinge in ons wonderskone land aan te pak. Bergfietsry is nét die ding om die bloed nog warmer deur jou are te laat bruis! LekkeSlaap het ’n hele rits bergfietsroetes in Limpopo opgespoor waar jy wild kan […]

Sardienloop aan die Suidkus

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou […]