Skrywer: Danielle Terblanche

Danielle is 'n Kaapse meisie wat hou van uitspattig lag, koffie drink en mooi goed afneem. Enigiets in die natuur is vir haar 'n avontuur, veral die see en berge. Sy geniet dit om nuwe plekke te verken en dit met mense te deel. Om te reis is kos vir haar siel en ek sal haar laaste sente daarop spandeer. Danielle voel die lewe is te kort om slegte koffie en rooiwyn te drink, daarom is sy altyd opsoek na plekke waar sy goeie koffie en rooiwyn kan drink. Sy is lief vir Afrikaans en kan die dae verby lees.

Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase

by Danielle Terblanche on 8 August 2018

Glo jy die maan is van kaas gemaak? Of dat kaas alles beter laat smaak? Is parmesaan jou pasmaat en brie jou beste pêl? Skuif dan ’n bietjie nader sodat ons jou ’n storie kan vertel … Min dinge is so lekker soos kaas, hetsy dit deel van ’n maaltyd is of op ’n deftige … Continue reading “Kom Proe Smullekker Kase op hierdie Plase”

’n Roetereis deur die Suide van Namibië

by Danielle Terblanche on 6 June 2018

Eindelose oop vlaktes, lang uitgestrekte grondpaaie, ’n kokerboom elke nou en dan, bekoorlike dorpies en ongerepte natuurskoon… Ons is in die suide van Namibië! Droom jy al lank van ’n vakansie in Namibië of sukkel jy bloot om te besluit waarheen om te mik in hierdie pragtige land? Die suide van Namibië is ’n baie … Continue reading “’n Roetereis deur die Suide van Namibië”

8 Doendinge vir Avonturiers in KwaZulu-Natal

by Danielle Terblanche on 26 April 2018

KwaZulu-Natal lok jaarliks duisende besoekers en ons kan maar net raai waarom — die son, see en sand natuurlik! Dié provinsie het immers een van die mooiste en mees gewilde kuslyne, sonskyn regdeur die jaar en die warm Indiese Oseaan wat dit die ideale swemplek maak. Dit loop ook oor van ongelooflike natuurtonele vir opwindende … Continue reading “8 Doendinge vir Avonturiers in KwaZulu-Natal”

Anderkant die Boereworsgordyn: Kaapstad se Noordelike Voorstede

by Danielle Terblanche on 16 March 2018

Miljoene besoekers stroom elke jaar na die Moederstad en met goeie rede – net sowat 25 minute buite die geroesemoes van verkeer en toeriste wag daar heelwat verrassings op jou. Ons praat natuurlik van al die juwele in Kaapstad se Noordelike Voorstede! Dié voorstede bied ’n rustiger lewenstyl as die middestad en legio dinge om … Continue reading “Anderkant die Boereworsgordyn: Kaapstad se Noordelike Voorstede”

Beplan nóú al ’n Luilekker Langnaweek vir 2018

by Danielle Terblanche on 12 January 2018

Die nuwe jaar is goed op dreef en jy sien seker al uit na jou volgende vakansie! Jy hoef gelukkig nie té lank te wag nie — daar is heelwat langnaweke in 2018 waarvoor jy solank kan beplan. LekkeSlaap wys vir jou lieflike bestemmings regoor die hele land waar jy en jou gesin ’n welverdiende … Continue reading “Beplan nóú al ’n Luilekker Langnaweek vir 2018”

Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie

by Danielle Terblanche on 1 December 2017

Die somer is in volle swang en daar is nie ’n beter plek om dit te vier as langs die water nie. Suid-Afrika se wonderskone landskap spog met talle riviere wat van die mooiste vakansiebestemmings bied waar jy vir ure lank kan tjoepry, visvang, roei, swem en die rustigheid langs die water geniet! LekkeSlaap het … Continue reading “Verruil die Stad vir ’n Rustige Riviervakansie”

Namakwa-Weskus: ’n Verrassing om elke draai

by Danielle Terblanche on 18 October 2017

Blommekyk, oop vlaktes en vriendelike mense is sinoniem met die Namakwa-Weskus ─ dis egter nie al wat in dié streek skuil nie. Die Namakwa-Weskus strek vanaf Doringbaai aan die Weskus tot by Namakwaland se Knersvlakte en is ideaal vir ’n roetereis. LekkeSlaap het dié pragstreek gaan verken en vertel jou graag van al die opwindende … Continue reading “Namakwa-Weskus: ’n Verrassing om elke draai”

Kom kuier saam in dié Kaaps-Hollandse huise

by Danielle Terblanche on 6 September 2017

Bekoor Kaaps-Hollandse huise jou wanneer jy dit in die verbygaan sien? Het jy dalk al gewonder hoe mense eeue terug in dié ou huise gewoon het? Dis nóú jou kans om te gaan uitvind wat presies agter dié witgekalkte mure skuil! Kaaps-Hollandse geboue is ’n belangrike deel van Suid-Afrika se geskiedenis omdat Hollandse setlaars honderde … Continue reading “Kom kuier saam in dié Kaaps-Hollandse huise”