Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Frances Strooh

Dié Week se Beste Sneeufoto’s

Hooffoto verskaf deur Leon Laubscher. Ons sonskynland het die afgelope week sommer baie sneeu gesien en Suid-Afrikaners het die kostelikste kiekies geneem om dié sprokiestoneel vas te vang. Ons het van die beste sneeufoto’s op ons landgenote se Instagram-profiele gaan opspoor en ons kan amper waarborg dat jy nie deur hierdie blog sal kom sonder om […]

Bederf Jouself met só Bobaas-bad

’n Salige sessie in die borrelbad is ’n bederf wat jy nie sommer elke dag kan geniet nie. Wie het nou tyd om in die water te week as daar byna ’n miljoen dinge in en om die huis is wat gedoen moet word … Om behoorlik af te skakel moet ’n mens liefs nie […]

Spaarwenke vir jou volgende vakansie

As jy van salaris-tot-salaris leef is dit moeilik om te glo dat ’n lekker wegbreek jou beskore is. Jan Tuisbly se karretjie is altyd die gewildste opsie as die huurgeld, elektrisiteitsrekening, selfoonkontrak, kruideniersware, mediese onkostes en allerhande ditjies en datjies jou bankbalans laat kreun. Maar is dit noodwendig die moeite werd om jou vakansie tuis deur […]

’n Lekke gids tot 10 van SA se top-kushengelplekke

Soos gesien op Maroela Media.  Suid-Afrika is geseën met duisende kilometers se kuslyn en ’n oorvloed bobaas-visvangbestemmings. Tog is dit soms moeilik om by te bly met al die reëls ─ die wanneer, waar en hoeveel van hedendaagse hengel. Hengelregulasies word al hoe strenger, en met goeie rede ─ die see en al sy spesies […]

10 Lekke langpadwenke

Jou verblyf is bespreek. Jou sakke is gepak … Die enigste ding wat nou nog tussen jou en jou vakansie staan … is die langpad. Om te sorg dat die trek na jou bestemming nie die oorhand kry nie, het ons hier by LekkeSlaap ’n paar wenke saamgestel wat sal sorg dat dié deel van jou vakansie […]

Lekke wenke vir ’n bobaas-braai

By LekkeSlaap weet ons daar is min dinge waaroor Suid-Afrikaners so passievol is soos braai. Braai is ’n bietjie soos politiek en geloof – elkeen doen dit anders en ’n mens soek moeilikheid as jy vir ’n ander ou probeer voorskryf hoe om dit te doen. Van die vroegste bewyse van oermense wat kos oor […]

Besoek dié skeepswrakke sonder ’n snorkel

Suid-Afrika se kuslyn strek meer as 2500 kilometer en dit is dus geen wonder dat ons waters oor die jare heen ’n grafkelder vir honderde skepe geword het nie. Daar is iets aan die verlatenheid van ’n skeepswrak wat tot ’n mens se siel spreek ─ wat jou herinner hoe verganklik die mensdom eintlik is. Tog is […]

Voilà! Jou gids tot Franschhoek en die Bastille-fees

Franschhoek is as’t ware ons eie stukkie Europa en die naweek van 16 en 17 Julie 2016 word daar ook ’n Franse fees in dié pragdorpie gevier. Danksy Franschhoek se Franse flair is dit die perfekte romantiese bestemming, maar by die 23ste Bastille-fees wat dié naweek gevier word, sal die héle gesin hul gate uit […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem