Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Gerriline Fouché

Gerriline kom oorspronklik van Vredendal af, maar woon nou in Bloubergstrand. Sy het BA Regte aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, waar die Afrikaans en Nederlands Departement haar 'n passie vir die Afrikaanse taal, letterkunde en kultuur gegee het. Nadat sy 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2017 voltooi het, het Gerriline totsiens gesê vir haar studentelewe in die Kaapse Wynlande en dit vir die Moederstad se nuwe uitdagings verruil.

Weet jy waar dié Namibiese plekname vandaan kom?

Namibië se ongerepte vlaktes en woestyn wat myle ver strek, het oor die dekades heen ’n uiters gewilde toerismebestemming geword. Dié gewildheid is deels te danke aan die bekoring waarmee dié land se ongereptheid sy besoekers oorval, deels weens die feit dat jy iets van alles hiér sal kry ─ die son, sand, see en […]

9 lekke plekke wat jy ná die inperking móét besoek!

Die staat van inperking trek nou al verby sy halfpadmerk en een ding is teen dié tyd seker: Hierná is dit tyd om jou brandstoftenk vol te maak, jou tuistronkie vir ’n wyle vaarwel te roep en die pad na ’n behoorlike wegbreekbederf te vat. Daarom het ons dit goedgedink om jou met ’n bietjie […]

’n Kuier in die Klein-Karoo by Berluda Farmhouse & Cottages

’n Behoorlike besoek aan die Klein-Karoo het nog altyd in my reisgeskiedenis ontbreek en toe Laura van Berluda Farmhouse & Cottages my vir ’n naweek na die hartjie van dié mooie streek nooi, het ’n byna tasbare opgewondenheid oor ’n besoek aan Oudtshoorn my moeë kantoorlyf met nuwe woema gevul.  Dis ’n snikhete Vrydagmiddag in […]

Hermanus: LekkeSlaap se top-wegbreekplekke vir die walvisseisoen

Oudtshoorn mag dalk Suid-Afrika se grootvoëlparadys wees, maar as dit by walviskyk kom, is Hermanus beslis die dorp om in af te saal om te kyk hoe dié seereuse jaarliks in die Atlantiese blou kom baljaar. Vanaf Junie begin die suidelike noorkappers hul verskyning aan Mosambiek se kus maak en van Augustus tot November is […]

OPTOG! Op Jo Black se spoor

Hierdie week is LekkeSlaap op een van die OPTOG!-sterre se spoor: die man met die bekende swart baard! Jo Black en sy orkes toer wyd en syd in sy roomyskleur-kombi en dit lyk nie of dié man gou gaan stilstaan nie! Op 30 Julie skop Jo Black sy Namibië-toer af en daarom doen LekkeSlaap ’n […]

Berge, bome, rotse, strome: Stormsrivier van hoek tot kant

Net duskant die N2, op die randjie van die Tsitsikammawoud, lê ’n ou houtkappersdorpie met ’n hart van goud. As jy jou ore spits, hoor jy dalk die lang verlore grootvoete se spoke ronddwaal, en die loeries kwetter met liedere mooier as ’n nagtegaal. Ja, Stormsrivier het ’n bekoring soos min en daarom wys LekkeSlaap […]

LekkeSlaap se 5 Veiligheidswenke vir ’n Stresvrye Vakansie

Soos gesien op Maroela Media. Of jy nou lank uitgestrek op ’n rusbank in ’n luukse hotel lê of rustig in ’n swembad op ’n plaas in die Bosveld dryf ─ dit is maar in enige Suid-Afrikaner se aard om meer as een keer aan die deurknop te draai voor jy snags kamer se kant […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo

Die jaar is ryp met April se amberblaarkomberse wat die strate bedek en OPTOG! se kombi-vloot staan slaggereed om die landspaaie tot in Bloemfontein met roomyskleure te verf! Nataniël se fluweelmantels en blink rokke hang reg om jou in swierige styl te laat skaterlag en Sandra Prinsloo se verhoogpolvye staan blink gepoets om jou met […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem