Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Gerriline Fouché

Gerriline kom oorspronklik van Vredendal af, maar woon nou in Bloubergstrand. Sy het BA Regte aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, waar die Afrikaans en Nederlands Departement haar 'n passie vir die Afrikaanse taal, letterkunde en kultuur gegee het. Nadat sy 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands in 2017 voltooi het, het Gerriline totsiens gesê vir haar studentelewe in die Kaapse Wynlande en dit vir die Moederstad se nuwe uitdagings verruil.

Kom maak ’n draai by die diva van Darling!

In ’n klein Swartlanddorpie, net duskant die Kaap, lê ’n ou treinstasie in pienk, wit en blou uitgedos om jou te vermaak. Dié ou treinstasie ─ ’n perron as’t ware ─ is die tuiste van Suid-Afrika se gunsteling-tannie, met rooi lippe en grys hare. Ja, dis Darling se eie diva: Evita Bezuidenhout. Evita se Perron […]

Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare

Die jaar word ryp met vers en klank en ’n Stellenbosse Maart lok die hele land. Ja, sowaar, ’n fees van woord tref eersdaags die Eikestad se goue akkerblaar en LekkeSlaap weet nét hoe om jou feesbootjie vlot te laat vaar. So, skuif ’n bietjie nader en spits jou ore, want ’n vrolike Woordfees is […]

5 Kindervriendelike Diereplase vir Klein Kabouters

Dis naweek, die piekniekmandjie is gepak, die kinders bars uit hul nate van opgewondenheid en die son trek al water ─ waarheen nou? As jy nog nie seker is in watter rigting die motor se neus jou dié keer gaan lei om die kleinspan vir die dag besig te hou nie, beter jy hierdie blog […]

Vrede en Lust: Vreugde uit die Wingerdstok

Wonderskone wingerde wat oor Simondium se dale tot teenaan die Simonsberghange strek, welige grasperke met pragtige voetpaaie wat tussen die historiese Kaap-Hollandse geboue kronkel, en die reuk van varsgebakte brood en sterk koffie wat die oggendlug vul ─ dié salige kombinasie sal jy net by Vrede en Lust kry! LekkeSlaap het by dié wêreldbekende wynlandgoed […]

Namibië: ’n Wittebrood in die Land van Sonlig en Sterre

Son, sterre, see en sand ─ dis die vier wonders van Namibië. LekkeSlaap kombineer dié asemrowende Namibiese verskynsels om ’n onvergeetlike wittebrood te verseker. Kom luister na die gedruis van turkooisblou branders wat liggies die voete van die Namibwoestyn se sandduine streel en klink ’n glasie op jou en jou geliefde se toekoms onder ’n […]

5 Klowe en Kranse vir Kranige Klimmers

Daar skiet ’n koue rilling by jou ruggraat af, jou palms is klam en jou bene is die ene bewerasies. Verstrak staar jy na die mosbegroeide afgrond en glinsterende blou wat skielik baie verder lyk as met die opklimslag. Een oomblik baklei jy nog teen die hoogtevrees wat bly krap-krap aan jou gemoed, en dan, […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem