Skrywer: Hennely Nel

Hennely is ’n ywerige leser, boekversamelaar , deeltydse swerwer en musiekliefhebber. Sy kan ure op die internet spandeer op soek na plekke om te verken, kunstenaars om te ondersteun en nuwe maniere om haar kamer te versier. Haar liefde vir reis en nuwe dinge ontdek kan haar soms onrustig maak. Sy is vas daarvan oortuig dat Kaapstad ’n geheime genesende krag vir die siel het.

’n Alternatiewe Somervakansie ─ Breek Weg na dié Bekoorlike Kothuise in die Binneland

by Hennely Nel on 13 November 2018

Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie kruip nader en dis nóú tyd om jou volgende wegbreek te beplan om te verhoed dat jy vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry. Ja, ons almal smag na daardie perfekte seevakansie, maar soms raak die strand net té besig. As jy ’n slag behoorlik rustig vakansie wil … Continue reading “’n Alternatiewe Somervakansie ─ Breek Weg na dié Bekoorlike Kothuise in die Binneland”

Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede

by Hennely Nel on 22 August 2018

Min dinge is so lekker soos ’n sterk koppie boeretroos! Jy teug graag daaraan terwyl jy jou gunstelingboek lees, saam met vriende of familie kuier, of as jy in ’n oulike koffiewinkel sit en kyk hoe vreemdelinge verby stap. Dikwels is dit ook nét wat jy nodig het om daardie besige dag op kantoor mee … Continue reading “Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede”

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

by Hennely Nel on 1 August 2018

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, … Continue reading “Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof”

6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter

by Hennely Nel on 16 May 2018

Dit begin al hoe vroeër donkerder word, die son begin meer en meer agter die wolke skuil, dis soggens omtrent ’n pyniging om onder jou snoesige komberse uit te klim, en dit voel asof jy jare gelede behóórlik vakansie gehou het  ─ ja, winter is sterk op pad! Sekere aspekte van dié koue seisoen voel … Continue reading “6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter”

Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!

by Hennely Nel on 4 April 2018

Is jy ’n Kapenaar of beplan jy ’n uitstappie na die Moederstad, maar jy’s bietjie platsak na ’n besige Paasnaweek? Jan Tuisbly se karretjie klink maar vaal vir die res van April, of hoe? Daar is lig aan die einde van die donker tonnel ─ nie alles wat opwindend en die moeite werd is om … Continue reading “Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!”

Die Stories Agter Agt van Suid-Afrika se Eiesoortige Dorpsname

by Hennely Nel on 24 January 2018

Het jy al ooit op die langpad verby ’n aanwysingsbord gery of ’n Suid-Afrikaanse landkaart bestudeer en twee keer gekyk na ’n obskure dorpsnaam? Kyk nou maar na name soos “Lekkersing” en “Tietiesbaai”, om nie eers te praat van die verstommende “Tweebuffelsmeteensmorsdoodgeskietfontein” of “Klein Mier Nommer Een” nie! Ons land spog met fassinerende dorpsname en … Continue reading “Die Stories Agter Agt van Suid-Afrika se Eiesoortige Dorpsname”

Beplan ’n Bederfwegbreek by dié 10 Boetiekblyplekke

by Hennely Nel on 13 December 2017

Brand jy vir ’n luukse wegbreek wat ’n eiesoortige ervaring van ons mooie land bied? Moenie verder soek nie! LekkeSlaap het ’n lys gemaak van 10 boetiekblyplekke regoor Suid-Afrika wat op elke oordeelkundige reisiger se droomlysie hoort! Boetiekblyplekke is klein, intiem, eksklusief en bied net ’n handjie vol kamers wat elk individueel versier is, daarom … Continue reading “Beplan ’n Bederfwegbreek by dié 10 Boetiekblyplekke”

5 Besonderse Bergpasse in Suid-Afrika

by Hennely Nel on 8 November 2017

Die somervakansie is om die draai en dit is die perfekte tyd om Suid-Afrika se ontelbare wonderskone bestemmings en asemrowende natuurskoon te gaan verken! LekkeSlaap het gaan ondersoek instel oor vyf unieke bergpasse in Suid-Afrika waar daar nie net skouspelagtige uitsigte langs die pad te siene is nie, maar ook verskeie doendinge en blyplekke in … Continue reading “5 Besonderse Bergpasse in Suid-Afrika”