Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Hennely Nel

Skink Koffie by die Oulikste Koffiewinkels in 3 SA-stede

Min dinge is so lekker soos ’n sterk koppie boeretroos! Jy teug graag daaraan terwyl jy jou gunstelingboek lees, saam met vriende of familie kuier, of as jy in ’n oulike koffiewinkel sit en kyk hoe vreemdelinge verby stap. Dikwels is dit ook nét wat jy nodig het om daardie besige dag op kantoor mee […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]

6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter

Dit begin al hoe vroeër donkerder word, die son begin meer en meer agter die wolke skuil, dis soggens omtrent ’n pyniging om onder jou snoesige komberse uit te klim, en dit voel asof jy jare gelede behóórlik vakansie gehou het  ─ ja, winter is sterk op pad! Sekere aspekte van dié koue seisoen voel […]

Verf die Moederstad Rooi met net R200 in jou Sak!

Is jy ’n Kapenaar of beplan jy ’n uitstappie na die Moederstad, maar jy’s bietjie platsak na ’n besige Paasnaweek? Jan Tuisbly se karretjie klink maar vaal vir die res van April, of hoe? Daar is lig aan die einde van die donker tonnel ─ nie alles wat opwindend en die moeite werd is om […]

Die Stories Agter 8 van Suid-Afrika se Eiesoortige Dorpsname

Het jy al ooit op die langpad verby ’n aanwysingsbord gery of ’n Suid-Afrikaanse landkaart bestudeer en twee keer gekyk na ’n obskure dorpsnaam? Kyk nou maar na name soos “Lekkersing” en “Tietiesbaai”, om nie eers te praat van die verstommende “Tweebuffelsmeteensmorsdoodgeskietfontein” of “Klein Mier Nommer Een” nie! Ons land spog met fassinerende dorpsname en […]

Beplan ’n Bederfwegbreek by dié 10 Boetiekblyplekke

Brand jy vir ’n luukse wegbreek wat ’n eiesoortige ervaring van ons mooie land bied? Moenie verder soek nie! LekkeSlaap het ’n lys gemaak van 10 boetiekblyplekke regoor Suid-Afrika wat op elke oordeelkundige reisiger se droomlysie hoort! Boetiekblyplekke is klein, intiem, eksklusief en bied net ’n handjie vol kamers wat elk individueel versier is, daarom […]

World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem