Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Jana Barnard

Hiervandaan na Lambertsbaai

Die Weskus se vissersbote, kreef en vissershuisies is aan almal bekend, maar vir die meerderheid Kapenaars is dit minder algemeen om die langpad verder as Paternoster of Velddrif aan te durf. Noord van hierdie plekke betree jy ’n ander koninkryk met sierlike rotsvorms, grotte en oorblyfsels van Suid-Afrika se vroegste bewoners. Lambertsbaai, wat deel vorm […]

Durf die Onbekende Oos-Kaapse Hooglande aan

Het jy al ooit van die Oos-Kaapse Hooglande gehoor? Hierdie hoë streek op Lesotho se voorstoep met dorpies soos Lady Grey, Barkly-Oos, Ugie, Elliot, Maclear en Mount Fletcher word maklik op ’n kaart misgekyk. ’n Bietjie naslaanwerk oor hierdie onontdekte sprokiesland in die Suidelike Drakensberge sal jou dadelik op ’n paar interessanthede laat afkom, soos […]

Kenton-on-Sea: Diere, Riviere en Strand-Avonture

Jy het seker al van Kenton-on-Sea aan die Sonskynkus gehoor? Dié deel van die Oos-Kaapse kus strek van Port Elizabeth tot Oos-Londen en word só genoem weens die lang sonskyndae. Buiten sonskyn is daar egter baie meer wat Kenton spesiaal maak ─ sy ligging tussen die Boesmans- en Kariegariviermondings bied legio swem-, bootvaart- en ander […]

10 Wittebroodsuites om van te Droom

Het jy al mooi gaan sit en dink oor watter geriewe jou wittebrood spesiaal sal maak? Is dit dalk ’n bad met kerse, ’n uitsig oor die see of bosveld, of vonkelwyn en sjokolade saam met roosblare op ’n hemelbed gerangskik? LekkeSlaap wil graag jou wittebrood-droom bewaarheid, en daarom het ons 10 besonderse wittebroodsuites regoor […]

9 Hoë Bergpieke vir Vasbyters

Is jy ’n kranige voetslaner wat ons land se vernaamste staproetes een vir een afmerk? Het jy al Suid-Afrika se hoogste pieke aangedruf, of meer spesifiek, dié wat meer as 2000 meter bo seespieël pronk? LekkeSlaap het 9 bergpieke opgespoor wat jy móét uitklim, en ons kombineer dit graag met ’n versameling bobaas-lêplekke waar moeë […]

Oorweeg ’n Besoek aan Underberg

In die ooste van ons land lê ’n draak uitgestrek van noord na suid, en net voor jy sy stert se punt bereik, is daar ’n dorpie wat in sy skadu pryk. Underberg is die poort tot die Drakensberge en sy naam is te danke aan daar waar hy lê: onder die berg, of meer […]

20 Wittebroodbestemmings in Noordwes

Het jy al ooit die Bosveld met sy uitgestrekte vlaktes en grootwildtroppe beleef? Het jy al werklik gaan stil staan en luister na Moeder Natuur se gefluister? Noordwes is dalk nie die eerste bestemming waaraan jy dink wanneer jy julle wittebrood beplan nie, maar die lodges wat soos oases in dié geharde landskap skuil, sal […]

Oribikloof en Elandmeer ─ ’n Fotogids

Die gesinsvakansie aan KwaZulu-Natal se Suidkus is reeds bespreek en die paklysie al opgestel, maar het julle al besluit waarheen om te gaan as julle tydens jul seevakansie meer as net die strand wil sien? Wel, Oribikloof en Elandmeer is minder as ’n uur se ry vanaf Port Shepstone en Margate, so voeg dit sommer […]