Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Karli Durr

’n Wildrit by die Garden Route Game Lodge

Op ’n snikhete Januarie-middag wag ek, Schalk en AB, ons ervare veldgids, gretig langs ’n watergat om een van die gevaarlikste diere op aarde op kamera vas te lê ─ ’n seekoei. Ek het nog altyd gewonder waarom die Engelse idioom “it’s just the tip of the iceberg” in Afrikaans nie “dis net die punt […]

Reis na gister: Die Albertinia Hotel en ander verhale

Klipmure wat meer as ’n eeu oud is, ’n skatkis vol staaltjies wat daaragter skuil en ’n spyskaart wat by enige toprestaurant kan kers vashou ─ dís wat jy by die Albertinia Hotel kan verwag! Die son trek al water toe ek en Schalk Albertinia binnery. Die dorpstrate is verlate so op ’n Vrydagagtermiddag en […]

Só bly jy besig in Stilbaai

Ná vyftien jaar keer ek terug na die kusdorp waar ek as kind menige skoolvakansie saam met my gesin deurgebring het. Ek onthou nog ons tjoepry-sessies op die reusagtige Indiese Oseaan-golwe, biblioteek-besoeke en laatmiddag-uitstappies na die hawe om te kyk hoe die bote inkom ─ ons het elke bootnaam geken! Vandag vat ek en Schalk […]

Sutherland: ’n Naweek tussen die Karoo-sterre

Op die Roggeveld-platorand skuil ’n piepklein dorpie met ’n hart so groot soos die hemelruim. Sutherland is beslis meer as ’n navorsingsteleskoop en asvaal, sneeubedekte vlaktes. Hiér ken almal mekaar en besoekers word met egte Karoo-gasvryheid verwelkom. As iemand met ’n liefde vir letterkunde, geskiedenis en die natuur, wou ek Sutherland nog altyd besoek en […]

Sterland: Ontmoet Sutherland se sterre

As kind het ek dikwels die sterre en planete agterop die Astros-boksies bestudeer en dit was net ’n kwessie van tyd voor ek Sutherland sou besoek om die Melkweg van naderby te bekyk. Gestewel en gespoor met ’n reisplan wat haarfyn uitgewerk is en ’n propvol brandstoftenk, is dit presies waarheen ek en Schalk vroeg […]

’n A tot Z-fotogids tot die Suidelike Skiereiland

“Nee, dis te ver!” ─ dié woorde het menige besoek aan die Suidelike Skiereiland al in die wiele gery. Ek moet bieg: Voor ek ’n paar jaar gelede Muizenberg toe getrek het, was ek self nog nooit hier nie. Maar as ek soggens die vars seelug inasem wanneer ek my woonstel verlaat en die sonsopkoms […]

Hiér skuil Suid-Afrika se blommeprag

Soos gesien op Maroela Media. Die mooiste tyd van die jaar is hier ─ Moeder Natuur ontwaak uit haar jaarlikse sluimering en strooi oranje, geel en rooi blomblare oor veld en vallei. In Augustus en September is dié blomskildery beslis iets om te aanskou, daarom vertel LekkeSlaap graag waar jy vanjaar die vrolikste veldblomme kan […]

Penguin Experience: Waggel saam met ’n pikkewyn by die Two Oceans Akwarium

Almal het ’n gunstelingdier en myne is ’n pikkewyn! Daar is iets besonders aan dié koddige verebondels wat nóg vis, nóg voël is en, soos mense, ’n klippie aan hul gekose lewensmaat gee om hul getrouheid te wys. Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad het LekkeSlaap genooi om ’n Penguin Experience by te woon en […]