Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Mandi Zastron

Mandi is passivol oor Afrikaans. Sy glo dat haar geneigdheid om mense se taal te korrigeer 'n seëning én 'n vloek is. Die Kaap is een van haar groot liefdes (naas haar hond) en sy dink dat elke persoon op een of ander stadium in hul tuisdorp of -stad toeris-toeris moet speel. Sy geniet dit om te reis ─ veral in Suid-Afrika.

Tone in die sand by dié kindervriendelike strandrestaurante

Het jy al by ’n restaurant geëet en gedink dit proe mos nou soos vakansie? Die kombinasie van ’n heerlike maaltyd en die strand is die perfekte plek om af te skakel en die geselligheid rondom jou te geniet. Daar is niks soos vars seelug, seesand en ’n tradisionele gereg om van al die kantoorkommernisse […]

Bobaas-bordspeletjies vir hope gesinspret

Wat is ’n vakansie sonder bordspeletjies? Wat is ’n bordspeletjie sonder aantygings van ’n gekroekery? Die Desembervakansie is om die draai en reg oor die land word daar aan dié tog beplan. LekkeSlaap het gaan kyk watter bordspeletjies die hele gesin kan besig hou en hoe lank die speletjie duur (want Monopoly raak, volgens my, […]

5 Reuse-voorwerpe vir vreemde foto’s

Reg oor die wêreld is daar eienaardige besienswaardighede te sien, soos die 20 meter hoë robot in Japan, die Groot Aartappel in Nieu-Seeland en die wêreld se grootste dinosourus in Kanada. Vreemde trekpleisters soos dít is ook in Suid-Afrika te sien en LekkeSlaap het op ’n soektog deur die land gegaan om van die vreemdste besienswaardighede […]

OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Jo Black

Hierdie week reis die OPTOG!-kombi’s van Pretoria tot Vredendal en sterre soos Jo Black en Jak de Priester sluit by dié teater-troebadoer-toer aan ─ alles in die naam van vermaak! Jo Black tree op 30 Mei by die Guild-teater in Oos-Londen in die Oos-Kaap op en LekkeSlaap het aan hom ’n paar vrae gestel voor […]