Skrywer: Willemien Engelbrecht

Willemien is 'n Kaapse nooi met Weskus-wortels. Sy maak graag kos, geniet 'n glas rooiwyn en is gek oor woorde en alles wat mooi is. Sy klim gereeld in haar kar en kyk waar sy uitkom – gewoonlik 'n pragtige plekkie om die sonsondergang te kyk. Sy is lief vir die lewe en waantoe sy op pad is (waar ook al dit mag wees).

Dis Lente in die Laan

by Willemien Engelbrecht on 5 September 2018

Elke Matie ken dié bekende straat en ’n besoek aan Stellenbosch is nie volmaak sonder ’n wandeling al langs die Eersterivier in die skadu van die eikebome nie. Dit was só lekker om terug in die pragtige Laan te wees ─ nie om die Varsity Cup te kyk, of haastig op pad na een van … Continue reading “Dis Lente in die Laan”

Ontdek die Mooi van Matjiesvlei

by Willemien Engelbrecht on 4 July 2018

As jy al in die Karoo gekuier het, weet jy as hy eers vatplek aan jou kry, laat hy nie sommer gaan nie. Dié geweste het diep in Jan en Marietjie, die eienaars van Matjiesvlei Cottages, se harte gekruip en daarom het hulle ’n lekker vakansieplek vir familie en vriende hiér begin soek. Hulle kom … Continue reading “Ontdek die Mooi van Matjiesvlei”

10 Lekke Braaiplekke vir Erfenisdag

by Willemien Engelbrecht on 20 September 2017

Suid-Afrikaners is mos maar mal oor ’n stukkie braaivleis, en as jy nog ’n plekkie soek om dié Braaidag ’n tjoppie oor die kole te gooi, sal ons vir jou wys waar! Ons het 10 openbare braaiplekke regoor SA gevind waar jy in die sonnetjie langs die water kan baljaar. Onthou om jou eie braaitoerusting in … Continue reading “10 Lekke Braaiplekke vir Erfenisdag”

Onthoulysie vir ’n KAMPioenwegbreek …

by Willemien Engelbrecht on 17 January 2017

Die helfte van die somer lê nog voor, so dis tyd om daai tentpenne af te stof en die natuur in te vaar. Gewone vakansiegangers hoef slegs te dink aan kos en klere, maar ’n kampeerder moet heelwat meer inpak om te verseker dat kamp nie ’n ramp is nie. Wat moet jy alles onthou? … Continue reading “Onthoulysie vir ’n KAMPioenwegbreek …”

6 Redes om die mooie Malotiroete te besoek

by Willemien Engelbrecht on 11 October 2016

Die beeldskone Malotiroete loop al langs die Malotiberge teen Lesotho af en sluit dele van die Oos-Vrystaatse Hooglande en Lesotho in. As majestueuse bergreekse, bekoorlike dorpies, erfenisgebiede, die natuurskoon en interessante mense in jóú kraal val, kyk dan verder na al die pragtige prentjies wat jy op dié roete kan verwag! Prentjiemooi foto’s Dié roete … Continue reading “6 Redes om die mooie Malotiroete te besoek”

Raar maar waar 2: nóg buitengewone blyplekke in SA

by Willemien Engelbrecht on 1 July 2016

Wie wil nou in ’n gewone hotel of gastehuis gaan slaap as jy in ’n huis, paleis, pondok of hok kan bly? Ons het nóg 15 besonderse en eienaardige plekkies op LekkeSlaap gaan soek. So, kliek gerus op die foto’s as jy nuuskierig is oor dié buitengewone blyplekke. Die alledaagse lewe kan soms so eentonig … Continue reading “Raar maar waar 2: nóg buitengewone blyplekke in SA”

Vat die Weskuspad … #WestCoastWay

by Willemien Engelbrecht on 10 June 2016

Ons almal het die ideale prentjie van die Weskus in ons gedagtes ─ witgekalkte vissershuisies en eindelose strande met meeue wat oor jou kop swiep op soek na iets te ete. Maar as jy die nuwe West Coast Way volg, sal jy ’n hele ander kant van die Weskus te sien kry. Daar is só … Continue reading “Vat die Weskuspad … #WestCoastWay”

10 Prentjiemooi plekke in SA

by Willemien Engelbrecht on 16 March 2016

Suid-Afrikaners is bederf met een van die mooiste lande op die blou planeet, al wat jy hoef te doen is om in jou kar te klim en te ry. Dit maak nie saak in watter rigting jy ry nie, jy sál by ’n asemrowende bestemming uitkom. Dit is baie moeilik om net ’n paar mooi … Continue reading “10 Prentjiemooi plekke in SA”