Ons is mal daaroor om van ons mooiste plekkies op ons Facebook-blad te deel en te sien van watter vakansieplekke julle die meeste hou! In dié blog wys ons vir julle die top-10 blyplekke waaroor LekkeSlapers die afgelope jaar die meeste op ons Facebook-blad gegons het.

10. Sea Castle 2, Paternoster

Weskus accommodation self-catering Paternoster verblyf selfsorg see uitsig strandhuis

Ons skop ons lysie af met dié pragtige seehuisie wat ’n tipiese Griekse eiland-atmosfeer het. Sea Castle 2 is ’n intieme wegkruipplekkie vir twee in Paternoster. Dit is toegerus vir selfsorg, spog met besonderse dekor en daar is boonop ’n restaurant met heerlike kos op dié huis se drumpel. 

Paternoster is ’n rustige vissersdorpie waar julle kan perdry, kajakvaar, oulike winkeltjies en natuurlik die Wolfgat Restaurant besoek. Dié restaurant is in 2019 as die beste restaurant in die wêreld aangewys. 

Paternoster west coast weskus selfcatering seaview lekkeslaap verblyf selfsorg see uitsig

Kliek hiér vir die tariewe.

9.  Woodlands Self-Catering, Rheenendal

Self-Catering Knysna accommodation Rheenendal Western Cape selfsorg verblyf lekkeslaap weskaap blyplek

LekkeSlapers was gaande oor Woodlands Self-Catering in Rheenendal! Dié eenhede is nie net so rég uit ’n sprokie nie, maar bied ook alles wat jy vir ’n lekker selfsorgnaweek nodig het. Hier is eenhede wat geskik is vir paartjies en ander wat ideaal is vir ’n klein gesin. Troeteldiere is welkom en elke eenheid spog met ’n dek en lekker braaigeriewe. 

In dié area kan julle na hartelus visvang, wildkyk, wynproe en fietsry.

Western Cape knysna Woodlands Self-Catering selfsorghuis verblyf lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.

8. Platbos Log Cabins, Rawsonville

Platbos Log Cabins Rawsonville Fly Fishing Mountain Biking western cape wegbreek blyplek selfsorg visvang weskaap

Wie is nié mal oor ’n oulike kothuis in die berge nie? Platbos Log Cabins skuil aan die hange van die Slanghoekberge en daar is drie kothuise op dié pragtige plaas. Elke selfsorgkothuis spog met die lekkerste kuierstoep. Ontspan heel naweek luilekker in die kothuis of verken die area deur na die waterval te stap, in die dam te swem of die fynbosroete te verken. 

Mountain Biking Platbos Log Cabins fishing western cape self-catering accommodation weskaap selfsorg fietsry lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.

7. Salty Sandals, Britanniabaai

Salty Sandals  Britannia Bay West Coast Self Catering accommodation strandhuis vir familie lekkeslaap verblyf

Salty Sandals in Britanniabaai is die perfekte strandhuisie vir ’n behoorlike kuswegbreek saam met die familie. Dit het slaapplek vir tien gaste, gratis WiFi en ’n skoonmaakdiens op versoek. Op dié huis se stoep sal jy ure lank kan sit en kuier, die see-uitsig bewonder en onvergeetlike herinneringe saam jou gesin en vriende maak. 

Self Catering St Helena Bay Western Cape accommodation lekkeslaap weskaap selfsorghuis

Kliek hiér vir die tariewe.

6. Oceans Echo, Vishoek

Oceans Echo Fish Hoek self catering accommodation seaview stay Simon’s Town Western Cape see uitsig huis strand lekkeslaap

LekkeSlapers was absoluut gaande oor dié luukse villa wat teen ’n berg in Vishoek pronk ─ en om goeie rede! Nie net is die dekor pragtig nie, maar die huis het ook onbelemmerde see-uitsigte, ’n indrukwekkende swembad en die lekkerste braai-area. Hier is julle slegs 900 meter vanaf die Jagger-staproete en die hoofstrand, en Simonstad se winkeltjies en pragtige, historiese hawe is net vier kilometer ver. 

Oceans Echo Self Catering Fish Hoek Simon’s Town verblyf in kaap selfsorg lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe. 

5. Blue Crane Farm, Dullstroom

Blue Crane Farm Self Catering  Mpumalanga getaway accommodation lekkeslaap verblyf in Mpumalanga Dullstroom

As jy mal is oor visvang, die plaaslewe en wildkyk, is die kothuise by Blue Crane Farm nét die plek vir jou. Hier is selfsorgkothuise vir twee tot agt gaste ─ so of jy nou die gesin met ’n naweek propvol aktiwiteite wil bederf, of net saam met jou metgesel langs die vuurtjie wil ontspan, jy kan albei op dié plaas doen. Gaste is veral mal oor hoe netjies die eenhede en die omgewing is, en hoe besonders die sonsopkomste hier is. 

Besoek ook Dullstroom self waar julle die Bird of Prey & Rehabilitation Centre kan besoek, staproetes aandurf of by die Dullstroom Perdry-sentrum kan perdry. 

Dullstroom selfsorg verblyf accommodation Mpumalanga farm getaway wegbreek lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.

4. Canyon Cottage, Dullstroom

Canyon Cottage visvang fishing Mpumalanga self-catering accommodation selfsorg huis lekkeslaap Dullstroom

Kranige visvangers en natuurliefhebbers kon nie genoeg kry van dié plekkie toe ons dit op ons Facebook-blad geplaas het nie. Kom kruip in dié selfsorgvakansiehuis vir tien in Mpumalanga se berge weg. Dit is op ’n landgoed waar julle kan visvang, perdry of spa-behandelings kan geniet. Om op dié dek ’n tjoppie of twee op die vuur te gooi terwyl die voëltjies sing en die water vloei, klink absoluut hemels! 

Canyon Cottage fishing river rivier lekkeslaap visvang selfsorg selfcatering accommodation

Kliek hiér vir die tariewe.

3. Buff and Fellow Eco Cabins, George 

garden route, buff and fellow, coconut units, accommodation selfsorg lekkeslaap verblyf

Hier is ons uiteindelik by die top-3 blyplekke waaroor julle die malste was! 

Jy kan nie verkeerd gaan met ’n wegbreek by Buff and Fellow Eco Cabins nie. Bespreek een van die selfsorg-pods of bly in die unieke kokosneut-villas en geniet daai wegbreeknaweek waaroor jy al so lank droom. Amper elke eenheid op dié buffelplaas spog met ’n houtvuurwarmbad en julle sal nie vir ’n oomblik verveeld wees nie ─ proe wyn, gaan op ’n toer om die buffels te sien of maak lyne nat in die dam. 

Ry ook 18 kilometer na George, waar julle kan fliek of inkopies doen. 

Buff and Fellow Eco Cabins George Self Catering selfsorg lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.  

2. Kaaimans River Cottage, Wildernis 

Kaaimans River Cottage George Self Catering Selfsorg blyplek rivier lekkeslaap

Hoe klink direkte toegang tot die Kaaimanstrand en die geheime waterval vir jou? By Kaaimans River Cottage, wat geskik is vir agt gaste, kan julle die waterval, strand en rivierklowe per boot of kano verken, reg langs die rivier braai of bordspeletjies voor die kaggel speel. Troeteldiere is ook welkom! 

Kaaimans River Cottage George Self Catering Selfsorg blyplek rivier lekkeslaap

Kliek hiér vir die tariewe.  

1. Africamps at Hoedspruit

hoedspruit glamping

Het jy al ’n glanskampvakansie geniet? Dit is voorwaar een van die lekkerste vakansies en wat dit nóg lekkerder maak is dat Africamps at Hoedspruit se tente sommer reg langs die dam is. Dit is daarom geen verrassing dat dié unieke verblyfplekkie die afgelope jaar die gewildste plek onder LekkeSlapers was nie. Dié luukse tente het elk slaapplek vir vyf gaste en spog met ’n braai en houtvuurwarmbad.  

Hier kan julle visvang, wildkyk en baarshengel!

glamping glanskamp bly in hoedspruit

Kliek hiér vir die tariewe.  

Daar het jy dit! Tien van dié lekke’ste plekkies soos gesien op ons Facebook-blad. Kom loer gerus in ─ jy sal nie spyt wees nie!