Die Kaap was al baie dinge: Hollands, Engels, selfs Bataafs, maar deesdae is die Kaap net een ding ─ dors! Na ’n paar besonder droë winters het Slaapstad uiteindelik wakkergeskrik en besef dis nou Day Zero-sake as sy nie vinnig begin water spaar nie. Groen en bruin JoJo-tenks verrys soos paddastoele in agterplase, gryswaterpraatjies word by elke snoekbraai gehoor, en vir Kapenaars is ’n lang, warm bad nou ’n luukse uit die verre verlede. LekkeSlaap het dié waterspaargids saamgestel sodat jy óók waterwys kan word.

Waterfeite:

  • Die Theewaterskloofdam, Kaapstad se hoofwaterbron, staan tans op 10,9%.
  • Die Stad Kaapstad het Vlak 6B-waterbeperkings ingestel. Dit beteken elke Kapenaar mag net 50 liter water per dag gebruik.
  • Soos sake op die oomblik staan is Day Zero die 4de Junie.

Wat kan jy doen?

Hoe gemaak as jy nog altyd van ’n Kaapse vakansie gedroom het of as jy klaar jou wegbreek aan die voet van Tafelberg bespreek het? Volg hierdie gids en spaar water soos ’n Kapenaar!

 

Pak die wet wipes in!

Selfs al is jou Kaapse vakansiedatum ná Day Zero beteken dit nie jy moet liewer met Jan Tuisbly se karretjie ry nie. Bel die B&B, gastehuis, of hotel wat jy bespreek het en vra hoe staan die watersake. Maak seker jy weet presies wat op jou wag, maar beplan ook vir watersituasies buite jou gasheer se beheer:

Die slimkoppe meen die Kaap gaan op die oomblik gebuk onder ’n droogte wat net een keer elke driehonderd jaar ’n draai maak. Selfs al gaan die hemelsluise, soos gewoonlik, rondom Paasnaweek oop, gaan dit nog ’n hele paar sopnat winters vat vir die Kaap om weer heeltemal Hollands te wees. Maar die berg en die see is nog net so skouspelagtig soos toe Jan van Riebeeck die eerste keer hier voet aan wal gesit het, en nie ’n enkele wynkelder het al opgedroog nie!

Hooffoto: Theewaterskloofdam (Jana Barnard)

Grafika: Willemien Engelbrecht