Loopbane by LekkeSlaap

By LekkeSlaap en ons susterwebtuiste TravelGround is ons 'n plesierige, hardwerkende span met 'n passie vir wat ons doen! As dit soos jou tipe plek klink, sal ons graag van jou wil hoor.

Poste

Full-stack e-Commerce Web-ontwikkelaar

Ons is op soek na nog gehalte-ingenieurs en -ontwikkelaars om by die LekkeSlaap.co.za-/TravelGround.com-span aan te sluit.


Ons het 'n front-end-stelsel wat miljoene webbladbesigtigings per maand ondersteun en ons hotelbestuur- en kliëntediens-back-end word deur meer as 24 000 instansie-eienaars regoor Suid-Afrika gebruik om hulle besprekings en profiele te bestuur en te onderhou.


Met al ons sagteware, waaronder inbelsentrum- en CRM-tegnologie, wat op die perseel ontwikkel word, is ons trots daarop om 'n gehalte-eHandel-ervaring aan al ons kliënte te bied.


Jy sal in 'n hegte span ontwikkelaars werk en 'n aktiewe en gewaardeerde lid van ’n maatskappy word wat tans meer as 100 werknemers in diens neem, waaronder skrywers, ontwerpers, bemarkers en mense wat net oor die algemeen interessant is.


Waarmee jy sal werk:


  • Bou van dienste en API’s op ons back-end deur van PHP, Python en C++ gebruik te maak. 
  • Skryf van kode vir ons mobiele- en web-apps deur van HTML, CSS, SCSS, Javascript, jQuery, Vue.js gebruik te maak.
  • Ons infrastruktuur gebruik MariaDB MySQL en Redis vir berging en Nginx op ’n multi-bediener FreeBSD-stapel.
  • Ons gebruik ook dienste en gereedskap soos S3, RabbitMQ, Ansible, Pingdom, Sentry, NewRelic, GitHub.
  • Jy sal help besluit en beplan watter verskynsels ons bou en hoe hulle ontwerp en geïmplementeer word.


Voordele van 'n ontwikkelaarspos by LekkeSlaap:


  • Werk sy aan sy met van die skerpste en beste Rekenaarwetenskap- en Ingenieur-gegradueerdes. Die huidige span is ‘n Engels-sprekende span.
  • Leer alles wat daar is om te leer oor die nuutste tendense in eHandel, webontwikkeling en ontwikkeling vir selfone
  • 'n Begroting waarvolgens jy jou eie rekenaar en werksopset kan kies.
  • Toegang tot maatskappy-inkomste, -omsetting en -verkope sodat jy die onmiddellike effek van jou eie werk op die maatskappy se sukses kan sien.
  • Volledige borgskap van enige plaaslike kodering-konferensies/-vergaderings/-seminare wat jy sou wou bywoon.
  • Skuur skouers met meer as 100 ander spanlede soos skrywers, ontwerpers, bemarkers ens.
  • Lekker ekstras soos gratis gimnasiumlidmaatskap wat regoor Suid-Afrika strek ─ en Virgin Active is net 70 m ver!
  • Die ontwikkelaarspan het 'n chill-kamer met tafeltennis en 'n privaat balkon met 'n Weber vir impromptu middag-braais.
  • Daar is ook 'n Jura-koffiemasjien met die varsste koffiebone.
  • Buiten jou gewone verlof, kry jy elke maand 'n ekstra halfdag-verlof en hoef jy slegs 1 dag hiervoor kennis te gee.


Voorkeurvaardighede:


  • PHP & MySQL
  • Sterk HTML-, CSS- en Javascript-/jQuery-vaardighede
  • Ervaring met Version Control
  • Om die terminaal te ken
  • Sysadmin- of ontwerpvaardighede sou voordelig wees.


*Kennis van die bogenoemde tegnologie sal voordelig wees, maar is nie 'n voorvereiste nie en ons is bereid om slim Rekenaarwetenskap-gegradueerdes of diegene in 'n verwante veld op te lei mits hulle vaardig is in ten minste een programmeringstaal.


Stuur asb. vir ons ’n e-pos met jou CV en ’n opsionele dekbrief na bilal@travelground.com


Na-ure-vlugagent

Ons groeiende aanlynreis- en toerismemaatskappy in Westlake is besig om uit te brei en is op soek na ‘n dinamiese, energieke en professionele individu wat ‘n passie vir uitstekende kliëntediens het. Die maatskappy bied ‘n permanente posisie en die suksesvolle kandidaat se primêre rol sal vlugbesprekings op ons aanlynportaal wees.


Beskikbaarheid

Onmiddellik


Vereiste kwalifikasies

Minimumvereistes:

  • Heeltemal tweetalig in Afrikaans en Engels. Jy sal hoofsaaklik met Afrikaanssprekende kliënte werk, so jy moet vlot in Afrikaans wees (praat, skryf en lees).
  • 2 - 5 jaar se ervaring met Amadeus.
  • 2 jaar minimum ervaring met kaartjie-uitreiking. Jy moet ‘n goeie verstaan en kennis van tariewe en kaartjie-uitreikingsisteme en -prosedures hê.
  • Jy moet ‘n geldige Amadeus-sertifikaat hê.


Wat sal van jou verwag word?

  • Uitstekende kliëntediens.
  • Die vermoë om terugvoer van kliënte aan bestuur te gee.
  • Die vermoë om onafhanklik te werk met goeie organisasie- en administrasievaardighede, aandag aan detail en uitstekende tydsbestuur.
  • ‘n Goeie verstaan van lugrederye se bepalings en die reisindustrie.
  • Goeie rekenaarvaardighede.
  • Die uitvoer van ekstra take.


Die suksesvolle kandidaat het die volgende karaktereienskappe:

  • Positiewe houding teenoor leer, probleemoplossing en spanwerk.
  • Verstaan die aard van uitstekende kliëntediens.
  • Aanpasbaarheid.
  • Probleemoplossing.
  • Hardwerkend en gemotiveerd.
  • Werk goed onder druk.



Algemene inligting

Werksure is van Maandag tot Donderdag van 16:00 tot 00:00 (middernag). Jy moet ook op openbare vakansiedae werk.


Indien jy sou belangstel in die posisie, stuur asb. 'n epos met 'n motiveeringsbrief, jou CV en 'n kopie van jou geldige Amadeus Sertifikaat na: careers@travelground.com.



Stuur vir ons jou aansoek!

Dink jy jy sal 'n betekenisvolle bydrae kan maak, maar daar is geen pos wat by jou pas nie? Ons sal graag meer wil hoor. Stuur asseblief vir ons 'n e-pos na marosane@lekkeslaap.co.za waarin jy verduidelik wat jy in gedagte het en heg jou CV daarby aan.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za